Lui­perds se ha­bi­tat al hoe klei­ner

Be­vol­king flo­reer nie, vol­gens na­vor­sing

Beeld - - Front Page - El­sa­bé B­rits

Lui­perds het wê­reld­wyd 75% van hul his­to­rie­se ha­bi­tat ver­loor, toon die eer­ste om­vat­ten­de stu­die in sy soort wat al ne­ge sub­spe­sies van dié roof­dier be­trek het.

Dié na­vor­sing deur vier in­ter­na­si­o­na­le groe­pe is pas in die vak­tyd­skrif PeerJ be­kend ge­maak.

In 1750 het lui­perds nog reg­deur A­fri­ka, die Mid­de-Oos­te en A­sië voor­ge­kom in ’n ge­bied wat 35 mil­joen km² be­slaan het, maar dit het tot so­wat 8,5 mil­joen km² ge­krimp.

Lui­perds word nou deur toe­ne­men­de be­drei­gings in die na­tuur in die ge­sig ge­staar – en ses van die ne­ge sub­spe­sies is on­der druk.

Dr. Lu­ke Dol­lar, me­de­na­vor­ser en pro­gram­di­rek­teur van Na­ti­o­nal Ge­o­graphic se Big Cats I­ni­ti­a­ti­ve, het in ’n ver­kla­ring ge­sê die ge­heim­sin­ni­ge aard van dié die­re, en om­dat van hul­le soms nog raak­ge­sien word bui­te groot ste­de soos Mum­bai en Jo­han­nes­burg, lei tot wan­op­vat­tings. Dit laat men­se dink dat die lui­perd­be­vol­king flo­reer, ter­wyl dit glad nie die ge­val is nie. Dit ver­keer on­der druk.

Al hoe meer grond word vir boer­de­ry en ont­wik­ke­ling ge­bruik, hul na­tuur­li­ke prooi word min­der en die on­wet­ti­ge han­del in lui­perd­pro­duk­te en on­wet­ti­ge tro­fee­jag dra al­les by.

Selfs wet­ti­ge tro­fee­jag, wat in som­mi­ge ge­val­le nie vol­hou­baar toe­ge­pas word nie, dra by tot da­len­de sy­fers.

In Noord-A­fri­ka, die Mid­deOos­te en plek­ke in C­hi­na het die lui­perd se ha­bi­tat op plek­ke met tot 98% ge­krimp.

Hoe­wel dit in Sui­der-A­fri­ka be­ter lyk (sien gra­fi­ka), het lui­perds his­to­ries oor die he­le streek voor­ge­kom en dit is nie meer die ge­val nie.

Vol­gens dr. Andrew Ja­cob­son, hoof­na­vor­ser aan die Lon­don Zool­o­gi­cal In­s­ti­tu­te, teel lui­perds eg­ter goed aan as hul­le e­ko­lo­gies be­skerm word.

As hul­le dus be­skerm word, kan die si­tu­a­sie om­ge­keer word, ver­al in C­hi­na en die Ara­bie­se S­kier­ei­land.

Fo­to: JO­SEPH LEMERIS

Die lui­perd het meer as 75% van sy his­to­rie­se ha­bi­tat ver­loor, toon die jong­ste na­vor­sing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.