Doen­din­ge in Li­ver­pool

Beeld - - Leefstyl -

Fo­to’s: H. RAPPARD EN S. TURNER ) Ont­dekT­he Be­at­les deur op die Ma­gi­cal Mys­te­ry Tour te gaan. Ry twee uur lank in die kleur­vol­le bus wat jou neem na al die plek­ke wat ver­band hou met die groep, soos hul ge­boor­te­plek­ke en groot­word­hui­se, so­wel as om­ge­wings wat ’n paar van hul mees on­ver­geet­li­ke lied­jies ge­ïn­spi­reer het. ) Gaan dwaal by die Al­bert­dok­ke rond en ge­niet die at­mos­feer, eet­plek­ke en tal­le win­kel­tjies. Dit is een van die voor­ste toe­ris­te­aan­trek­lik­he­de in B­rit­tan­je en ’n U­nes­co­wê­reld­er­fe­nis­ge­bied. Be­soek al­bert­dock.com vir in­lig­ting hier­oor en ook oor die bus­toer. ) Gaan kyk hoe lyk die wê­reld­be­ken­de Li­ver­pool­sok­ker­sta­di­on deur ’n toer te be­spreek. Be­soek sta­di­um­tours. li­ver­pool­fc.com. ) Op een van “S­hi­ver­pool” se be­ge­lei­de stap­toe­re kan jy ken­nis maak met straat­te­a­ter, gal­ge­hu­mor en si­nis­te­re ver­ha­le oor Li­ver­pool se ver­bor­ge en bo­na­tuur­li­ke ge­hei­me­nis­se. Gaan loer by s­hi­ver­pool.co.uk vir meer. ) Daar is ook fiets­ en boot­toe­re en ’n ko­me­die­toer sal jou die ou stad lag­lag laat ont­dek. ) Vir meer in­lig­ting oor die stad be­soek vi­sit­li­ver­pool.com.

Li­ver­pool se stra­te is k­leur­vol en bruis van die le­we.

’n Jong kuns­te­naar in The Ca­vern sing Be­at­les­tref­fers tot groot ver­maak van die nos­tal­gie­se ge­hoor.

Die Be­at­les­mu­seum in Li­ver­pool.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.