As jy op ’n koel herfs­og­gend langs ’n Kaap­se kan­fer­foe­lie­hei­ning in vol­le, vlam­men­de blom be­land, sal jy moet ba­klei daar­teen om nie die slaaf te word van hier­die wil­de in­heem­se strui­ke nie. Dan kom die vrae ook: Hoe­kom bou ons sul­ke duur mu­re en hoe­kom o

Beeld - - Leefstyl - Al die te­co­mas by­me­kaar So plant ’n mens ’n hei­ning S­pa­si­ë­ring

Te­co­ma ca­pen­sis ‘Coc­ci­nea’ het die­po­ran­je, am­per ta­ma­tie­rooi blom­me. Die A­fri­kaan­se naam vir dié mooi in­heem­se strui­ke is Kaap­se kan­fer­foe­lie of trom­pet­ters. Dit is ge­har­de strui­ke wat, as hul­le eers ge­ves­tig is, baie min wa­ter ge­bruik. Hul­le ver­dra win­de­ri­ge toe­stan­de na­by die kus en sal koue ver­duur, maar on­ge­luk­kig nie kwaai win­ter­ryp nie. Hul groot­ste ba­te is dat hul­le ’n spens en lok­mid­del is vir ’n groot ver­skei­den­heid tuin­le­we soos heu­ning­bye, skoen­lap­pers, sui­ker­bek­kies en an­der vo­ëls. Trou­ens, langs ’n we­li­ge hei­ning van Te­co­ma in vol­le blom, is daar al­tyd die ge­luid van swie­pen­de vler­kies en die ge­kwet­ter van vo­ëls.

Die plan­te word on­ge­veer 2 m tot 3 m hoog en groei sprei­dend en in­for­meel met ’n dig­te hel­der­groen blaar­drag. ’n Mens kan hul­le af en toe snoei om in toom te hou as wild en ont­span­ne die voor­koms is wat jy soek, maar om ’n dig­te for­me­le hei­ning te be­werk­stel­lig, be­hoort hul­le meer ge­reeld ge­snoei te word – die bes­te tyd is laat­win­ter, len­te en so­mer om hul­le aan te moe­dig om so­veel as moont­lik blom­me te dra in die herfs. Hul­le kom­bi­neer prag­tig met die ys­blou kleur van die ge­wo­ne Plum­ba­go au­ri­cu­la­ta (blou­sy­sel­bos) wat nes Te­co­ma sorg vir ’n skou­spel van kleur hier­die tyd van die jaar.

Te­co­ma ca­pen­sis ‘Lu­tea’ met sy geel blom­me is ’n meer be­sa­dig­de plant en word net ’n aks ho­ër as 1 m. Die blom­me is ’n vro­li­ke sag­te geel wat prag­tig teen die hel­der­groen loof af­steek.

Al­le Te­co­mas be­hoort twee tot drie keer per jaar ’n toe­die­ning van ’n al­ge­me­ne sta­dig­vry­stel­len­de mis­stof te kry – ge­woon­lik in die vroeg­herfs en ge­du­ren­de die so­mer. Dit sal die plan­te mooi ge­sond laat groei met diep­groen loof en ’n mas­sa blom­me. Kom­bi­neer Te­co­ma ‘Lu­tea’ met Plum­ba­go ‘Roy­al Ca­pe’ wat diep­blou blom­me dra – al­bei sal naas­ten­by die­self­de hoog­te be­reik, wat per­fek is vir klei­ner tui­ne of ’n la­er hei­ning.

Te­co­ma ca­pen­sis ‘C­le­ar A­pri­cot’ dra li­go­ran­je blom­me en word ook so­wat 3 m hoog.

Kaap­se kan­fer­foe­lie hoef nie net as hei­ning­plan­te diens te doen nie.

In die ge­sel­skap van an­der mooi strui­ke en bo­me – hul­le gee nie om as ’n bie­tjie lig­te ska­du oor hul­le val nie – kan ’n en­ke­le ek­sem­plaar ook op die ag­ter­grond van ge­meng­de struik­bed­dings kleur ver­skaf.

Te­co­ma ca­pen­sis ‘Sal­mon’ het blink­groen bla­re en salm­kleu­ri­ge blom­me en ’n on­langs vry­ge­stel­de se­lek­sie ge­naamd ‘Rocky Hor­ror’, is ’n kom­pak­te, maar vin­nig groei­en­de struik wat reu­se- diep­rooi blom­me dra. Dit is be­ter om hei­nings in voor­be­rei­de vo­re te plant as in af­son­der­li­ke ga­te en die bes­te tyd om dit te doen is juis nou. Ge­bruik hout­pen­ne en tou om die plek uit te merk en gra­we min­stens 60 cm diep en wyd uit.

1. Maak ’n hoop van die bo­grond (on­ge­veer 30 cm diep) en ’n an­der hoop van die on­der­ste helf­te van die grond. Gooi die bo­grond weer in so­dra die voor ge­gra­we is.

2. Ge­bruik ’n krui­wa­vrag goeie kom­pos of goed ver­rot­te kraal­mis (of ’n meng­sel daar­van) vir el­ke 2 m van die voor en ver­sprei dit oor die grond. Meng die twee lig­gies met ’n tuin­vurk.

3. As die oor­bly­wen­de grond skraal is, ver­vang dit met goeie bo­grond, hoe­wel jy dit kan ge­bruik om die voor weer toe te gooi. Plaas die mis en kom­pos die­per om die pl­ant­wor­tels aan te moe­dig om die­per te groei op soek na voe­ding­stow­we, wat die nu­we hei­ning ’n ster­ker kans sal gee om droog­tes of an­der klap­pe van Moe­der Na­tuur te oor­leef.

4. Trap die grond op die plek ste­wig vas en ver­sprei ’n dik laag kom­pos bo-oor – dit sal nuut­ge­plan­te jong plan­te aan­vank­lik van voe­ding­stow­we voor­sien om aan die gang te kom.

5. Lê ’n laag on­kruid­mat oor die voor, steek dit met pen­ne vas en maak snye oor­kruis in die ma­te­ri­aal waar­deur die plan­te ge­plant gaan word. Maak se­ker jy plant in ’n baie reg­uit ry – niks is le­li­ker as ’n ske­we hei­ning nie!

6. Maak baie diep nat na­dat jy ge­plant het.

7. Ka­moe­fleer die on­kruid­mat met blaar­molm, strooi of ’n dek­laag – dit sal die wor­tels ook teen win­ter­ryp en vin­ni­ge ver­dam­ping in die so­mer be­skerm, en die on­kruid min hou. Plant­af­stan­de hang van die plant­keu­se af, maar ’n goeie prak­tie­se re­ël is on­ge­veer ’n kwart van hul vol­was­se breed­te in die ge­val van ’n for­meel ge­snoei­de hei­ning. Laat ’n af­stand van min­stens 50 cm tot 1 m toe tus­sen ’n muur en ’n hei­ning om nie groei in te perk nie.

Fo­to: GE­OFF REDMAN

‘Sal­mon’ se prag­ti­ge herfs­blom­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.