5 vo­lu­mes oor ’n eeu se at­le­tiek De­wald S­teyn wou die ge­skie­de­nis van veld­loop in Suid­A­fri­ka op­te­ken. Hy het eg­ter op so ’n mag­dom in­lig­ting af­ge­kom dat sy stel boe­ke nie net oor veld­loop han­del nie, maar ook oor mid­del­ en lang­af­stand­at­le­tiek en s­tap­w

Beeld - - Sport - Fa­nie van Zyl (476) saam met sy Suid­Trans­vaal­se span­maats Wil­lie Far­rel (480) en Joe Bel­ling­han (479) baie ja­re ge­le­de ty­dens ’n veld­loop­by­een­koms.

In 1903 – die jaar na­dat die Ang­lo Boe­re­oor­log tot ’n ein­de ge­kom het – het Bil­ly Mil­lar die klub S­par­tan Har­riers se eer­ste stap­wed­loop oor 50 myl (80 km) tus­sen Si­mon­stad en Kaap­stad ge­wen.

Drie jaar la­ter was Mil­lar ’n lid van Paul Roos se S­pring­bok­rug­by­span wat in B­rit­tan­je gaan toer het. Se­we jaar la­ter was Mil­lar die S­pring­bok-rug­by­kap­tein.

Dié is een aan van die won­der­li­ke staal­tjies waar­oor S­teyn skryf in dié om­vat­ten­de werk wat uit vyf vo­lu­mes be­staan.

Die ti­tel is His­to­ry of South A­fri­can Cross-Country, Midd­le- and Long-dis­tan­ce Run­ning and Wal­king.

Die boe­ke het let­ter­lik hon­der­de ar­gief­fo­to’s.

Die eer­ste vo­lu­me han­del oor die tyd­perk 1894-1966, die t­wee­de oor dié tus­sen 1967 en 1974, die der­de oor die tyd­perk 1975-1987, die vier­de oor die tyd­perk tus­sen 1988 en 2003 en die vyf­de dié tus­sen 2003 en 2014.

Daar is ook ’n af­son­der­li­ke in­deks met die na­me van al die at­le­te oor wie daar in die boek ge­skryf word.

“Suid-A­fri­kaan­se at­le­tiek het ’n won­der­li­ke ge­skie­de­nis. Ek het nou reeds be­gin om ook die ge­skie­de­nis van baan-en-veld-at­le­tiek op te te­ken,” het S­teyn van­dees­week by sy huis in P­re­to­ria ver­tel.

“Die re­ak­sie uit die at­le­tiek­wê­reld is ver­stom­mend. Ek het al tal­le na­vrae oor die werk ge­kry en die staal­tjies – en fo­to’s – stroom in.”

’n Groep oud-at­le­te, van wie heel­par­ty ná hul uit­tre­de uit at­le­tiek ver­mo­ën­de sa­ke­man­ne ge­word het, het geld ge­skenk om dié pro­jek te ver­we­sen­lik.

Dit het hom vier jaar ge­neem om die werk af te han­del.

Die voor­woord tot die boek is ge­skryf deur prof. Pie­ter La­bu­schag­né wat op sy dag vir on­der an­de­re Zo­la Budd en Ela­na Mey­er af­ge­rig het.

Met die be­kend­stel­ling van die boek ver­le­de week in Cen­tu­ri­on was die oud-S­pring­bok­mid­del­af­stand­at­leet Fa­nie van Zyl die gas­spre­ker.

“Fa­nie is son­der twy­fel die bes­te mid­del­af­stand­at­leet wat SuidA­fri­ka tot nog toe op­ge­le­wer het,” sê S­teyn.

“Daar word ver­tel twee SuidA­fri­ka­ners het in 1972 op die O­lim­pie­se S­pe­le in M­ün­chen die le­gen­da­rie­se Ke­ni­aan­se at­leet Kip Kei­no raak­ge­loop. Toe hul­le hom vra hoe dit voel om die bes­te 1 500 m-at­leet in die wê­reld te wees, het hy ge­ant­woord hy kan nie sê nie, want hy het nog nie teen Fa­nie van Zyl ge­hard­loop nie.

“Die A­me­ri­ka­ner Jim Ryun, O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner in die 1 500 in 1968, het ook met groot lof oor Fa­nie ge­praat.”

