Eg­paar moet ver­goed word ná dood van dog­ter

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

In dié mo­der­ne tye het ’n swart vrou ’n plig om haar ou­ers te on­der­hou as hul­le dit no­dig het, want vrou­li­ke swart wer­kers ding in el­ke sfeer van die le­we mee met hul man­li­ke e­we­knieë.

Dít blyk uit ’n uit­spraak waar­in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria be­vind het ’n eg­paar moet ver­goe­ding kry om­dat hul dog­ter wat hul­le on­der­hou het, dood­ge­ry is.

Gla­dys Se­le­ka (55) van die dis­trik Ba­fo­keng in Noord­wes, het vroe­ër ’n eis teen die Pa­don­ge­luk­ke­fonds (POF) in­ge­stel na­dat haar dog­ter, Ma­se­di, op 9 Maart 2014 dood is.

Ma­se­di (25) is dié dag as voet­gan­ger deur ’n mo­tor raak ge­ry. Waar­ne­men­de reg­ter Nan­tes Die­de­ricks het die POF be­veel om R72 439 aan Se­le­ka te be­taal.

Dít is vir Se­le­ka en haar man se ver­lies aan on­der­houd om­dat Ma­se­di dood is.

Die­de­ricks het ge­sê die vraag is of die swart ge­woon­te­reg be­paal ’n kind is ver­plig om sy/ haar ou­ers te on­der­hou en of dít uit­ge­brei moet word na die Tswa­na-reg.

Se­le­ka was ’n huis­wer­ker tot­dat sy di­a­be­tes ge­kry het.

Haar man, wat on­ge­let­terd is, kry se­dert No­vem­ber 2015 ou­der­doms­pen­si­oen.

Ma­se­di het by hul­le ge­woon en hul­le so­wat R1 300 per maand be­taal. Dit was no­dig vir hul ba­sie­se be­hoef­tes, wa­ter, e­lek­tri­si­teit en krui­de­niers­wa­re.

Die eg­paar woon in die ne­der­set­ting P­ho­keng, on­der die tra­di­si­o­ne­le Ba­fo­keng-o­wer­heid se be­heer. Se­le­ka het in die saak ge­tuig hul fa­mi­lie­sa­ke word vol­gens die Tswa­na-ge­woon­te­reg en -tra­di­sies ge­re­ël.

Die­de­ricks het ge­sê dit is no­dig om te kyk na die ge­woon­te-

reg. Daar moet ver­al hier­in ge­kyk word of ’n kind ’n plig het om sy ou­ers te on­der­hou en in wat­ter om­stan­dig­he­de daar so ’n plig sal wees.

Hy het ge­sê vol­gens A Hand­book of Tswa­na Law and Cu­s­tom rus dié plig net op swart mans. Die re­de is dat vroue groot­ge­maak word om uit­ein­de­lik ma’s en ver­sor­gers te word en by die huis te bly.

Swart vroue het die af­ge­lo­pe half­eeu die ar­beids­mark be­tree as huis­wer­kers en la­ter pos­te be­klee wat voor­heen vir swart mans ge­re­ser­veer is, het hy ge­sê.

Daar kan dus nie ge­sê word dat ’n swart vrou nié ’n plig het om haar ou­ers te on­der­hou as hul­le dit no­dig het nie.

Die ge­me­ne­reg be­paal ’n ou­er moet be­wys hy is arm­las­tig om on­der­houd van ’n kind te kan eis.

Die­de­ricks het be­vind dié eg­paar is wel arm­las­tig.

Hy het be­vind hul­le is vol­gens die be­gin­sels van die ge­woon­te­reg ge­reg­tig om ver­goed te word vir hul ver­lie­se weens hul dog­ter se dood.

Je­an-Paul Rudd van die regs­fir­ma A­dams & A­dams in P­re­to­ria, die eg­paar se pro­ku­reur, sê: “Die uit­spraak ver­an­der ons ho­we se uit­kyk op ei­se vir ver­lies aan on­der­houd in swart fa­mi­lies.

“Ek ver­moed die POF gaan ap­pèl daar­teen aan­te­ken, want die uit­spraak gaan op­spraak (on­der po­ten­si­ë­le ei­sers) wek.”

Ek ver­moed die POF gaan ap­pèl daar­teen aan­te­ken, want die uit­spraak gaan op­spraak (on­der po­ten­si­ë­le ei­sers) wek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.