SPORT

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

P­re­to­ria. – Hy gooi sy kruk­ke en se­t­ys­ter langs hom neer, hop teen die bult­jie op na sy bal en swaai sy sand­ys­ter twee keer sta­dig.

Daar is net ’n paar treë tus­sen Ju­an Pos­ti­go en die set­perk, maar die uit­da­ging voor hom is gróót. Nie net moet hy re­ke­ning hou met die op­draan­de waar­op hy staan nie – hy het net een been waar­op hy moet ba­lan­seer.

As ’n mens e­ni­ge be­wys no­dig het dat die gees in­der­daad ster­ker is as die vlees, was die af­ge­lo­pe week se Suid-A­fri­kaan­se Ope vir ge­strem­de spe­lers die plek om te wees.

Jou ge­mid­del­de klub­spe­ler suk­kel week ná week sy as af om ’n klein bal­le­tjie 18 keer in ’n klein blik­kie te kry – en dit met al­bei be­ne, al­bei arms, goeie oë en per­fek­te ge­hoor. Maar steeds sal die mees­te van dié ou­ens ore aan­ge­sit word deur die Pos­ti­go’s, Ma­nu­el de los San­tos­se, C­had P­fei­fers, Rei­nard S­chu­hknechts en C­harl Fou­ries van die skoon­vel­de.

Pos­ti­go het Woens­dag van­uit sy on­ge­mak­li­ke po­si­sie net voor die Zwart­kop-bui­te­klub se 18de set­perk sy bal op die set­perk ge­kry, en uit­ein­de­lik der­de in die SA Ope ge­ëin­dig. In die 72 put­jies van die toer­nooi het die 20ja­ri­ge S­pan­jaard nooit in ’n gholf­kar­re­tjie ge­ry nie, maar eer­der op sy kruk­ke van bof tot set­perk ge­stap. Hy doen dit al agt jaar lank, en be­sit op sy bro­se ou­der­dom reeds sak­ke vol in­ter­na­si­o­na­le tro­feë.

Ook Ma­nu­el de los San­tos het net een been, en ver­kies om son­der ’n kuns­been te speel. Dié 31ja­ri­ge spe­ler van die Do­mi­ni­kaan­se Re­pu­bliek was op pad Ka­na­da toe om pro­fes­si­o­ne­le bof­bal in Noord-A­me­ri­ka se Ma­jor Le­a­gue te gaan speel voor hy sy been in ’n mo­tor­on­ge­luk ver­loor het.

Eer­der as om in ’n ho­pie te gaan sit, het hy be­gin gholf speel – en selfs al die ver­beel­ding aan­ge­gryp in die Alf­red Dun­hill Links-toer­nooi in S­kot­land.

Meer vol­maak­te ba­lans op ’n gholf­baan sien ’n mens min – en so­wel Pos­ti­go as De los San­tos suk­kel on­danks hul ge­brek nie om die bal reg­uit te slaan nie.

P­fei­fer, die A­me­ri­ka­ner wat Woens­dag die SA Ope ge­wen het, was ’n sol­daat op pa­trol­lie in Irak toe sy lin­ker­been een son­ni­ge A­pril­dag ne­ge jaar ge­le­de van sy lyf ge­ruk is deur ’n bom.

Op pad huis toe, ver­tel hy, het hy ge­dink sy le­we is ver­by. Wie sou hom wou aan­stel? Wat­ter vrou sou trou met ’n man met een been?

Maar gholf, sê hy nou, het sy le­we ge­red. Dit het hom weer ’n doel en ’n ge­voel van mens­waar­dig­heid ge­gee.

“Een van die an­der ou­ens in die hos­pi­taal het al­bei sy be­ne ver­loor, maar wou hê C­had moes saam met hom na die oe­fen­bof om te gaan bal­le slaan.

“Ek het nog vir hom ge­sê nee wat, gholf is ’n sport vir ou man­ne. Maar ek is saam met hom oe­fen­bof toe en die gog­ga het daar ge­byt. Ek het nog nooit te­rug­ge­kyk nie.”

P­fei­fer, wat met ’n kuns­been speel en dus nie sy knie of lin­ker­voet soos ’n “nor­ma­le” spe­ler kan draai nie, ver­goed daar­mee met bru­te krag in sy arms.

En so, hou ná hou, ver­vul hy sy nu­we doel­wit: om an­der te in­spi­reer.

“Ek dink dis be­lang­rik om vir men­se te wys jy kan e­ni­ge te­rug­slae in die le­we oor­kom. Vir my was gholf aan­vank­lik soos te­ra­pie, en nou is dit ’n ma­nier om men­se te her­in­ner dat niks on­moont­lik is nie.”

Die 19-ja­ri­ge Ma­tie C­harl Fou­rie se ge­sa­ment­li­ke vier­de plek het van hom die bes­te Suid-A­fri­ka­ner in die toer­nooi ge­maak – iets wat hy ver­mag het on­ge­ag die uit­da­gings van ar­tro­gripo­se, ’n ge­ne­tie­se siek­te wat al die spie­re en li­ga­men­te in sy lig­gaam styf maak.

“Toe ek be­gin speel het, het men­se vir my ge­sê, dit gaan nie werk nie, jy kan dan nie eens die stok swaai nie. Ek dink ek wou hul­le net ver­keerd be­wys en ek glo ek doen dit steeds.

“Ja, dis ’n groot uit­da­ging, want ek kan nie my skou­ers of heu­pe ro­teer soos an­der men­se nie, maar ons het een­vou­dig vir my ’n u­nie­ke swaai ge­bou om dit te om­seil,” sê Fou­rie.

“Gholf het vir se­ker my le­we ver­an­der,” voeg hy by.

“Dit maak my soe­pe­ler, en as dit nie daar­voor was nie, sou my bo­lyf in­ge­krimp ge­wees het en ek om­trent nie kon loop nie.”

Fou­rie sê hy droom daar­van om een­dag in die Son­skyn­reeks te speel, en te wys geen ag­ter­stand is on­oor­kom­baar nie.

Fo­to: GALLO IMAGES Fo­to: GALLO IMAGES Fo­to: GALLO IMAGES

Ma­nu­el de los San­tos Ju­an Pos­ti­go C­harl Fou­rie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.