Af­tre­de: Dink nuut oor an­nu­ï­tei­te

’n Kom­bi­na­sie van soor­te an­nu­ï­tei­te dalk ’n vei­li­ger keu­se

Beeld - - Front Page - HAN­LIE S­TAD­LER

Dit kan ’n plan wees om te be­re­ken wat­ter ge­waar­borg­de in­kom­ste jy no­dig het en die no­di­ge geld daar­voor aan ’n ge­waar­borg­de an­nu­ï­teit te be­stee en dan e­ni­ge geld wat jy “sur­plus” het, in ’n mark­ver­wan­te le­wensan­nu­ï­teit te be­lê.

Daar is ’n on­ge­luk aan die ge­beur – maar an­ders as ’n trein­on­ge­luk, ge­beur dit stil-stil. Dié on­ge­luk is dat baie men­se wat hul af­tree­geld wat in so­ge­naam­de le­wen­de an­nu­ï­tei­te be­lê het, lan­ger as hul geld leef, sê De­an Moo­re, uit­voe­ren­de hoof van Just Re­ti­re­ment Suid-A­fri­ka.

Just Re­ti­re­ment SA, ’n fi­li­aal van ’n B­rit­se maat­skap­py, het in Au­gus­tus 2015 in Suid-A­fri­ka be­gin sa­ke doen. Die fir­ma ver­skaf s­legs ge­waar­borg­de an­nu­ï­tei­te en sou dus daar­van be­skul­dig kon word dat hy be­voor­oor­deeld is téén le­wen­de an­nu­ï­tei­te.

Maar die­self­de bood­skap klink ook op van ba­te­be­stuurs­fir­mas wat le­wen­de an­nu­ï­tei­te ver­koop en van fi­nan­si­ë­le ad­vi­seurs wat hul kli­ën­te hoe ou­er hoe ar­mer sien word. Rol­spe­lers in die af­tree­be­dryf het ver­skil­len­de i­dees oor die oor­saak van die pro­bleem en stel ook ver­skil­len­de op­los­sings voor, maar daar is ’n goue draad wat deur ver­skeie voor­leg­gings loop wat Sa­ke die af­ge­lo­pe ruk by­ge­woon het, naam­lik dat daar nu­we pro­duk­te op die mark is wat die voor­de­le van so­wel le­wen­de as ge­waar­borg­de an­nu­ï­tei­te by­een­trek – en wat dus kan keer dat men­se lan­ger leef as hul geld.

Breë de­fi­ni­sies

Le­de van vas­te­by­drae-pen­si­oen­fond­se of uit­tree-an­nu­ï­tei­te word wet­lik ver­plig om met af­tre­de twee der­des van hul af­tree­geld te ge­bruik om vir hul­le ’n af­treepro­duk te koop waar­uit hul pen­si­oen be­taal word.

San­lam het pas in sy Ben­ch­mark Sur­vey – ’n om­vat­ten­de stu­die van wat in die af­tree­be­dryf aan­gaan – tot die ge­volg­trek­king ge­kom dat pen­si­oen­trek­kers nie ver­staan wat­ter soort pro­duk hul­le be­sit nie. ’n Groot per­sen­ta­sie dink hul­le het ’n ge­waar­borg­de an­nu­ï­teit ge­koop, ter­wyl die be­dryf­sy­fers toon die mees­te het eint­lik in le­wen­de an­nu­ï­tei­te be­lê.

B­reed­weg ge­sien kan on­der­skei word tus­sen dié twee ka­te­go­rieë:

) Le­wen­de an­nu­ï­tei­te, of­te­wel be­leg­gings­ge­kop­pel­de le­wen­de an­nu­ï­tei­te (En­gels: il­las), is wan­neer jy self kies hoe jy jou af­tree­geld be­lê (daar is se­ke­re voor­skrif­te, soos ’n mak­si­mum van 75% in aan­de­le). Jy kies ook self el­ke jaar hoe­veel ka­pi­taal jy ont­trek (wet­lik ’n mi­ni­mum van 2,5% per jaar en ’n mak­si­mum van 17% per jaar).

