Die laas­te twee Zee­lie­hout­kap­pers van R­hee­nen­dal ken die bos en sy die­re, die spoor van el­ke bok, soos die palm van hul hand. het met hul­le ge­praat oor splin­ters van tye wat was.

MA­RAIS­NELL SARIE

Beeld - - By -

Mi­gal en Hen­nie Zee­lie is op Bra­me­kraal in die Knys­na­bos ge­bo­re, so drie klo­fies deur van hier, ver­tel hul­le: 68 jaar­rin­ge vir Mi­gal en Hen­nie “is net ag­ter hom” – 67.

Hul kos­baar­he­de pas in ’n grys plas­tiek­sak­kie wat uit Hen­nie se baad­jie­sak kom – drie ge­raam­de fa­mi­lie­fo­to’tjies. An­der fo­to’s is goed­ge­lo­wig uit­ge­leen; die be­lof­te om dit te­rug te bring skyn­baar vin­nig ver­ge­te.

Hul dae van pa­lings vang by die hout­brug en “bloe­ment­jies” (dui­kers) vir leef­kos soek, die kro­ne van bos­reu­se fyn dop­hou om ’n nood­lot­ti­ge val te keer, van deur die we­li­ge bos s­tap om die loop van die “op­draan­de wa­ter­stroom” te volg, is ver­by.

Vol­gens wet­ge­wing mag nie­mand meer in die Knys­na­bos kap nie. Die laas­te twee Zee­lie­hout­kap­pers van R­hee­nen­dal ken die bos en sy die­re, die spoor van el­ke bok, soos die palm van hul hand.

Hul­le maak vo­ël­ge­lui­de pront en spon­taan. Dis hul leef­wê­reld. Hul­le het op ’n re­ë­ne­ri­ge og­gend by Tot­ties Farm Kit­chen in R­hee­nen­dal ge­sels: Aard­se sto­ries; splin­ters van tye wat was.

Hul fa­mi­lie vorm die kern van hul er­va­rings: Pa Hen­drik Zee­lie, ma Ma­ria Mag­da­le­na, ge­bo­re We­st­raad.

“Dit was net ons twee en ons broer, Sal­mon, maar hy’s reeds ge­bê­re. On­se ma had ’n broer, Paul­tjie, en twee sus­ters. On­se pa se broer F­red het in die klip­huis ge­woon; daar waar die op­draan­de stroom op­hou.

“Ons het gis­ter oom F­red se seun ge­bê­re,” ver­tel Hen­nie. “Mi­gal, wat het hom nou weer oor­ge­kom?”

“Dit mos be­roer­te,” help Mi­gal. “O ja, be­roer­te,” vul Hen­nie gre­tig aan.

En so loop die pa­troon: Hen­nie ver­tel en Mi­gal voeg by en be­aam. Met ’n lag­gie wat goed­skiks bin­ne Mi­gal se oë en oog­plooi­tjies kom lê.

“Ons skool was net die klo­fie hier­deur, by Leeusbos. Ons het deur die vel­de soon­toe ge­stap,” ver­tel hul­le saam.

Hul skool­werk het glo min­der ge­blom as die skool­tuin; dié ja­re toe die Zee­lie-broers eer­der sou tuin­maak as les­se aan­hoor: Bed­dings vol uie, aar­tap­pels, bo­ne. En pa­tats.

Mi­gal: “Die skool het ge­sê hul­le gaan die groen­te ver­koop en vir ons die geld in die Pos­kan­toor s­paar. Toe ons een­dag in

Hen­nie en Mi­gal Zee­lie het groot­ge­word op ’n klein­hoe­we in Bib­bies­hoek, R­hee­nen­dal – lap­pies grond wat die staat ge­skenk het aan el­ke hout­kap­per­ge­sin wat in 1939 uit die bos ver­skuif is. Ge­sin­ne moes skuif na ne­der­set­tings bui­te die bos, so na­by as moont­lik aan waar hul­le in die bos ge­woon het.

’n Be­dreig­de spe­sie:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.