Die se­we wel­ko­me ‘son­des’

Beeld - - Leefstyl - Wel­lus: Gul­sig­heid: Gie­rig­heid: Lui­heid: Toor­nig­heid: Af­guns: Trots:

Wan­neer jy eers ’n ring aan jou vin­ger het, is daar baie “de­al bre­a­kers” waar­oor men­se jou maan. Jy moet pro­beer om nie die aan­trek­li­ke kel­ne­rin raak te sien nie en jy moet jou maat voor slaap­tyd ver­ge­we dat hy jul her­den­king ver­geet het. Maar saam met ’n ver­bon­de ver­hou­ding kom daar ook ’n lys van son­des wat jy wel mág pleeg . . .

Vroe­ër ja­re is die “se­we do­de­li­ke son­des” in Chris­ten-le­rin­ge ge­bruik om men­se in te lig oor ons ge­neigd­heid om te son­dig. Die Rooms-Ka­to­lie­ke Kerk het son­de in twee hoof­ka­te­go­rieë ver­deel, naam­lik: ver­geef­li­ke son­des en sterf­li­ke son­des. Aan die be­gin van die 14de eeu het die se­we do­de­li­ke son­des – wel­lus (of be­geer­te), gul­sig­heid, gie­rig­heid (na aard­se be­sit­tings), lui­heid, toor­nig­heid, af­guns en trots – ’n ge­wil­de te­ma on­der Eu­ro­pe­se kuns­te­naars ge­word. En hoe­wel jy steeds van­dag moet sterk staan daar­teen om die he­le sjo­ko­la­de­koek te ver­or­ber of om sum­mier jou kre­diet­kaart te ge­bruik, kan jy dié son­des van­dag só in jou ver­hou­ding toe­pas dat dit jul ver­hou­ding op­bou:

Dit is nor­maal en ge­sond om jou le­wens­maat te be­geer. Dit be­te­ken dat hy vir jou on­weer­staan­baar lyk – boe­pie en al. En dat jy vir hom sexy bly, selfs al lyk jou bors­te in ’n op­stoot­bra nie eens naas­ten­by soos wat dit 20 jaar ge­le­de són­der ’n bra ge­lyk het nie!

Wel­lus word dik­wels ook in ’n ver­hou­ding as ne­ga­tief be­skou. Sek­su­e­le ver­vul­ling en ple­sier is eg­ter ’n brood­no­di­ge e­le­ment van ’n ge­son­de ver­hou­ding. Dit be­te­ken dat ons maar mag vre­de maak met ons God­ge­ge­we sek­su­a­li­teit en sek­su­e­le dran­ge. Bin­ne die ver­hou­ding is e­nig­iets aan­vaar­baar ten op­sig­te van die sek­su­e­le, mits jul­le al­bei daar­toe toe­stem en ge­mak­lik is daar­mee.

Ons kan dus reg­tig fo­kus daar­op om die “wel­lus” meer te laat groei en ge­dy deur ons seks­le­we meer op­win­dend te maak.

“Om maal­tye te deel, was nog al­tyd ’n be­lang­ri­ke hof­maak­ri­tu­eel en ’n me­ta­foor vir lief­de,” skryf Ka­te Murp­hy in die New York Ti­mes. Om saam te eet by kers­lig is ro­man­ties. Om me­kaar te voer is in­tiem. Mans sê dik­wels dat daar min din­ge so aan­trek­lik is soos ’n vrou wat haar kos ge­niet. Om jou soms oor te gee aan lek­ker kos en dit met jou maat te deel, kan ’n baie sen­su­e­le er­va­ring wees.

So, hou op skul­dig voel oor die vyf­gang­maal­tyd wat jul­le op Va­len­tyns­dag ge­niet het, of oor die bak room­ys wat jul­le saam in die bed ver­or­ber.

Maak saam kos en vier die le­we, maar hou dit ’n uit­son­de­ring eer­der as ’n re­ël – so­doen­de sal dié spe­si­a­le tye net so­veel meer on­ver­geet­lik wees!

