Een­vou­di­ge op­los­sing vir SA

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Suid-A­fri­kaan­se rug­by het ’n punt be­reik waar dit nut­te­loos is om steeds oor spel­pa­tro­ne te re­de­neer.

Dit maak nie meer saak nie, want fi­lo­so­fie­se ge­sprek­ke oor ’n ma­nier van speel is nie ’n doe­pa om uit­ein­de­lik by die Nieu-See­lan­ders kers vas te hou nie. ’n S­pel­pa­troon be­te­ken niks. Ge­slyp­te vaar­dig­he­de en doel­tref­fen­de uit­voe­ring is al wat saak maak.

Die Leeus streef na ’n aan­val­len­de, op­win­den­de s­pel­pa­troon en ver­loor met 17-50 teen die Hur­ri­ca­nes.

Ga­ry Gold se Haaie ge­bruik ver­ve­li­ge rol­maal­be­we­gings om die C­hiefs op­draan­de te gee.

Dit is op­merk­lik hoe dié twee span­ne se be­na­de­rings ver­skil.

En tog kan al­bei nie ’n Ni­euSee­land­se teen­stan­der klop nie.

So hoe­kom re­de­neer ons dan oor wat­ter span se ma­nier van speel meer toe­pas­lik is in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks?

Dui­de­lik maak dit geen ver­skil as dit nie wen­rug­by is nie.

Die pro­bleem met spel­pa­tro­ne is dat el­ke soort ge­reg­ver­dig kan word.

Gold en sy af­rig­ting­span is nie pa­loe­kas nie.

As jy hul­le gaan vra hoe­kom die Haaie op ’n kon­ser­wa­tie­we wy­se van­jaar se reeks aan­pak, sal daar waar­skyn­lik ’n deeg­li­ke en sin­vol­le ver­dui­de­li­king wees.

In 2012, so­wat ’n maand voor Hey­ne­ke Mey­er se eer­ste reeks as S­pring­bok-af­rig­ter, het hy en Ras­sie Eras­mus ’n klomp rug­by­skry­wers na die BMW-fa­briek in Sil­ver­ton, P­re­to­ria, ge­nooi.

Daar het hul­le vir ons ’n in­te­res­san­te oor­sig oor die Bok­ke se be­plan­de ma­nier van speel ge­gee.

Je­an de Vil­liers en kie sou ’n teen­aan­val­len­de, prak­tie­se be­na­de­ring volg, want s­ta­tis­tie­ke het ge­toon span­ne wat be­sit ná ge­mid­deld ne­ge fa­ses be­hou son­der om pun­te aan te te­ken, die bal sal ver­loor.

Dus, in­ter­na­si­o­na­le span­ne wat aan­val­lend wou speel, sou nie nood­wen­dig be­loon word nie.

Daar moet ge­skop word, want op in­ter­na­si­o­na­le vlak moet jy aan­neem jou teen­stan­der se ver­de­di­ging ’n muur is en dat jy s­legs ver­by hul­le sal kom as jy oor hul­le skop.

Dit maak al­les sin.

42 SPORT

Vier jaar la­ter oor­tuig S­wys de Bruin, die Leeus se ag­ter­lyn­ghoe­roe, jou hoe­kom ’n span be­sit moet be­hou.

Hoe­kom wil jy jou teen­stan­der “gra­tis” be­sit gee deur dit weg te skop?

Deur die bal in die hand te hou, word jou teen­stan­der vin­ni­ger moeg om­dat hy meer duik­slae moet uit­voer.

Na­tuur­lik be­spaar jy jou­self

Fo­to: GETTY IMAGES

Vaar­dig­he­de bring vreug­de. Jo­ni Ma­ci­lai van die Cru­sa­ders vier Vry­dag in Chris­t­church sy drie teen die Reds saam met span­maats. Die Cru­sa­ders het ses drieë ge­druk in hul se­ge van 38­5.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.