Die moord 14 jaar ge­le­de op die man wat Ne­der­land ver­an­der het, is on­langs in dié land her­denk. Hy was prof. Pim For­tuyn, ’n cha­ris­ma­tie­se po­pu­lis wat ’n in­gry­pen­de koers­wy­si­ging in Ne­der­land in­ge­lui het. be­kyk die le­we van ’n om­stre­de man wat nie so makl

Le­o­pold S­choltz

Beeld - - By -

Die vyf jaar lan­ge be­set­ting deur die Na­zi’s in die ja­re 1940-’45 het die Ne­der­land­se po­li­tiek de­ka­des lank deur­slag­ge­wend be­ïn­vloed. Die Na­zi’s se naak­te ras­sis­me en haat teen die Jo­de het ’n skerp swenk na links in­ge­lui wat die po­li­tiek en in­tel­lek­tu­e­le den­ke in­gry­pend be­paal het.

De­ka­des lank was links – oor­ver­een­vou­dig – op die aan­val en regs op die ver­de­di­ging. Om links te wees, was pro­gres­sief, po­si­tief en in; regs was ag­ter­lik en met ’n sleg­te reu­kie. En na­ma­te die tyd ge­vor­der het, het dié si­tu­a­sie ver­diep.

Dit was dié hou­ding wat by­voor­beeld van Ne­der­land een van die fel­ste kri­ti­ci van a­part­heid in Suid-A­fri­ka ge­maak het.

Dié si­tu­a­sie het al e­nig­sins in die loop van die 1990’s be­gin uit­ra­fel, maar die dam­wal het nog ge­hou. Die en­ke­le reg­se ek­stre­mis wat in dié tyd tot die par­le­ment ge­kies is, Hans Jan­maat van die Ne­der­land­se Volks­u­nie, was ’n to­ta­le uit­ge­wor­pe­ne wat deur selfs sy me­de-par­le­ments­le­de van an­der par­tye soos ’n me­laat­se be­han­del is.

Toe kom Pim For­tuyn. En hy laat die dam­wal breek.

For­tuyn het sy po­li­tie­ke le­we be­gin as aan­han­ger van die kom­mu­nis­me. Die Kom­mu­nis­tie­se Par­ty het eg­ter in 1972 ge­wei­er om hom as lid toe te laat, waar­skyn­lik om­dat hul­le in­ge­sien het dié jong man sou geen ge­hoor­sa­me ka­der wees nie.

Hy het daar­op by die link­se Par­tij van de Ar­beid aan­ge­sluit, maar dié se dog­ma­tie­se stand­pun­te het hom ná ’n tyd ook nie aan­ge­staan nie. Van­af 1993 het hy ’n ru­briek in die kon­ser­wa­tie­we tyd­skrif El­se­vier ge­skryf, en ’n aan­tal boe­ke en vlug­skrif­te die lig laat sien.

Dat hy hoog­le­raar in die so­si­o­lo­gie aan die Eras­mus-U­ni­ver­si­teit van Rot­ter­dam ge­word het, het tot sy ge­loof­waar­dig­heid by­ge­dra.

In Au­gus­tus 2001 het hy sy eie po­li­tie­ke par­ty, die Li­jst Pim For­tuyn (LPF), ge­stig, en aan­ge­kon­dig dat hy pre­mier wil word. Deur sy stand­pun­te het sy par­ty blits­vin­nig ge­groei, en lui­dens pei­lings sou dié die groot­ste par­ty in die al­ge­me­ne ver­kie­sing van Mei 2002 wees.

Op 6 Mei, ne­ge dae voor die ver­kie­sing, is For­tuyn eg­ter deur ’n link­se ak­ti­vis ver­moor.

For­tuyn kan nie mak­lik in ’n links-regs-ske­ma in­ge­deel word nie. Hy was we­lis­waar die eer­ste be­ken­de Ne­der­lan­der wat dit durf waag het om te sê dat die Islam ’n be­drei­ging vir die Ne­der­land­se en Eu­ro­pe­se kul­tuur is, iets waar­voor hy uit link­se hoek ver­skrik­lik ver­ket­ter is.

Een van die uit­spra­ke waar­oor link­ses byna his­te­ries ge­raak het, was: “Ek haat nie die Islam nie. Ek vind dit ’n ag­ter­li­ke kul­tuur. Ek het veel ge­reis in die wê­reld. En o­ral waar die Islam die baas is, is dit ge­woon ver­skrik­lik.”

For­tuyn, wat Rooms-Ka­to­liek groot­ge­word het, het wel daar­op laat volg: “Dit lyk am­per soos die ou ge­re­for­meer­des. Ge­re­for­meer­des lieg al­tyd. En hoe­kom? Om­dat hul­le ’n nor­me- en waar­de­stel­sel het wat so hoog lê dat jy mens­li­ker­wys nie daar­aan kan vol­doen nie.”

Hy het ge­pleit vir ’n al­ge­me­ne Be­to­gers met fo­to’s van die ver­moor­de rol­prent­ma­ker T­heo van Gogh en die ver­moor­de po­li­ti­kus Pim For­tuyn, by die ver­hoor van Mo­ham­med Bouy­e­ri in 2005 vir die moord op Van Gogh. am­nes­tie vir al die on­wet­ti­ge im­mi­gran­te, ook Moslems, wat rééds in Ne­der­land was, maar ge­sê daar mag geen en­ke­le Mos­lem by­kom nie.

