HET JY

GE­WEET?

Beeld - - Jou Dag -

Ja­re lank is daar ’n skei­ding tus­sen haaie in die see, die­re op land en vo­ëls. In hier­die pro­gram word daar ge­kyk na bui­ten­ge­wo­ne ge­drag van haaie wat selfs vo­ëls en die­re op land ver­slind. As jy ’n aan­han­ger was van The Ma­ze Run­ner en The Hun­ger Ga­mes, be­hoort jy ook van dié fliek te hou. Dit is deel van die Di­ver­gent- reeks. Maak dus se­ker jy kyk eers die eer­ste fliek, Di­ver­gent, van 2014. In In­sur­gent pro­beer T­ris (S­hai­le­ne Wood­ley) vas­stel waar­om die Eru­di­te­stam die Di­ver­gent, men­se wat in ál vyf van die mens­dom se stam­me pas, wil uit­wis. Ook met An­sel El­gort. In el­ke e­pi­so­de kry twee oor­ge­wig ge­sin­ne die kans om saam met ’n kun­di­ge te werk om ge­wig te ver­loor, fiks te word en hul self­beeld te­rug te wen. So­dra hul doel­ge­wig aan hul­le be­kend is, moet hul­le as ge­sin saam­werk om suk­ses te be­haal en ’n kans te staan om ’n groot prys te wen.

Kyk hoe ge­sin­ne hul sleg­te eet­ge­woon­tes ver­an­der en hul le­we ver­be­ter. Die a­von­tu­rier en oor­le­wings­ken­ner Rob G­reen­field het in dié s­plin­ter­nu­we reeks ’n law­we i­dee: om deur Suid-A­me­ri­ka te reis son­der ’n sent in sy sak. Hy het net sy pas­poort en tan­de­bor­sel (en die B­rit­se rol­prent­ma­ker Ja­mes Le­vel­le wat al­les do­ku­men­teer) by hom.

Hy wil kyk of dit moont­lik is om oor die wê­reld heen te reis en die e­le­men­te te trot­seer deur net op an­der men­se se guns­te en ga­wes staat te maak. El­len DeGe­ne­res is die mees­ter­brein ag­ter hier­die ou­li­ke reeks waar­van S­te­ve Har­vey die aan- bie­der is.

Kin­ders durf die ver­hoog aan om met hul ta­lent te spog. Jy sal jou han­de saam­slaan vir van die jong­span se ve­le ta­len­te. On­ge­luk­kig is hier­die reeks nie op Ca­tch Up be­skik­baar nie en jy sal moet se­ker maak jy kyk el­ke weeks­aand daar­na.

Op M­Net Maan­dae om 19:30

S­hai­le­ne Wood­ley is die ster van die Son­dag­aand­fliek In­sur­gent.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.