Ga­ry C­hap­man skryf in sy boek Die vyf ta­le van die lief­de: “As jou hu­we­liks­maat se pri­mê­re lief­des­taal ge­sken­ke is, kan jy ge­sken­ke in oor­vloed gee.” Dit is in werk­lik­heid een van die mak­lik­ste lief­des­ta­le wat daar is. Dit sal mis­kien be­te­ken dat jy jou hou­ding teen­oor geld moet ver­an­der.

Ter­wyl aard­se be­sit­tings nooit ge­bruik mag word as die e­nig­ste mid­del om jul lief­de aan me­kaar te be­wys nie, is dit soms ’n goeie ma­nier om jou maat te wys dat hy of sy reg­tig vir jou kos­baar is en dat jy nie te sui­nig is om hom of haar af en toe te be­derf nie.

Om na­week ná na­week woor­de­loos voor die te­le­vi­sie te lê is al­ler­mins ro­man­ties. Maar daar is niks fout daar­mee om een keer per maand die kin­ders na jou ma-hul­le toe te s­tuur en ’n lui­lek­ker na­week saam met jou maat ag­ter ge­slo­te deu­re deur te bring nie. Werk en an­der so­si­a­le ver­plig­tin­ge kan soms so­veel kos­ba­re ver­hou­dings­tyd roof. Lui­heid kán in die ver­hou­ding werk as ons sê ons mag maar soms van al­les om ons ver­geet en eer­der tyd aan me­kaar span­deer.

Om toe te laat dat jou hu­meur son­der meer op­vlam en bui­te be­heer raak, is ver­keerd. Maar kon­flik bin­ne ’n ver­hou­ding is nor­maal en no­dig. Ver­hou­dings­kon­flik kan die uit­da­ging wees wat ons help om in meer vol­was­se men­se te ont­wik­kel. Maar dit kan ’n ver­hou­ding ook ver­nie­tig.

Dit is nor­maal en goed om soms te ver­skil. ’n S­lim paar­tjie weet hoe om kon­flik te han­teer en die vlam van ir­ri­ta­sie te blus voor­dat dit ’n on­be­heer­ba­re vuur word. Kon­flik is ge­sond en no­dig, maar dit gaan oor hóé ons ba­klei. Maak se­ker dat jul­le jul kon­flik­han­te­rings­vaar­dig­he­de op­skerp en leer om te sê hoe jy voel en na jou maat te luis­ter.

Ja­loe­sie bin­ne ’n ver­hou­ding is sel­de ge­sond. Wat wel nie ska­de kan be­rok­ken nie, is om jou maat se goeie ei­en­skap­pe raak te sien en jou­self na ge­lang daar­van te pro­beer ver­be­ter. As hy by­voor­beeld baie ge­dul­dig is, is daar niks mee fout om af­guns­tig te wees op sy ge­duld nie. So­lank jy hier­die e­mo­sie po­si­tief pro­beer ge­bruik deur sy voor­beeld na te streef.

Moet nooit te trots wees om teen­oor jou maat te er­ken wan­neer jy ’n fout be­gaan het nie, maar wees wel trots op jou maat en jou ver­hou­ding.

) Dr. El­ma­ri Mul­der Craig is ’n Eu­ro­pees ge­ser­ti­fi­seer­de sek­su­o­loog en ver­hou­dings­ken­ner.

Sy lei ook ’n groep met seks-, lief­des- en por­no­gra­fie­ver­sla­wings, as­ook ’n groep vir vroue in P­re­to­ria wie se le­wens­maats on­trou was. Be­lang­stel­len­des kan Jo­le­ne by 082 783 6633 bel.

Be­soek el­ma­ri­craig.co.za; tus­sen­die­la­kens.co.za en fa­ce­book.com/El­ma­riMCraig.

As jy ’n vraag het wat sy in haar ru­briek kan be­ant­woord, s­tuur dit na na­week@beeld.com.

Fo­to: ISTOCK

Soms is dit aan­vaar­baar om maar saam lui te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.