Met ’n le­wen­de an­nu­ï­teit het jy ’n in­kom­ste so lank as wat die geld hou, wat af­hang van met hoe­veel jy be­gin, wat­ter op­brengs jy ver­dien en hoe­veel geld jy ont­trek.

) Ge­waar­borg­de an­nu­ï­tei­te, ook be­kend as le­wensan­nu­ï­tei­te (En­gels: li­fe annui­ty), is wan­neer jy jou af­tree­geld vir ’n ver­se­ke­rings­fir­ma gee in ruil vir ’n ge­waar­borg­de in­kom­ste, wat voor­af be­paal word (met of son­der in­fla­sie­ver­wan­te sty­gings en ’n ge­waar­borg­de in­kom­ste vir jou ga­de), en wat voort­duur tot­dat jy of die langs­le­wen­de ga­de sterf.

Waar­om raak men­se se geld op?

Die Ben­ch­mark Sur­vey het be­vind dat werk­ge­wers en werk­ne­mers al­te­sa­me 14% van men­se se sa­la­ris tot pen­si­oen­fond­se by­dra, wat nie ver is van die mi­ni­mum van 15% wat ont­le­ders aan­be­veel nie.

Die gro­ter pro­bleem is dat min­stens 27% van men­se dié geld laat uit­be­taal wan­neer hul­le van werk ver­an­der of af­ge­lê word en dat ’n groot per­sen­ta­sie men­se ook met af­tre­de die toe­ge­la­te der­de kon­tant laat uit­keer. Vol­gens die Ben­ch­mark Sur­vey het 21% van men­se wat laas­ge­noem­de doen, dié geld bin­ne ses maan­de ná af­tre­de be­stee en die res bin­ne vyf jaar ná af­tre­de – hoof­saak­lik aan kort­ter­myn­skuld en leef­styluit­ga­wes.

Die ge­volg is dat net 14% van men­se hul le­wens­peil kan vol­hou ná af­tre­de.

Ver­keer­de op­sies

Be­ne­wens dat men­se met te min geld be­gin, sê Moo­re te veel men­se kies met af­tre­de die “ver­keer­de” op­sie.

Just Re­ti­re­ment het men­se in ’n pei­ling ge­vra wat hul groot­ste be­hoef­te is – om vir die res van hul le­we ’n ge­waar­borg­de in­kom­ste te kry of om self hul geld te be­lê, we­tend dat hul in­kom­ste kan styg én daal en dalk nie le­wens­lank sal hou nie.

Ge­ge­we hoe die vraag ge­stel is, is dit hoe­ge­naamd geen ver­ras­sing nie dat 86% van re­spon­den­te ’n ge­waar­borg­de in­kom­ste ver­kies het. En tog kies meer as 90% van men­se juis die op­sie són­der waar­borg – le­wen­de an­nu­ï­tei­te, vol­gens die Ver­e­ni­ging vir S­paar en Be­leg­gings (A­si­sa).

Dat men­se le­wen­de an­nu­ï­tei­te kies, is nie ál pro­bleem nie – men­se be­lê dan ook te kon­ser­wa­tief (in by­voor­beeld ren­te­dra­en­de pro­duk­te) om­dat hul­le hul ka­pi­taal tot el­ke prys wil be­skerm, of hul­le ont­trek te veel geld. A­si­sa be­re­ken dat pen­si­oen­trek­kers ge­mid­deld 6,59% van hul ka­pi­taal per jaar ont­trek, ter­wyl 5% be­skou word as vei­li­ger om te ver­se­ker dat hul geld nie op­raak nie.

Moo­re glo dat men­se met min­der as R2,2 mil­joen se af­tree­geld vei­li­ger is as hul­le ’n ge­waar­borg­de an­nu­ï­teit kies.

