Lyk soos ’n fiets, maar jy hoef nie te trap

Beeld - - Leefstyl - Die Ge­oOr­bi­tal ver­vang die stan­daard­wiel op feit­lik e­ni­ge fiets.

’n Hef­ti­ge stryd is aan die gang om die fiets­wiel te her­ont­werp. Die doel is om iets te ont­wik­kel wat ’n ge­wo­ne trap­fiets son­der moei­te in ’n ge­mo­to­ri­seer­de twee­wie­ler van een of an­der aard kan ver­an­der, en weer te­rug. Op so ’n ma­nier dat jy die en­jin kan in­span as jy by­voor­beeld met min moei­te en sweet by die werk wil uit­kom, en dit weer kan ont­kop­pel as jy op eie stoom wil voort­snel.

’n He­le rits ont­wer­pe met dié doel voor oë het die af­ge­lo­pe tyd die lig ge­sien. Daar is die Co­pen­ha­gen W­heel (www.su­per­pe­de­stri­an.com), wat ba­sies ’n ag­ter­wiel is wat die ge­wo­ne ag­ter­wiel op om­trent e­ni­ge trap­fiets ver­vang. Met die ge­paard­gaan­de app kan jy on­der meer ver­stel hoe­veel e­lek­trie­se krag die Co­pen­ha­gen W­heel in ge­ge­we om­stan­dig­he­de moet by­dra, sê maar meer teen bul­te uit en min­der teen af­draan­des af. Dit het ’n ver­wy­der- ba­re, her­laai­ba­re li­ti­um­i­oon-bat­te­ry waar­mee jy on­ge­veer 50 km ver sal kan ry as jy hoe­ge­naamd niks trap­krag by­dra nie.

Nog ont­wer­pe sluit in die F­lyK­ly S­mart W­heel (en ’n paar ver­wan­te pro­duk­te, kyk by f­lyk­ly. com) en die E­lec­tron W­heel (e­lec­tron­w­heel.com). Daar is ook Bi­o­ni­con se E-ram-en­jin, wat spe­si­fiek op berg­fiet­sen­toe­si­as­te ge­mik is (www.b-labs.org/e-ram).

Die nuut­ste toe­voe­ging tot die lys is die Ge­oOr­bi­tal, wat on­der meer dank­sy sy ra­di­ka­le ont­werp die kop­pe laat draai. Die Ge­oOr­bi­tal (www.ge­oo.com) ver­vang ook die stan­daard­wiel op jou fiets, maar dis nie reg­tig ’n wiel nie – dis ’n sta­tie­se mo­du­le, en die fiets­band ro­teer op rub­ber­rol­lers om die mo­du­le. Ge­volg­lik lyk dit nie of die fiets­wiel draai nie om­dat daar nie spe­ke of iets is wat saam met die band in die rond­te be­weeg nie.

Die Ge­oOr­bi­tal is ook nie ’n help-my-trap soos som­mi­ge van die an­der ont­wer­pe nie. Dit het net ’n af­stand­be­heer wat op die hand­vat­sels ge­mon­teer word en waar­mee jy kan ver­stel hoe­veel en­jin­krag jou moet help. En wan­neer jy op eie krag be­weeg, be­nut die Ge­oOr­bi­tal die draai­en­de wie­le om sy bat­te­ry te laai.

Toe­koms­ti­ge weer­ga­wes sal dalk wel ’n help-my-trap-op­sie hê, met an­der woor­de die en­jin help jou om die pe­da­le ge­trap te kry.

Die punt van ’n sta­tie­se mo­du­le is dat heel­wat meer kom­po­nen­te in die­self­de ruim­te in­ge­pas kan word, het die ont­wer­pers aan gi­z­mag.com ge­sê. Dit sluit in die mo­tor, bat­te­ry, kop­lig­te en an­der e­lek­tro­ni­ka, bê­re­plek en selfs USB-her­laai­pun­te.

Die Ge­oOr­bi­tal is tans die on­der­werp van ’n suk­ses­vol­le Kick­star­ter-fi­nan­sie­rings­veld­tog. Daar­vol­gens sal die klein­han­del­prys so­wat $1 000 (so­wat R14 000) wees wan­neer dit kom­mer­si­eel be­skik­baar ge­stel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.