BY

Beeld - - By -

haar drie e-pos­a­dres­se ge­skep. Een vir Li­ra, die kuns­te­naar. Een vir Lerato, haar reg­te naam, waar­op sy haar be­spre­kings han­teer het. Nog een vir Mo­la­po, haar van, waar­op sy haar be­ta­lings in­ge­vor­der het.

“As ek by op­tre­des ge­kom het en men­se het ge­vra waar Lerato is, het ek al­tyd net ge­sê Lerato werk in die kan­toor!”

Sy het vir drie jaar só oor­leef, op sterk­te van ver­wy­sings met een al­bum ag­ter haar naam. “Geen op­tre­de was te groot of te klein nie en ek’t el­ke aan­han­ger soos goud be­han­del.”

Toe sy en die mu­siek­ver­vaar­di­ger Ro­bin Kohl in 2004 be­gin be­sig­heid praat – sy wou hê hy moes haar vol­gen­de al­bum op­neem – het die ge­sprek ge­lei tot ’n aand­e­te en vyf jaar la­ter is hul­le in Mau­ri­ti­us ge­troud.

Hoe­wel hy Suid-A­fri­kaans van Duit­se af­koms is, is lo­bo­la be­taal en al­mal het saam­ge­kom vir ’n in­tie­me fa­mi­lie­fees on­der die palm­bo­me.

“Ro­bin kom uit ’n fa­mi­lie­be­sig­heid, so hy het nog nooit vir ie­mand ge­werk nie. My eer­ste skoot­re­ke­naar het des­tyds R11 000 ge­kos. Hy, sy ma en sy pa het geld by­me­kaar­ge­sit om dit vir my te skenk. Hy het my reg­tig baie ge­help om dié be­sig­heid op die been te bring. Dees­dae het ek 12 wer­kers.” Sy glim­lag van oor tot oor. Ro­bin het haar mees on­lang­se toer na A­me­ri­ka ver­film en ver­pak as ’n werk­lik­heids­te­le­vi­sie­pro­gram, D­re­am C­ha­ser. Dit wys reeds hier en in nog 52 lan­de oor A­fri­ka heen op Fox A­fri­ca HD.

“Op toer het Ro­bin my soms af­ge­neem ter­wyl ek rok­ke stryk of goed skoon­maak, dan sê ek nee, sit weg die ka­me­ra!” Sy skerm met haar hand oor haar oë, speel-speel skaam.

“Maar ek wil ook hê el­ke mu­si­kant moet weet dis be­skik­baar vir hul­le. Ek is nie ’n a­no­ma­lie nie.

“Niks ma­gic het met my ge­beur nie. Ek het net spe­si­fie­ke be­slui­te ge­neem, ek was be­reid om hard te werk en ek het vol­ge­hou daar­mee.” Wan­neer Zoid se stem in die gang op­klink, leun Li­ra ag­ter­oor in die gri­meer­stoel: “Ka­ren! Hoe gaan dit?” roep sy hart­lik.

“Good and you?” kom dit van die don­ker­bril en blon­de bos ha­re wat om die deur loer.

“How’s your car?” vra Ka­ren. Dui­de­lik het die nuus ver­sprei.

“See you la­ter! Ci­ao” groet Li­ra na ’n paar sin­ne.

“Ek’t eint­lik my A­fri­kaans ge­slyp toe ek nog by die two-y­e­ar gua­ran­tee s­to­re ge­werk het,” ver­tel Li­ra ver­der in En­gels. Sy knip­oog oor haar vo­ri­ge le­we as ’n in­ter­ne ou­di­teur en kre­diet­kon­tro­leur vir ’n be­ken­de meu­bel­win­kel.

Na­dat sy haar tei­kens in die kre­diet­be­heer­af­de­ling een dag ver oor­tref het, het die maat­skap­py vir haar ’n bot­tel Fan­ta en ’n koek van R14,50 ge­koop so­dat sy dit saam met haar kol­le­gas kon vier.

“Dit het met my self­ver­troue ge­mors, want ek’t my­self só hard ge­druk in my werk en ek’t reg­tig hard pro­beer om in te pas. Al­mal om my het A­fri­kaans ge­praat en daar­om het ek ook. Só is ek toe­ge­laat tot die so­si­a­le bin­ne­kring, maar wa­re ge­lyk­heid was nog nie in 1999 die norm nie. Ek het steeds min­der ver­dien as wit kol­le­gas in la­er pos­te.

