Su­net­te en Cas­ter wen in Ka­tar

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

P­re­to­ria. – Die spies­gooi­er Su­net­te Vil­joen en die 800 m-at­leet Cas­ter Se­me­nya het Vry­dag op die eer­ste Di­a­mant­li­ga-at­le­tiek­by­een­koms van die jaar in Doha, Ka­tar, oor­win­nings be­haal.

Vil­joen het die spies­gooi vir vroue met ’n af­stand van 65.15 m ge­wen.

Op haar beurt het Se­me­nya, ’n voor­ma­li­ge O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner en wê­reld­kam­pi­oen in die 800 vir vroue, dié i­tem in 1:58.26 – die vin­nig­ste tyd van­jaar in die wê­reld – ge­wen.

Se­me­nya was ’n paar tree ag­ter die voor­lo­pers toe hul­le in 58.88 ver­by die 400-kerf is.

In die ag­ter­ste pyl­vlak het die Pot­chef­stro­mer be­gin uit­be­weeg en die ga­ping ver­nou. Om die laas­te draai het sy die kra­ne oop­ge­draai en uit­ein­de­lik mak­lik ge­wen.

“Ek voel van­jaar baie goed en is baie ge­fo­kus,” het Se­me­nya ge­sê wat deur die oud-S­pring­bok Je­an Ver­ster af­ge­rig word.

Ter­seus Lie­ben­berg, Vil­joen se af­rig­ter, hou al ge­rui­me tyd vol dit is net ’n kwes­sie van tyd voor­dat al­les vir Vil­joen in plek val.

Din­ge het gis­ter­aand met die eer­ste gooi al vir Vil­joen, brons­me­dal­je­wen­ner op ver­le­de jaar se Wê­reld­kam­pi­oen­skap in Bei­jing, ge­kliek. Vyf van haar ses gooie was ver­der as 63 m.

Vil­joen het haar wen­af­stand met haar eer­ste gooi be­haal en dit toe op­ge­volg met gooie van 64.56, 64.82, 59.57, 63.11 en 63.99.

Dit is die eer­ste keer dat die 32-ja­ri­ge Vil­joen, ’n ve­te­raan van drie O­lim­pie­se S­pe­le, van­jaar oor die 60 m ge­gooi het.

“Dit was fan­tas­ties om die sei­soen só te be­gin. Dit was die i­de­a­le eer­ste gooi,” het Vil­joen ge­sê.

Die Ka­pe­naar Victor Ho­gan het in die dis­kus­gooi vir mans ge­wys die af­stand van 67.62 m wat hy on­langs op die SA kam­pi­oen­skap in S­tel­len­bosch be­haal het, was geen vloek­skoot nie. Hy het met sy der­de gooi gis­ter­aand die dis­kus 65.59 ver laat grond­vat en der­de ge­ëin­dig.

In die 400-hek­kies vir vroue was Wen­da Nel vier­de in 55.17 na­dat sy in die pyl­vak nog in die t­wee­de plek was. Die S­kot Ei­lidh Doy­le se wen­tyd was 54.53.

Nel, wat ver­le­de jaar se­wen­de op die Wê­reld­kam­pi­oen­skap was, het on­langs die SA ti­tel in S­tel­len­bosch in 58.84 ge­wen.

Kort voor Nel het Hla­se­lo Du­mi­sa­ne, wat ook ver­le­de jaar in Bei­jing in ak­sie was, ne­gen­de in die 1 500 vir mans ge­ëin­dig met ’n tyd van 3:60.65 net-net sta­di­ger as die O­lim­pie­se kwa­li­fi­se­ren­de maat­staf van 3:36.00.

An­to­nio Al­ka­na moes in 110hek­kies vir mans met ’n tyd van 13.50 te­vre­de wees na­dat hy oor die t­wee­de hek­kie sy ba­lans ver­loor het. Pie­ter Con­ra­die, Thapelo P­hor, Jon See­li­ger en S­haun de Ja­ger het nie die 4 x 400-af­los vol­tooi nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.