OU­MA SE DRIE­BESTANDDEEL­LAMS­BOUD

Beeld - - Leefstyl -

Ek het ’n ou groen ka­strol van my ou­ma wat al van my ou­ma­groot­jie se dae af kom. Dit lyk soos ’n ou­tyd­se Le C­reu­set-ka­strol. My ou­ma het vleis heer­lik bruin laat bak daar­in, met so ’n bruin rand­jie wat om die pot se kan­te ge­vorm het. My ma moes die bruin la­gie af­krap en dan sous daar­mee maak. Dié re­sep van my ou­ma is ’n per­fek­te voor­beeld van die “keep it sim­ple, stu­pid”-kon­sep wat Re­net­te my op Kok­ke­door ge­leer het. So ’n een­vou­di­ge re­sep met so min be­stand­de­le, maar die geur ver­stom my el­ke keer. ’n nood­saak­likGoeie roos­ter­kas­se­rol­vir dié re­sep. is Ge­noeg vir 6. Jy be­no­dig: 1 lams­boud, bees­bin­ne­boud (topsi­de) of dy­stuk (sil­ver­si­de) 30 ml o­lyf­o­lie en 30 ml bot­ter sout en pe­per vars roos­ma­ryn­tak­kies, vir gar­ne­ring Só maak ’n mens: 1. Voor­ver­hit die oond tot 190 °C. 2. Ver­hit die o­lyf­o­lie en die bot­ter in die pot in die oond. Wees ver­sig­tig dat jy nie die o­lie en bot­ter laat brand nie. 3. Geur die vleis met sout en pe­per. 4. Haal die pot uit die oond en sit die vleis in. Be­druip dit met die o­li­een­bot­ter­meng­sel. 5. Sit die dek­sel op. 6. Bak die vleis in die oond (be­re­ken ’n uur vir el­ke 500 g vleis). 7. Be­druip die vleis ge­reeld met die o­lie­en­bot­ter­meng­sel. 8. Wan­neer die vleis gaar is, moet dit mooi bruin wees. 9. Haal die vleis uit die oond en laat rus vir 15 mi­nu­te voor­dat jy dit in sky­we sny en op ’n vleis­bord pak. 10. Plaas die roos­ma­ryn­tak­kies bo­op die vleis.

Fo­to’s: EEN MAAL, DEUR JOHN­NY HAM­MAN

Wat meer wil jy op ’n Son­d­ag­ta­fel hê as ’n per­fek­te lams­boud?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.