Lief­de klop nie aan al­mal se deur nie

Beeld - - By - Piet Ma­ti­pa @Pie­tMa­ti­pa

Ek won­der . . . Gaan die lief­de ooit kom soos ’n duif met ’n o­lyf­tak­kie? Is daar ’n pot vir el­ke dek­sel, ’n hand­skoen vir el­ke koue hand of ’n soen vir el­ke droë lip?

Of is dit moont­lik om nooit lief­de te ont­moet nie. Bly lief­de ’n vreem­de­ling of ’n ge­rug vir som­mi­ges? Ek won­der maar net. Die e­nig­ste ding van die lief­de waar­van ek weet, is hoe om dit te spel.

Kyk, ek ken dit van geen kant af nie. Nie eens hoe dit lyk, proe of voel nie. Ek weet net van By­bel­lief­de. Daai hê-jou-naas­te-lief­soos-jou­self-ti­pe lief­de. Was ek al ooit ver­lief? Ek twy­fel. Dit is mos die trap voor lief­de. Hoe­wel dit op die op­per­vlak­ki­ge speel­ter­rein rond­hard­loop, kan dit ook in die diep see rond­swem.

Wat ek wel ken, is ’n “crush”, of, soos ek dit noem, ’n hart­prik­kel.

Dit is die trap heel naas­te aan die op­per­vlak. Vol­gens my be­staan ’n hart­prik­kel net uit die oë, ’n paar hart­klop­pings, maar gro­ten­deels die ver­stand.

Eer­ste sien jy jou slag­of­fer. Die oë hou van wat hul­le waar­neem en die hart klop vir ’n oom­blik ’n paar keer vin­ni­ger. Dan be­gin die ver­stand te­ke­re gaan.

Jy dink jou in al­ler­han­de lief­des­ce­na­rio’s in met die slag­of­fer wat jy net een keer ge­groet het.

Die wy­se waar­op jou slag­of­fer jou te­rug­ge­groet het, word ont­leed. Jy pro­beer die woord “hal­lo” ont­sy­fer om die slag­of­fer se ge­voe­lens teen­oor jou neer te pen.

Jy her­sien oor en oor die wy­se waar­op jy “hi” ge­sê het. Het ek dit nor­maal ge­doen of het ek te ge­luk­kig ge­lyk?

Jy be­gin dan ’n ver­hou­ding met die slag­of­fer se so­si­a­le me­dia. Jy sal jou dag be­gin en af­sluit deur te kyk of daar iets nuuts op die per­soon se Fa­ce­book-pro­fiel is en jou ver­vies oor die men­se saam met wie die slag­of­fer fo­to’s neem.

Jy doen daar­na nou­keu­ri­ge na­vor­sing om te be­paal wat die ver­hou­ding van die mens op die fo­to by die slag­of­fer is.

Hart­prik­kels gaan met tyd weg.

Die punt is: Van hart­prik­kels weet ek ’n ding of drie. Oor wa­re ver­liefd­heid en lief­de het ek pro- beer dink en ek kon my dit nie in­dink nie.

Ek het aan­vaar dat die lief­de nie vir al­mal is nie, dat al­mal nie nood­wen­dig ’n pot se dek­sel het nie. Dit is nie hart­seer nie – dit is die werk­lik­heid.

Ek het al ’n paar keer ge­sien hoe ro­man­tie­se lief­de nie nood­wen­dig aan al­mal se deur klop nie.

Ek dink by­voor­beeld aan my reg­te ma, ’n vrou wat el­ke dag ge­bid het dat sy lief­de kan kry – 14 Fe­bru­a­rie-lief­de. Nou is sy ’n vrou wat nie meer bid vir daai lief­de nie, want sy het haar lot aan­vaar.

En dit is or­raait vir my om te weet: Daar is nie ’n hand­skoen vir el­ke koue hand of ’n soen vir el­ke droë lip nie.

Soms is die lief­de ’n vreem­de­ling waar­van ’n mens nog net ge­hoor het.

Ek weet . . .

Jy sal jou dag be­gin en af­sluit deur te kyk of daar iets nuuts op die per­soon se Fa­ce­book­pro­fiel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.