Po­li­sie moet op­dok na­dat hul­le vrou sleg be­han­del

R30 000 oor hoe hul­le vrou be­han­del

Beeld - - Front Page - Ni­co Gous

Die po­li­sie moet R30 000 aan ’n vrou van Cen­tu­ri­on be­taal na­dat sy on­reg­ma­tig in heg­te­nis ge­neem en aan­ge­hou is.

Die twee par­tye het ’n skik­king bui­te die hof be­reik. Vol­gens die skik­king moet die po­li­sie die geld bin­ne 30 dae aan Ma­ris­ka Batt (26) be­taal. Hul­le moet ook haar regs­kos­te be­taal.

Sy voel steeds ef­fe angs­tig en kwaad wan­neer sy deur ’n pad­ver­sper­ring ry.

“Ek is baie ver­lig dis uit­ein­de­lik ver­by,” het sy bui­te die hof ge­sê.

Batt, ’n ska­kel­be­amp­te van A­friForum, het in A­pril 2015 in die ver­keer­de rig­ting in ’n een­rig­ting­straat in Cen­tu­ri­on ge­ry.

Sy het ge­sê dit was “stik­don­ker” en sy was iet­wat ver­bou­e­reerd. Sy het so­wat 10 m in die ver­keer­de rig­ting in Len­chen­laan ge­ry.

’n Aan­ko­men­de mo­tor het haar ge­waar­sku. Sy het da­de­lik om­ge­draai, ’n po­li­sie­voer­tuig ge­sien en stil­ge­hou.

Een van die twee po­li­sie­le­de het ge­sê sy is ’n “mis­da­di­ger” wat an­der se dood ver­oor­saak.

Hy het toe met haar mo­tor na die Lyt­tel­ton-po­li­sie­kan­toor ge­ry met haar foon op ’n pas­sa­sier­sit­plek.

Sy is so­wat 2½ uur in ’n don­ker sel by die Gars­fon­tein-po­li- sie­kan­toor aan­ge­hou. Sy het baie ge­huil. Daar­na het die po­li­sie­le­de eers draaie met haar in die P­re­to­ri­a­se mid­de­stad ge­ry voor­dat hul­le haar na Lyt­tel­ton te­rug­ge­bring het.

Batt sê sy het nie nag­mer­ries nie, maar het ’n wan­troue in die po­li­sie ont­wik­kel.

“As ek nou ry, is ek baie ver­sig­tig. As ek hul­le (die po­li­sie) e­nig­sins sien, dan pro­beer ek e­ni­ge kon­tak so­ver as moont­lik ver­my.”

Batt sê sy weet al­le po­li­sie­le­de kan nie oor die die­self­de kam ge­skeer word nie.

Ron­nie Oel­ler­mann en ao. M.S. Ra­lus­wing­wa, die be­trok­ke po­li­sie­le­de, het Batt nie per­soon­lik om ver­sko­ning ge­vra nie. ’n Po­li­sie­vrou het haar wel ge­kon­tak.

“Sy het ge­sê ek moet ver­staan dat die po­li­sie se werk stres­vol is en dat hul­le ook moeg is en dan soms fou­te maak.”

Batt is nog on­se­ker wat pre­sies sy met die R30 000 gaan doen, maar oor­weeg om die­ge­ne wat haar on­der­steun het, te be­derf.

“Ek dink ek sal vir al­mal wat ge­help het en wat tot in die vroeë og­gend­u­re daar was, vat vir ’n ete of wyn.”

Fo­to: THEANA BREUGEM

Ma­ris­ka Batt en Nan­tes Kel­der, A­friForum se hoof van on­der­soe­ke, bui­te die P­re­to­ri­a­se land­dros­hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.