OP JOHN­NY HAM­MAN SE SON­D­AG­TA­FEL

Beeld - - Leefstyl - JOHN­NY HAM­MAN Een maal word deur Hu­man & Rous­seau uit­ge­gee en is by boek­win­kels be­skik­baar teen die aan­be­vo­le prys van R350.

Foodies het John­ny Ham­man leer ken as die wen­ner (saam met El­sa Buys) van Kok­ke­door 2. Hy kan spog met ’n pro­fes­si­o­ne­le sjef­kwa­li­fi­ka­sie en ’n loop­baan in die voor­ste kre­a­tie­we kos­be­dry­wig­he­de in die land, en nou ook met ’n prag­ti­ge kook­boek, Een maal.

In dié boek kry ons ’n ky­kie in die kos­le­we van dié fyn­kook­kuns­sjef. Die boek bied tra­di­si­o­ne­le re­sep­te en mo­der­ne weer­ga­wes daar­van, ge­sel­li­ge kui­er­re­sep­te en ge­sel­li­ge saam­eet­re­sep­te en straat­kos­re­sep­te en re­sep­te vir fyn­proe­wers-e­tes met ver­wel­ko­mings­dran­kies.

John­ny het uit Een maal vir ons ’n Son­dag­mid­dag­e­te saam­ge­stel.

“My ou­ma was die mees­ter van ’n Son­dag­mid­dag­e­te. Ek sal wat gee om aan ou­ma Joi­ce se Son­d­ag­ta­fel te sit. Haar kos was al­tyd baie een­vou­dig en het baie min be­stand­de­le be­vat. Maar die kos was met so­veel lief­de en tyd saam­ge­sit dat el­ke hap­pie ’n geur-ont­plof­fing was. My ou­ma is nou al lank nie meer met ons nie, maar haar Son­d­ag­ta­fel-re­sep­te sal ons nooit ver­laat nie. So ook nie haar e­ner­gie en pas­sie in die kom­buis nie. Hier is ’n paar van ou­ma Joi­ce se bes­te re­sep­te per­fek vir ’n koue win­ter-Son­dag­mid­dag­e­te saam met fa­mi­lie.

“Nog nooit het daar ’n vrou soos ou­ma Joi­ce be­staan nie. Ons mis haar van­dag on­ge­loof­lik. Ou­ma was ’n mon­ster in die kom­buis.

“Jy sien, Ou­ma se i­den­ti­teits­do­ku­ment het ge­lees ‘geen af­druk’ waar daar ’n vin­ger­af­druk moes wees. “Sy het let­ter­lik haar vin­gers in die kom­buis af­ge­werk. My ou­ma het eers vir die He­re en haar ge­loof, dan vir haar man en der­dens vir haar kom­buis ge­leef. Ek kon ure lank saam met haar in die kom­buis staan en net kyk hoe sy al­mal ge­luk­kig hou.

“My ou­pa het die ma­nier ge­had om op die kri­tie­ke kook­oom­blik­ke in die kom­buis uit die TV-ka­mer te skree: ‘Tee, Joi­ce!’ en Ou­ma het met ’n groot glim­lag die lek­ker­ste kop­pie soet Jo­ko-tee ge­maak.”

Vir af­wis­se­ling het hy ook Oom Pie­tie se Swart­woud-koek­struif in­ge­sluit as ’n soet­hap­pie na die lams­boud en rys­slaai.

)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.