“Die e­nig­ste plek waar ek vry ge­voel het, waar ek net so­veel daar­uit kon put as wat ek in­ge­sit het, was mu­siek.

“Som­mi­ge men­se voel só oor kor­po­ra­tie­we werk – dat dit hul- le e­man­si­pa­sie is – en dis goed. Vir my is dit mu­siek.” Sy hou al­bei han­de oor haar hart ge­vou. Ou­ma T­he­li het kos­pak­kies aan fa­brieks­wer­kers in Boks­burg ver­koop en só vir haar fa­mi­lie “die groot­ste huis in Watt­vil­le” ge­bou. Haar huis was ’n plek van toe­vlug, nie net vir haar klein­kin­ders nie maar ook vir an­der kin­ders in die buurt. Li­ra be­skryf haar as die “mees pro­mi­nen­te vroue-in­vloed in my le­we”.

Dis sy wat ge­sien het hoe lek­ker Li­ra saam met die ou­er kin­ders leer huis­werk doen het as kleu­ter. Drie maan­de voor haar vyf­de ver­jaars­dag is Li­ra by die E­kuk­ha­ny­e­ni P­ri­ma­ry S­chool in­ge­skryf.

“Sy was hectic,” sê Li­ra met haar oë groot, dan bars sy uit van die lag en sak kop­skud­dend te­rug in haar stoel. “Ek is só baie soos sy. Ek lyk ook nes sy, al­les van my vel tot my lang be­ne. Al­les.”

Li­ra se pa, K­ha­ny­a­pa, is in 1986 saam met sy t­wee­de vrou A­me­ri­ka toe. Li­ra was net se­we jaar oud en die feit dat hy haar ag­ter­ge­laat het, was iets waar­mee sy eers as groot­mens kon vre­de maak.

Toe sy op 22 be­sluit het om haar mu­siek­dro­me na te jaag, het haar ma, Buyi, en s­tief­pa, Neo, haar ver­sig­tig on­der­steun.

Sy het haar ma ge­troos daar­mee dat sy al­tyd sou kon te­rug­val op haar re­ken­kun­di­ge di­plo­ma. “Ek het vir my ma my vyf­jaar-ak­sie­plan ge­wys.”

Ná die 999 Mu­sic-kon­trak ver­suur het, is sy druip­stert te­rug na haar ou­ers in Da­vey­ton.

“Hul­le het my ’n dak oor my kop en kos ge­gee, maar ek moes my kant bring en help huis­hou.

“Al­les wat men­se al­tyd oor die mu­siek­be­dryf sê, is ne­ga­tief. Dis swaar daar bui­te, jy gaan nie ’n le­we kan maak nie.

“Vir my was dit baie be­lang­rik om eg­ter my per­spek­tief aan te pas. As ek net ge­glo het wat men­se oor die be­dryf ge­sê het, hoe­kom eens pro­beer?”

Dís die les wat sy ook nou vir haar span leer by The Voi­ce.

“Moet jou­self nie sa­bo­teer met jou eie per­spek­tief nie. Gló dat dit kan werk. Ek het ’n baie hel­der vi­sie ge­had vir my­self. Om­dat ek stu­deer het, het ek ook al­tyd aan my­self re­ken­skap ge­gee van my tyd, my geld, my e­ner­gie, my moei­te en my hulp­bron­ne.”

Die e­nig­ste plek waar ek vry ge­voel het, waar ek net so­veel daar­uit kon put as wat ek in­ge­sit het, was mu­siek.

Fo­to’s: A­LET P­RE­TO­RI­US

Li­ra is oor­bluf oor hoe haar ge­wild­heid oor die kleur­spek­trum heen toe­ge­neem het se­dert sy ’n af­rig­ter in die Suid­A­fri­kaan­se weer­ga­we van die sang­kom­pe­ti­sie The Voi­ce ge­word het.

Fo­to: DE­ON RAATH

Li­ra saam met haar me­de­af­rig­ters in die sang­kom­pe­ti­sie The Voi­ce , Bob­by van Jaars­veld, Ka­ren Zoid en Kahn Mor­bee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.