Dié wat reeds daar was, moet ge­ïn­te­greer word en die Ne­der­land­se waar­de­stel­sel aan­vaar in die plek van hul eie.

Hy het die Moslems wat nie wou in­te­greer nie, ’n “vyf­de ko­lon­ne” ge­noem.

As o­pen­lik ho­mo­sek­su­eel was For­tuyn ten guns­te van sek­su­e­le ver­draag­saam­heid, vir ge­slags­ge­lyk­heid, vry­heid van spraak en die li­be­ra­le veel­par­ty-de­mo­kra­sie. Hy was ’n oor­tuig­de re­pu­bli­kein.

Dat For­tuyn so vin­nig so ge­wild ge­word het, het te ma­ke met die groei­en­de kloof tus­sen ge­wo­ne bur­gers en die dik­wels link­se e­li­te. In ’n glo­ba­li­se­ren­de wê­reld soek men­se vei­lig­heid in hul eie i­den­ti­teit en kul­tuur, en dit het hy baie goed in­ge­sien.

Sy i­dees was in link­se krin­ge eg­ter so ge­haat dat die link­se po­li­ti­kus Mar­cel van Dam hom in ’n te­le­vi­sie­de­bat toe­ge­snou het: “U is ’n bui­ten­ge­woon min­der­waar­di­ge mens!”

For­tuyn het op te­le­vi­sie sy ge- dag­tes be­son­der hel­der ge­for­mu­leer, in teen­stel­ling tot die wol­le­ri­ge en on­dui­de­li­ke taal wat po­li­ti­ci meest­al ge­bruik het.

Die moord op hom het For­tuyn se po­li­tie­ke ont­wik­ke­ling stop­ge­sit, maar hy het in be­paal­de krin­ge ’n i­koon ge­word. Van­daar die hui­di­ge her­den­king van sy dood.

For­tuyn se i­dees is e­wen­wel ná sy dood op­ge­pik en ver­der ont­wik­kel deur die om­stre­de Geert Wil­ders, lei­er van die Par­tij voor de V­ri­j­heid (PVV).

Waar For­tuyn eg­ter ’n dui­de­li- ke aan­han­ger van die Eu­ro­pe­se li­be­ra­le de­mo­kra­sie was, kan die­self­de nie son­der meer van Wil­ders ge­sê word nie.

Wil­ders se par­ty het by­voor­beeld s­legs een par­le­ments­lid, hy­self. Hý be­paal al­les wat in die par­ty ge­beur, en nóg sy kou­kus nóg par­ty­le­de (daar is geen tak­ke nie) het e­ni­ge in­vloed daar­op.

Waar For­tuyn graag ’n uit­spraak ge­bruik het wat aan Vol­tai­re toe­ge­skryf word – “ek ver­skil met u, maar ek sal u reg om met mý te ver­skil tot die dood ver­de­dig” – hoor jy der­ge­li­ke i­dees nooit van Wil­ders nie.

Maar dit sou ’n fout wees om jou teen Wil­ders blind te staar as jy oor For­tuyn se er­fe­nis praat.

For­tuyn het die dam­wal van po­li­tie­ke kor­rekt­heid in Ne­der­land, die link­ses se hoog­moe­dig­heid, laat breek. Hy was die eer­ste po­li­ti­kus wat die ver­de­di­ging van We­ster­se waar­des soos ver­draag­saam­heid en spraak­vry­heid ver­bind het met ’n aan­val op die Islam se on­ver­draag­saam­heid en die ge­vaar van Isla­mi­tie­se ek­stre­mis­te in Eu­ro­pa.

Sy ge­dag­te­goed, wat des­tyds be­son­der om­stre­de was, het min of meer na die hoof­stroom ge­mi­greer. Min po­li­ti­ci sal nou nog ver­skil van die me­ning dat die Isla­mi­tie­se im­mi­gran­te in Eu­ro­pa hul­le aan dié wê­reld­deel se kul­tuur en waar­des moet aan­pas, pleks van an­ders­om.

In 2004 het die pu­bliek hom ver­kies tot “die groot­ste Ne­der­lan­der”, met Wil­lem van Oran­je t­wee­de.

For­tuyn se i­dees is des te meer re­le­vant nou­dat Eu­ro­pa ver­le­de jaar oor­stroom is deur ’n tsoe­na­mi van so­wat 1,3 mil­joen vlug­te­lin­ge, van wie ver­re­weg die meer­der­heid Moslems is. En, soos die ge­beu­re van 1 Ja­nu­a­rie van­jaar in Keu­len en el­ders (toe Moslems vroue mas­saal on­se­de­lik aan­ge­rand en selfs ver­krag het) wys, is daar be­slis ’n pro­bleem in dié ver­band.

For­tuyn het sy i­dees dik­wels be­son­der po­le­mies ver­woord, wat nie op daar­die tyd­stip ge­help het om men­se te oor­tuig nie. Maar hy het Ne­der­land on­her­roep­lik ver­an­der.

Wil­ders se par­ty is lui­dens pei­lings nou po­ten­si­eel die groot­ste in die land. Maar hy kan nie reg­tig as For­tuyn se erf­ge­naam be­skou word nie.

Fo­to: AP

Pim For­tuyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.