OU­MA SE BOERERYSSLAAI

Beeld - - Leefstyl -

Ek het ge­soek en ge­soek vir dié re­sep. Dit het my om­trent ’n dag ge­vat om dit tus­sen al Ou­ma se kom­buis­no­ta­boe­kies te vind. Ek het al byna op­ge­gee toe ek een van die laas­te boe­kies oop­maak en daar ’n klein op­ge­vou­de pa­pier­tjie uit­val. Toe ek dit oop­vou, staan daar in Ou­ma se hand­skrif: “Rys­slaai”!

My ou­ma en ou­pa leef on­ge­luk­kig nie meer nie, maar Ou­ma het vir ons al haar won­der­li­ke re­sep­te ge­los. Ou­pa kon nie kook nie, maar hy was ’n dashing man. Op die fo­to is sy man­sjet­kno­pe wat hy vir my ge­los het.

Ek is ’n voor­stan­der van koue kos in Suid­A­fri­ka. Ons moet leer om meer koue ge­reg­te soos dié een op ons Son­d­ag­ta­fels voor te sit. Ons bly nie in En­ge­land nie. Ons bly in ’n warm son­skyn­land waar vars, koue kos ge­pas is.

Ek eet nie groen soet­ris­sies nie, be­hal­we in hier­die rys­slaai. En moet dit nie waag om jou eie ma­yon­nai­se vir die re­sep te maak nie – dit moet No­la­ma­yon­nai­se wees! Maak die slaai ’n dag voor­dat jou gas­te kom. Ge­noeg vir 6. Jy be­no­dig: 125 ml No­la­ma­yon­nai­se 250 ml ta­ma­ties, in klein blok­kies ge­sny 250 ml gaar ert­jies 125 ml groen soet­ris­sie, in blok­kies ge­sny 30 ml pie­ter­sie­lie, fyn­ge­kap 10 ml ker­rie­poei­er sout na smaak 750 ml gaar rys 2 gaar ei­ers, fyn­ge­kap Só maak ’n mens: 1. Meng al die be­stand­de­le be­hal­we die rys en ei­ers. 2. Voeg by die rys en meng deeg­lik. 3. Strooi die ei­ers oor net voor­dat jy die slaai voor­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.