OOM PIE­TIE SE SWART­WOUD­KOEK­STRUIF

Beeld - - Leefstyl -

Ek sit een­dag by oom Pie­tie en kui­er. Oom Pie­tie is ons spog­fa­mi­lie­lid. Hy het die mooi­ste huis ge­had, die mooi­ste aan­ge­trek en het ’n an­der hor­lo­sie vir el­ke dag van die jaar. Hy weet ook baie van kos, ver­al er­fe­nis­kos en na­tuur­lik sy Wo

men’s Week­lys. Nie­te­min eet ons om die een of an­der re­de meest­al ker­rie wan­neer ons daar kui­er. Ek spot oom Pie­tie nou nog en sê hy weet net hoe om ker­rie te maak. Te­rug na die sto­rie. Ons praat oor die Kers­fee­s­e­te van daar­die jaar. Ek sê: “Net nie koek­struif nie, as­se­blief.” Oom Pie­tie sit reg­op­per as wat hy ge­sit het (hy hou nie daar­van as sy hem­de kreu­kel ter­wyl hy sit nie) en sê­vra heel ver­bou­e­reerd: “Maar hoe­kom dan nou nie?!” Ek sê: “Ek haat koek­struif!” Hy sê: “Jy mag niks haat nie! En wag tot jy my koek­struif proe!” Kers­dag het aan­ge­breek en daar staan die koek­struif in ’n lang vaas met die per­fek­ste lae. Ek was net bly daar was nie een laag jel­lie te vin­de nie. Oom Pie­tie trek my na­der en sê: “John­ny, ont­moet vir Black Fo­rest­koek­struif.” Een hand in die lug en met ’n sta­di­ge buig vo­ren­toe as­of die koek­struif ko­nink­lik is. Al wat ek kan sê, is dat ek drie bak­kies van die ko­nink­li­ke na­ge­reg geeet het, en dit ver­dien vir se­ker niks min­der as ’n blad­sy in my boek nie. Maak dit liefs ’n dag voor­uit. Jy be­no­dig: 1 li­ter va­niel­je­vla 250 g glad­de maas­kaas of room­kaas 1 blik (410 g) ont­pit­te swart ker­sies 60 ml kirsch of ker­sie­li­keur 1 sjo­ko­la­de­rol­koek, in sky­we ge­sny 300 g on­ge­sou­te neu­te, droog ge­ roos­ter 300 g melk­sjo­ko­la­de, in stuk­kies ge­kap 1 blik (396 g) ka­ra­mel­kon­dens­melk 250 ml room, ge­klits tot sag­te pun­te vorm sjo­ko­la­de­skaaf­sels Só maak ’n mens: 1. Meng die vla en maas­kaas of room­kaas tot glad. 2. D­rei­neer die ker­sies en meng die sap met die ker­sie­li­keur. 3. Pak ’n laag rol­koek on­der­in ’n glas­bak. S­prin­kel van die li­keur­meng­sel lig­gies daar­oor. 4. S­prin­kel van die neu­te, sjo­ko­la­de en ker­sies oor die koek­laag en skep le­pels vol ka­ra­mel­kon­dens­melk bo­op. Be­dek dit met van die vla­meng­sel. 5. Her­haal die lae met die res van die rol­koek, li­keur­meng­sel, neu­te, sjo­ko­la­de, ker­sies, ka­ra­mel­kon­dens­melk en vla­meng­sel. Gaan voort tot­dat die bak vol is. Ein­dig met die neu­te, sjo­ko­la­de, ker­sies en ka­ra­mel­kon­dens­melk, maar hou van die ker­sies een­kant vir ver­sie­ring. 6. Skep die ge­klop­te room bo­oor en ver­sier met sjo­ko­la­de­skaaf­sels en ker­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.