Haaie moet skop, skop, skop

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Die Haaie sal van­mid­dag hier op Kings­park so min moont­lik rug­by wil speel in hul stre­we om die Hur­ri­ca­nes te klop in ’n Su­per-wed­stryd.

Be­ast M­ta­wa­ri­ra se span speel nie net om sy eie eer nie, maar ver­de­dig die eer van Suid-A­fri­kaan­se rug­by teen die oor­mag van Nieu-See­land.

Geen Suid-A­fri­kaan­se span kon al van­jaar ’n tuis­wed­stryd teen ’n Nieu-See­land­se teen­stan­der wen nie.

Die Leeus het twee keer tuis teen on­der­skei­de­lik die Cru­sa­ders en Hur­ri­ca­nes ver­loor; die Haaie het slae ge­kry teen die Cru­sa­ders en die Kings het teen die C­hiefs ver­loor.

Van die ne­ge wed­stry­de wat Suid-A­fri­kaan­se span­ne al van­jaar teen Ki­wi-teen­stan­ders ge­speel het, het die Suid-A­fri­ka­ners net in twee se­ë­vie­rend uit die stryd ge­tree. Dit was die Leeus wat in Ha­mil­ton die C­hiefs ge­klop het en die Haaie wat in Du­ne­din baas was teen die High­lan­ders.

Wat moet die Haaie dus van­dag doen om bo uit te kom teen die Hur­ri­ca­nes?

Dit klink baie vreemd om te sê, maar hul­le moet so min moont­lik rug­by speel. Dus, streef na ’n ver­ve­li­ge oor­win­ning. Dit sal ’n ge­val wees van skop, skop, en nog­maals skop om se­ker te maak die Hur­ri­ca­nes word in hul eie half­ge­bied vas­ge­pen.

Die plan moet wees om die ’Ca­nes te ver­smoor en met krag­da­di­ge ver­de­di­ging te stuit.

Krag­da­di­ge ver­de­di­ging is iets waar­op die Haaie flo­reer. Hul­le het tot dus­ver die min­ste drieë in die reeks (15) af­ge­staan, maar ook die t­wee­de min­ste (17) in hul ne­ge wed­stry­de ge­druk.

S­legs die Aus­tra­lie­se melk­koei, die For­ce (11) het min­der drieë as die Haaie ge­druk.

Hoe­kom druk die Haaie so min drieë?

Hul­le het een­vou­dig nie e­ni­ge rit­me in die mid­del­veld nie, waar tal­le be­we­gings dood­loop by An­dré Ester­hui­zen.

Hy is groot en sterk en kan teen­stan­ders tromp­op loop en stuit, maar hy het nie die ver­moë om skep­pend op die aan­val te wees nie.

Hy ver­sprei die bal ook nie goed nie en daar­om staan die spe­lers aan sy bui­te­kant dik­wels en koud­kry.

Dit is ook as­of die Haaie nie ge­noeg ver­troue het in hul ver­moë om fa­se ná fa­se af te dwing en die bal le­wen­dig te hou vir die ga­te om te ver­skyn nie.

Wat sê die af­rig­ter, Ga­ry Gold, van die si­tu­a­sie waar­in sy span hom be­vind?

“Al het ons in Nieu-See­land na­by daar­aan ge­kom om die wed­stry­de te wen wat ons wel ver­loor het, glo ek nie daar­in om ‘goeie ne­der­lae’ te vier nie.

“Ek is te­vre­de met die ka­rak­ter wat die span ge­toon het, maar nie met die uit­slae nie.

“Ek wil nie die jong ou­ens se on­der­ne­mings­gees on­der­druk nie. As die kans daar is om te speel, moet hul­le dit kan doen. Ons moet net meer kli­nies wees en nie so baie fou­te be­gaan nie.

“Die be­lang­rik­ste sal wees om hul­le te keer om drieë te druk. Ons moet net een­vou­dig hul rit­me ver­steur,” het Gold ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.