Al­mal wil nou P­let toe trek

Beeld - - Huisgids - Li­net­te Re­tief Bel Ke­vin En­gels­man van Seeff P­let­ten­berg Bay by 044 533 0311 of 082 229 8069 of be­soek seeff.com vir meer in­lig­ting.

P­let­ten­berg­baai word nou as een van die voor­ste drie ei­en­doms­lig­gings in Suid-A­fri­ka be­skou, naas Kaap­stad se At­lan­tie­se kus­lyn en Sand­ton in Jo­han­nes­burg.

Dit is vol­gens die jong­ste New Wor­ld We­alth Sur­vey van wel­ge­stel­de voor­ste­de wat in sa­me­wer­king met Mas­terCard on­der­neem is.

Ke­vin En­gels­man, Seeff-li­sen­sie­hou­er in P­let­ten­berg­baai, sê die on­der­soek toon dat 260 mil­joe­nêrs tans ’n t­wee­de hui­se in P­let be­sit, waar­van 120 meer as R20 mil­joen werd is. Dit is die hoog­ste ge­tal hui­se teen hier­die ge­raam­de pry­se bui­te Kaap­stad en Jo­han­nes­burg.

P­let­ten­berg­baai trek baie aan­dag en dit het die ei­en­doms­mark ’n hup­stoot ge­gee, sê En­gels­man. Met die uit­son­de­ring van ’n toe­na­me in die vraag na meer eien­dom­me in die meer be­kos­tig­ba­re ka­te­go­rie van min­der as R5 mil­joen en R10 mil­joen, is daar geen af­na­me in die al­ge­me­ne vraag nie.

Seeff het by­voor­beeld van­af No­vem­ber 2015 tot Fe­bru­a­rie van­jaar ei­en­dom ter waar­de van R132 mil­joen ver­koop; twee keer meer as in die oor­een­stem­men­de tyd­perk ver­le­de jaar.

Ter­wyl die meer­der­heid van die ver­koop s ak­ti­wi­teit steeds in die prys­ka­te­go­rie van min­der as R2 mil­joen plaas­vind, het 20% van al­le ak­ti­wi­teit bo die R5 mil­joen-tot-R10 mil­joen-ka­te­go­rie plaas­ge­vind. Dit is merk­waar­dig, ver­al as ’n mens in ag neem dat baie min eien­dom­me vyf jaar ge­le­de meer as R5 mil­joen ge­haal het, sê En­gels­man.

Be­wust­heid van P­let­ten­berg­baai as ’n ge­sog­te kus­be­stem­ming groei hand oor hand en ko­pers en be­soe­kers van oor die wê­reld heen toon be­lang­stel­ling.

P­let­ten­berg­baai se toe­ris­me­bu­ro doen voor­tref­li­ke werk met die be­vor­de­ring van die dorp, in­slui­tend die be­vor­de­ring van ’n er­ken­de wyn­roe­te met 12 wyn­land­goe­de­re waar­van baie van hul­le wyn-en kos proe ge­leent­he­de bied.

Daar is ook’ n wye ver­skei­den­heid ont­span­nings ak­ti­wi­tei­te wat al­les van na­tuur­re­ser­va­te tot die ri­vier en o­se­aan in­sluit.

Son­skyn die he­le jaar deur en ma­ti­ge win­ters maak van P­let ’n ge­wil­de keu­se vir aftreeko­pers, sê En­gels­man.

Dees­dae is dit ook mak­li­ker om soon­toe toe te vlieg. Week­lik­se vlug­te na en van­af Jo­han­nes­burg en Kaap­stad be­te­ken P­let­ten­berg- baai is ge­rief­lik na­by.

Die so­mer was be­sig en tot dus­ver word die mo­men­tum vol­ge­hou, sê En­gels­man.

“Seeff se jaar­lik­se Li­fe­sty­le Pro­per­ty Port­fo­lio-bro­sju­re, was be­son­der ge­wild on­der ons kli­ën­te en ons het in die loop van die so­mer 29 eien­dom­me ver­koop.”

On­danks die feit dat P­let nou in die­self­de hoë ka­te­go­rie as die At­lan­tie­se kus­lyn en Sand­ton val, sê En­gels­man dat die dorp steeds puik waar­de vir geld bied, iets waar­van ver­nuf­ti­ge ko­pers deeg­lik be­wus is.

Pry­se het die laas­te paar jaar baie kon­ser­wa­tief ge­styg teen so- wat 2% bo die ver­brui­kers­prys­in­deks en ei­en­doms­pry­se is steeds be­trek­lik laag en be­kos­tig­baar.

Vol­gens die jong­ste Pri­va­te Pro­per­ty-da­ta is die ge­mid­del­de prys vir ’n twee­slaap­ka­mer­woon­een­heid R1 mil­joen en vir ’n drie­slaap­ka­mer­woon­een­heid so­wat R1,5 mil­joen.

’n Drie­slaap­ka­mer­huis sal vir so­wat R2,43 mil­joen be­mark word en ’n vier­slaap­ka­mer­huis vir so­wat R4,17 mil­joen.

In werk­lik­heid, sê En­gels­man, kan jy eg­ter ’n prag­ti­ge twee­slaap­ka­mer­woon­een­heid vir so­wat R600 000 op­raap en ’n huis vir heel­wat min­der as R2 mil- joen. Daar is ook heel­wat er­we te koop vir on­der R400 000 en jy kan dalk selfs ’n o­se­aan- of ri­vier­uit­sig­kry vir min­der as R600 000.

Voor­ne­men­de ko­pers van weel­de­hui­se vir wie die At­lan­tie­se kus ’n bie­tjie be­sig is, kyk toe­ne­mend na P­let – en waar­om nie? Die dorp spog met ’n puik see­lig­ging, as­ook uit­ste­ken­de in­fra­struk­tuur, in­slui­tend uit­mun­ten­de kom­mu­ni­ka­sie en web­ver­bin­ding. Daar is boon­op baie goeie o­pen­ba­re en pri­vaat sko­le. )

Be­wust­heid van P­let as ’n ge­sog­te kus­be­stem­ming groei hand oor hand en ko­pers en be­soe­kers van oor die wê­reld heen toon be­lang­stel­ling.

Regs: Hier­die luuk­se vil­la is vir R10 mil­joen deur Seeff ver­koop. Op die fo­to bo kan die prag­uit­sig waar­mee die ei­en­dom spog, ge­sien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.