Suid-A­fri­ka was des­tyds weens a­part­heid in die po­li­tie­ke woes­tyn en Van Zyl-hul­le kon nie aan die O­lim­pie­se S­pe­le deel­neem nie, hoe­wel hul­le oor­see teen die bes­te kon mee­ding.

S­teyn was eer­ste­span-skrum­ska­kel en se­kre­ta­ris van die Pot­chef­stroom­se U­ni­ver­si­teit (Puk­ke) se rug­by­klub voor­dat hy in 1964 ’n praat­jie van die O­lim­pie­se kam­pi­oen Pe­ter S­nell en Art­hur Ly­di­ard, sy af­rig­ter, in dié dorp by­ge­woon het.

Die vol­gen­de dag het hy sy rug­by­toks vir hard­loop­skoe­ne ver­ruil.

S­nell het die­self­de jaar in Dur­ban die eer­ste mens ge­word wat ’n droom­myl (3:59.6) op Suid-A­fri­kaan­se bo­dem kon hard­loop.

S­teyn was in 1967 op die SA U­ni­ver­si­tei­te-veld­loop­kam­pi­oen­skap t­wee­de ná die S­pring­bok De Vil­liers Lam­precht, die eer­ste Suid-A­fri­ka­ner wat ’n droom­myl kon hard­loop.

Hy het Suid-A­fri­ka die­self­de jaar in ’n veld­loop­by­een­koms teen die eer­tyd­se R­ho­de­sië ver- teen­woor­dig.

Agt jaar la­ter was S­teyn die eer­ste nu­we­ling oor die eind­streep in die Com­ra­des. Dees­dae tree hy on­der meer op as in­ter­na­si­o­na­le a­gent vir at­le­te uit on­der meer Zim­bab­we, Ke­nia en E­thi­o­pië.

S­teyn skryf hoe­wel die eer­ste SA at­le­tiek­kam­pi­oen­skap in 1894 ge­hou is, is daar nie e­ni­ge be­wys van swart at­le­te se deel­na­me aan kam­pi­oen­skap­pe tot en met 1948 nie.

In daar­die jaar het die Na­si­o­na­le Par­ty aan die be­wind ge­kom. Die SA Ban­toe A­ma­teur At­le­tiek- en Fiets­ry-fe­de­ra­sie het die jaar daar­na tot stand ge­kom.

Vol­gens S­teyn is die vroeg­ste uit­slae van dié fe­de­ra­sie se kam­pi­oen­skap­pe waar­op hy sy han­de kom lê, dié van 1961.

Die eer­ste swart Suid-A­fri­ka­ner wat ’n SA re­kord ge­hou het, was Humphrey K­ho­si wat in 1964 Tok­kie Pe­ters se re­kord van 1:50.1 in die 880 treë tot 1:48.9 ver- be­ter het.

Wat baie men­se waar­skyn­lik nie weet nie, is dat K­ho­si en Be­no­ni Ma­la­ka die­self­de jaar ge­kies is om aan die O­lim­pie­se S­pe­le in To­kio deel te neem.

Die re­ge­ring van Ja­pan het weens die a­part­heids­be­leid in Suid-A­fri­ka ge­wei­er om SuidA­fri­kaan­se sport­man­ne en vroue in dié land toe te laat.

Op daar­die jaar se SA kam­pi­oen­skap vir wit­tes het die ein­ste Pe­ter S­nell die 880-treë in 1:50.4 ge­wen.

Op sy beurt het K­ho­si op die kam­pi­oen­skap vir swart at­le­te wat in Ma­me­lo­di, oos van die stad, ge­hou is, dié i­tem in 1:48.7 ge­wen.

Die stel boe­ke is ’n on­uit­put­li­ke fon­tein van in­lig­ting vir die at­le­tiek­fyn­proe­wer.

) Die stel boe­ke kos so­wat R1 380 per stel – af­han­gen­de van die pos­geld.

Die boe­ke kan be­stel word by Groep 7 Druk­kers en Uit­ge­wers. Die e-pos-a­dres is e­pos@groep7. co.za en die web­werf: www.groep7.co.za.

Dit kan ook by S­teyn ge­koop word by de­walds@wor­l­don­li­ne. co.za. Bel hom by 082 442 1860.

Fo­to: DEAAN VIVIER

De­wald S­teyn

Bil­ly Mil­lar, wat eers as at­leet naam ge­maak het voor­dat hy in 1906 ’n S­pring­bok­rug­by­spe­ler ge­word het. Hy was la­ter ook ’n S­pring­bok­rug­by­kap­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.