Al­lis­ter kry Matt dalk

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Die S­pring­bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, be­gin Maan­dag by die Leeus in Jo­han­nes­burg om met uit­ge­soek­te Su­per­rug­by-spe­lers oor sy planne vir Ju­nie se toets­reeks teen Ier­land te ge­sels.

Boon­op lyk die kan­se goed dat hy Matt Proud­foot by sy be­stuur­span sal kan voeg.

Proud­foot, vir et­li­ke sei­soe­ne Coet­zee se voor­spe­le­raf­rig­ter by die S­tor­mers en We­s­te­li­ke Pro­vin­sie, is gis­ter bui­te die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) se kan­to­re in Plat­te­kloof op­ge­merk.

Daar was nog nie ’n aan­kon­di­ging dat hy van sy kon­trak met die Ko­be Ko­bel­co S­tee­lers in Ja­pan vry­ge­stel is nie, maar dis waar­skyn­lik ’n for­ma­li­teit.

Coet­zee kon gis­ter ook ’n sug van ver­lig­ting slaak na­dat Fran­cois Louw on­skul­dig be­vind is op ’n klag dat hy “met Court­ney La­wes se oog­a­rea kon­tak ge­maak het”.

Louw, wat vir Bath speel, se hand het in ’n wed­stryd teen die Northamp­ton Saints ver­le­de Sa­ter­dag in La­wes se ge­sig be­land toe hy hom pro­beer af­stamp het.

Die 30-ja­ri­ge Louw is glo in Coet­zee se planne vir die reeks teen Ier­land.

In Suid-A­fri­ka het Coet­zee ’n hand­vol spe­lers by al die fran­chi­se-span­ne ge­ï­den­ti­fi­seer wat hy moont­lik in ’n groep van 36 vir die reeks teen Ier­land kan kies.

Die Bok-groep trek op 29 Mei in S­tel­len­bosch saam.

Coet­zee het on­langs ge­sê hy wil nie oe­fen­kam­pe ge­du­ren­de die Su­per-reeks hou nie. Hy gaan bloot met spe­lers wat hy oor­weeg oor sy fi­lo­so­fie en as­pek­te rond­om sy wed­stryd­plan praat. Spe­lers sal ook “huis­werk” kry.

“Dit be­te­ken dat spe­lers nie weer heel­te­mal van hul fran­chi­se weg­ge­neem sal word nie. Ek wil hê hul­le moet met ver­troue in S­tel­len­bosch vir ons voor­be­rei­ding aan­meld.”

. Coet­zee be­soek die Leeus op 9 Mei, die C­hee­tahs ’n dag la­ter en op 11 Mei doen hy in die Baai by die Kings aan. Die Bul­le (16/05), Haaie (17/05) en S­tor­mers (19/05) kom la­ter aan die beurt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.