As jou ma ’n soesji­lief­heb­ber is, be­derf haar dié na­week met die nu­we “Me­di­ter­r­a­si­an”soesji van O­ce­an Bas­ket. Dit is soesji met ’n ta­ma­tie, suur­le­moen, o­ri­ga­num en selfs ’n kin­kel van ge­pie­kel­de rooi ui.

Beeld - - Leefstyl - Hoe het jy te werk ge­gaan om Me­di­ter­reen­se geu­re by tra­di­si­o­ne­le soesji te voeg? Wat­ter Me­di­ter­r­a­si­an­soesji is jou guns­te­ling? Me­di­ter­r­a­si­an­soesji met ge­braai­de ca­la­ma­ri, murg­pam­poen­tjie­lin­te en soesji­rys.

Dink aan soesji en dis waar­skyn­lik rou vis, rys en no­ri (see­wier) wat jou ge­dag­tes vul. Maar wat van soesji-rys, toe­ge­draai in ’n murg­pam­poen­tjie­lint, af­ge­rond met bros­ge­braai­de ca­la­ma­ri en tzat­zi­ki?

Die soesji by O­ce­an Bas­ket het on­langs ’n nu­we, Me­di­ter­reen­se baad­jie ge­kry.

Die man ag­ter die in­no­va­sie is die sjef Pe­pi A­ne­vski wat al meer as 15 jaar soesji-skep­pings maak.

Hy het kre­a­tief ge­raak en tra­di­si­o­ne­le soesji-geu­re ver­meng met eg Me­di­ter­reen­se sma­ke (soos o­ri­ga­num, ta­ma­ties en suur­le­moen) om Me­di­ter­r­a­si­an soesji te skep. Van­dag ge­sels hy uit Ci­prus meer oor dié smul­lek­ker hap­pies. Tra­di­si­o­ne­le soesji is iets wat reg­tig moei­lik is om te be­mees­ter. In Ja­pan is die fo­kus steeds op tra­di­si­o­ne­le soesji, maar bui­te Ja­pan is daar ’n gro­ter fo­kus op kre­a­tie­we en “fu­si­on”-soesji. Sjefs re­spek­teer die Ja­pan­se teg­niek en pas­sie, maar gaan dan ’n s­tap ver­der om hul eie geu­re by te voeg. Dis nie ver­keerd nie, maar ’n mens kan dié skep­pings nie meer tra­di­si­o­ne­le soesji noem nie.

Ek het soesji ge­skep met geu­re van my eie er­fe­nis (Me­di­ter­reens), maar met die reg­te Ja­pan­se teg­niek. Neem die ver­ve­li­ge soesji weg wat al­mal pro­beer na­maak en gee dit ’n nu­we kin­kel.

O­ce­an Bas­ket is ’n re­stau­rant met ’n sterk Me­di­ter­reen­se er­fe­nis en daar­om was dit net na­tuur­lik om meer van dié sma­ke by die soesji te voeg. Be­slis die Crun­chy A­the­na Roll (’n Ka­li­for­nië rol­le­tjie met rys, steur­gar­naal en rooi pie­kel­uie) en die Wa­sa­bi Pra­wn (boot­vor­mi­ge soesji met

Fo­to’s: O­CE­AN BAS­KET

Die sjef Pe­pi A­ne­vski met van sy Me­di­ter­r­a­si­an­soesji­skep­pings ty­dens ’n be­soek aan Kamps­baai vroe­ër van­jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.