Die bo­se Gi­ta groet die Laan

Beeld - - Front Page - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Jo da Sil­va sê dit is met spyt en ná heel­wat self­on­der­soek dat sy 7de Laan ver­laat.

Die ak­tri­se het gis­ter­mid­dag op Fa­ce­book ge­sê sy het ge­hoop om die nuus dat sy die se­pie gaan ver­laat, nog vir ’n ruk­kie stil te hou, want sy is nie ie­mand wat van “’n bo­haai” hou nie.

“Dit is tyd vir ’n nu­we be­gin en nu­we a­von­tu­re.”

Da Sil­va het haar aan­han­gers be­dank vir hul on­der­steu­ning deur die ja­re. Sy het die rol van die 7de Laan- feeks Gi­ta M­cG­re­gor so­wat agt jaar lank ver­tolk.

“Gi­ta, 7de Laan en al die aan­han­gers sal al­tyd ’n spe­si­a­le plek in my hart hê.”

Ro­sa-Ma­ri Eras­mus, woord­voer­der van 7de Laan, het be­ves­tig dat Da Sil­va van ein­de van­dees­maand nie meer heel- tyds by 7de Laan be­trok­ke sal wees nie na­dat dit in uit­spraak­do­ku­men­te van die Uit­saai­klag­te­kom­mis­sie van Suid-A­fri­ka aan die lig ge­kom het dat sy die se­pie gaan ver­laat.

“Ons het nog nie ’n pre­sie­se da­tum be­skik­baar van wan­neer haar laas­te e­pi­so­de gaan wees nie, maar sy ver­film nog tot die ein­de van die maand.”

Vol­gens Eras­mus wil Da Sil­va haar by haar dog­ter, wat in die Kaap stu­deer, gaan aan­sluit.

Dit is nog nie be­kend hoe Gi­ta die se­pie gaan ver­laat nie.

“Maar dit is nie dat sy nooit weer gaan te­rug­keer nie. Jo het in­ge­stem om vir nog sto­rie­ly­ne in die toe­koms te­rug te keer,” sê Eras­mus.

Da Sil­va was nie be­skik­baar vir kom­men­taar nie.

’n Vol­le­di­ge on­der­houd oor haar be­sluit word in Ju­nie se uit­ga­we van Sarie ge­pu­bli­seer.

Jo da Sil­va

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.