Suk­ses so op jou eie

Skep goeie stel­sels voor­dat jy on­der­ne­ming be­gin

Beeld - - Sake - C­HAR­NÉ VAN DER WALT

’NEen­mens­saak bly ’n ge­wil­de sa­ke­vorm om ’n on­der­ne­ming in te be­gin en te be­dryf.

Fak­to­re wat jou be­sluit sal be­ïn­vloed of hier­die ’n ty­de­li­ke of per­ma­nen­te op­sie is, sluit in jou hu­we­lik­sta­tus, die be­skik­baar­heid van kon­tant, fi­nan­sie­ring s be­hoef­tes, jou per­soon­lik­heid, die soort on­der­ne­ming of diens wat jy be­dryf, die be­las-ting­im­pli­ka­sies en waar jy die on­der­ne­ming gaan be­dryf.

Maak van die be­gin af ’n sa-ke­bank­re­ke­ning oop en hou vol­le­dig ver­slag van el­ke maand se in­kom­stes en uit­ga­wes. On­der­skei tus­sen uit­ga­wes wat 100% sa­ke-uit­ga­wes is, wat deels sa­ke en deels pri­vaat is (en wat­ter per­sen­ta­sie jy kan eis vir die on­der­ne­ming) en wat sui­wer per­soon­lik van aard is. Voor­de­le van ’n een­mens­saak ) Die struk­tuur is een­vou­dig. Die wins is jou­ne, jy neem jou eie be­slui­te en die be­re­ke­ning van be­las­ting is een­vou­dig. ) Jy s­paar die oor­hoof­se kos­te van ’n a­par­te per­seel wat help as jy stil­ler maan­de of sei­soe­ne het. ) Som­mi­ge men­se werk en fo­kus be­ter op hul eie (son­der om de­pres­sief te raak). Na­de­le van ’n een­mens­saak ) Dit kan een­saam en/of al­leen raak, selfs al is jy ’n in­tro­vert. ) Dit kan jou per­soon­li­ke ba­tes in ge­vaar stel. ) Dit kan fi­siek on­ge­sond raak, ver­al as jy baie ure voor ’n re­ke­naar of by ’n werk­ta­fel sit. Of jy van die huis af werk en of jy ’n per­seel gaan huur, hier is ses wen­ke vir ei­e­naars van ’n een­mens­saak. 1. Ver­sprei jou in­kom­ste Ver­sprei ver­kies­lik jou in­kom­ste tus­sen ’n paar kli­ën­te so­dat jy nie ’n fi­nan­si­ë­le pro­bleem het as een groot kon­trak skie­lik weg­val nie.

As jy meer as 80% van jou in­kom­ste van een kli­ënt ver­dien, is dit be­ter om ’n kon­trak te sluit waar jy as on­af­hank­li­ke kon­trak­teur op hul sa­la­ris­re­gis­ter ge­plaas word.

’n Vas­te 25% van jou in­kom­ste word be­las (ten spy­te van jou werk­li­ke be­las­ting­koers) ten­sy jy’ n be­las­ting aan­wy­sing kry wat hul­le ver­plig om min­der be­las­ting af te trek.

Jy kry ’n IRP5 (sorg dat die in­kom­ste­ko­de 3616 daar­op wys) en eis oor­skot­be­las­ting te­rug op jou jaar­lik­se be­las­ting­op­ga­we. 2. Be­gin ver­sig­tig As jy tyd no­dig het dat jou in­kom­ste moet op­bou, re­ël om jou uit­ga­wes ty­de­lik te ver­min­der en wees voor­be­reid met spaar­geld.

Om ’n on­der­ne­ming met skuld te be­gin, plaas on­no­di­ge druk op jou en die on­der­ne­ming. Oor­weeg le­nings net as daar se­ke­re pro­duk­te of ba­tes is wat jy moet koop en jy weet dit sal vir jou kon­trak­te ver­se­ker.

Be­gin ’n jaar of twee voor­dat jy die on­der­ne­ming be­gin op ’n klei­ner be­gro­ting leef.

Re­ël met jou ga­de of huis­maat om se­ke­re uit­ga­wes ty­de­lik oor te neem so­dra die on­der­ne­ming be­gin is. Al groei jou on­der­ne­ming, hou vir so lank jy kan by die klei­ner be­gro­ting en s­paar oor­skot­geld. 3. Be­oe­fen self­dis­si­pli­ne met jou tyd, fi­nan­sies en ge­sond­heid ) Tyd: Stel doel­wit­te en bou aan­spreek­lik­heid stel­sel sin­jo u ad­mi­nis­tra­sie in. Re­ël by­voor­beeld om jou laas­te maand se boek­hou­ding teen’ n se­ke­re da­tum aan jou be­las­ting prak­ti­syn te s­tuur.

Doen twee tot drie keer ’n jaar be­plan­ning vir af dae (vir per­soon­li­ke af­spra­ke) en neem for­me­le ver­lof (ver­kies­lik in stil­ler maan­de).

Oor­weeg om aan die be­gin ’n uur of twee vroe­ër op te staan. ) Fi­nan­sies: Sa­ke-ei­e­naars is ge­neig om hul af­tre­de af te skeep. Pro­beer van die be­gin af net uit­ga­wes be­taal op 80% van jou in­kom­ste. S­paar 20%, aan­vank­lik in ’n nood­fonds en la­ter, soos die on­der­ne­ming se in­kom­ste sta­bi­li­seer, kan jy ’n deel oor­skuif na ’n meer vas­te be­leg­ging.

Maak se­ker of jy voor­af en deur­lo­pen­de geld be­no­dig vir ad­ver­ten­sies en/of be­mar­king en of jy dit self gaan han­teer. ) Ge­sond­heid: Maak tyd vir oe­fe­ning. Af­skei­ding van goeie hor­mo­ne hou jou ge­moed po­si­tief.

As jy baie sit, skuif jou kan­toor dat jy meer ge­reeld moet op­staan, of werk met tek­kies aan en s­tap om die blok vir ’n vin­ni­ge dink­skrum­ses­sie. 4. Doen jou huis­werk ) Wat jy gaan doen: Doen jou eie na­vor­sing en vra ook raad van die men­se wat na­by aan jou is en jou goed ken. Ver­my men­se wat jou af­breek, maar be­trek men­se wat eer­li­ke en op­bou­en­de kri­tiek le­wer. Ge­bruik dalk ’n le­wen­styl­af­rig­ter vóór­dat jy jou on­der­ne­ming be­gin. Maak se­ker dat jou per­soon­lik­heid, le­wen­styl en ver­wag­tin­ge pas by die on­der­ne­ming wat jy wil be­gin, of dat jy be­reid is om ver­an­de­rin­ge in te stel. ) Hoe jy dit gaan doen: Vra jou­self by­voor­beeld af of jy gaan reis vir jou werk. In­dien wel, is dit wat jy op lang ter­myn wil doen, of is dit net aan­vank­lik om jou pro­duk of diens be­kend te stel? In so ’n ge­val kort jy ’n be­trou­ba­re mo­tor, geld vir pe­trol en on­der­houd en jy moet dit kor­rek by jou gel­de of pro­duk­kos­te in­werk. As jy baie oor die te­le­foon gaan werk, oor­weeg ’n an­der sel­foon­pak­ket of ’n a­par­te land­lyn. ) Jou diens of pro­duk­te se pry­se: Kry pro­fes­si­o­ne­le ad­vies as jy jou pro­duk­kos­te of gel­de be­re­ken. 5. Stel ge­son­de gren­se, ver­al as jy ’n ge­sin het. ) Waar jy werk: As jy van die huis af werk, pro­beer om die kan­toor van die res van die huis­hou­ding te skei (met ’n a­par­te in­gang), ver­al as jy kin­ders of per­so­neel het.

Be­trek kin­ders deur se­ke­re huis­ta­ke hul ver­ant­woor­de­lik­heid te maak.

As jy nie huis en werk ge­skei kan kry nie, per­so­neel aan­stel, baie vin­nig groei, meer ruim­te be­no­dig of jou ge­sin ly on­der jou tuis­kan­toor, is dit be­ter om

a­par­te kan­to­re te oor­weeg (op jou eie of deel om kos­te te s­paar). ) Ge­son­de per­soon­li­ke gren­se be­te­ken on­der meer dat jy:

. Be­paal wat­ter werk van­dag voor­rang móét ge­niet en wat kan oor­staan tot mô­re.

. ’n Roe­ti­ne skep so­dat kli­ën­te weet wan­neer jy ge­re­de­lik be­skik­baar is in die dag en wan­neer nié.

. Per­soon­li­ke ta­ke laat oor­staan vir na­we­ke of voor­uit moet kos­maak vir die week.

. Kan “ja” sê vir wat be­lang­rik is en “nee” vir wat nie be­lang­rik is nie of wat kan wag. 6. Ver­staan die be­las­ting be­re­ke­ning wa top jou van toe­pas­sing is In­kom­ste­be­las­ting word be­re­ken op jou be­las­ba­re in­kom­ste teen in­di­vi­du­e­le be­las­ting­ska­le. “Be­las­ba­re in­kom­ste” be­te­ken jou wins­te mi­nus uit­ga­wes wat deur die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens toe­ge­laat word as af­trek­kings.

Kry hulp by ’n re­ken­mees­ter of be­las­ting prak­ti­syn om’ n stel­sel te ont­wik­kel waar­mee jy hier­die be­re­ke­ning maan­de­liks kan doen en hou die be­las­ting een­kant. On­der­soek om­set­be­las­ting as ’n op­sie (la­er be­las­ting­koer­se).

As jy be­las­ting­voor­de­le wil ge­niet op jou tuis­kan­toor, moet dit ’n spe­si­fie­ke en toe­ge­wy­de kan­toor­ruim­te wees en vir geen an­der doel ge­bruik word as net vir jou as kan­toor nie.

Jy kan net hier­die pro rata­ge­deel­te eis van jou huis se huur. As jy die ei­en­dom be­sit, kan jy dit eis van jou ge­deel­te van die ren­te op die ver­band, maar dit kan ka­pi­taal­wins be­las­ting ver­oor­saak die dag as jy ver­koop.

Kry eer­der ad­vies by ’n kun­di­ge voor­dat jy dit eis. )C­har­né van der Wal tis’ n fi­nan­si­ë­le raad­ge­wer en be­las­ting­prak­ti­syn. Die ar­ti­kel i sin le­ke taal ge­skryf en be­vat nie spe­si­fie­ke of per­soon­li­ke ad­vies nie.

Fo­to: ISTOCK

As jy van die huis af werk, pro­beer om die kan­toor van die res van die huis­hou­ding te skei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.