Oor hoe­kom men­se die gro­ter ri­si­ko van le­wen­de an­nu­ï­tei­te kies, lê Jus­ti­ne Wy­att, Just Re­ti­re­ment se hoof van reg­sa­ke en vol­doe­ning, die skuld vier­kant voor die deur van fi­nan­si­ë­le tus­sen­gan­gers (raad­ge­wers, ma­ke­laars en be­plan­ners).

Sy sê die mees­te tus­sen­gan­gers ver­dui­de­lik ge­woon nie vir men­se al die op­sies tot hul be­skik­king nie.

Sy gaan selfs ver­der en sê dit is om­dat tus­sen­gan­gers deur­lo­pend kom­mis­sie op le­wen­de an­nu­ï­tei­te kan ver­dien – ter­wyl hul­le ’n een­ma­li­ge kom­mis­sie ver­dien wan­neer hul­le ’n ge­waar­borg­de an­nu­ï­teit ver­koop.

Wen­kom­bi­na­sies

Voor­dat jy dus met af­tre­de jou an­nu­ï­teit kies, be­hoort jy om­vat­ten­de ad­vies in te win – en se­ker maak dit is werk­lik on­af­hank­li­ke en ge­ba­lan­seer­de ad­vies – om­dat dit nie tot jou voor­deel is om van pro­duk te ver­an­der nie (en jy in elk ge­val nie kán ver­an­der as jy ’n ge­waar­borg­de pro­duk ge­koop het nie).

Van die nu­wer be­na­de­rings en nu­we pro­duk­te op die mark wat min­stens ’n ge­sprek ver­dien, is dié wat vir jou ’n kom­bi­na­sie van ’n ge­waar­borg­de in­kom­ste en ’n be­leg­gings­ge­kop­pel­de in­kom­ste gee.

Gla­cier van San­lam het on­langs ’n so­ge­naam­de be­leg­gings­ge­kop­pel­de le­wens­lan­ge in­kom­ste­plan (il­li) be­kend ge­stel. In dié pro­duk kry jy nie ’n ge­waar­borg­de in­kom­ste (be­drag) nie, maar ’n ge­waar­borg­de aan­tal een­he­de in ’n be­leg­gings­por­te­feul­je. Jy kies self die on­der­lig­gen­de be­leg­gings, net soos in ’n il­la. En nes in ’n il­la kan dit ge­beur dat die waar­de van jou por­te­feul­je – en dus jou in­kom­ste – styg of daal. Die groot ver- skil is dat jy vir die res van jou le­we (en dié van jou ga­de, as jy daar­die op­sie kies) die waar­borg het dat jy daar­die een­he­de sal kry.

“Met-wins”-ge­waar­borg­de an­nu­ï­tei­te is nog ’n be­trek­lik nu­we lek­ker in die pak­kie af­treepro­duk­te (en Gla­cier se il­li bied dit ook aan). Dié bo­nus­se word be­taal in­dien ’n por­te­feul­je be­ter as ver­wag vaar en word dan bo en be­hal­we jou ge­waar­borg­de in­kom­ste uit­be­taal.

Die pro­bleem met die mees­te pro­duk­te wat “wins­bo­nus­se” aan­bied, soos die Ben­ch­mark Sur­vey te­reg uit­wys, is dat be­ta­lings in ’n soort “swart boks” is – nie­mand be­ne­wens die ak­tu­a­ris­se weet hoe die bo­nus­se be­re­ken word nie en dit is meest­al heel­te­mal dis­kre­si­o­nêr, wat vir be­leg­gers geen waar­borg gee dat hul­le wel ’n bo­nus sal kry nie, selfs al vaar die be­leg­gings goed.

Just Re­ti­re­ment se nu­we pro­duk, ’n so­ge­naam­de ver­be­ter­de met-wins-an­nu­ï­teit ( en­han­ced with-pro­fit annui­ty) kap die swart boks oop en wys pre­sies hoe die bo­nus­se be­re­ken word.

Maar die pro­duk is ook an­ders om­dat dit – in die pas met Just Re­ti­re­ment se he­le sa­ke­mo­del – nie net jou ou­der­dom en ge­slag in ag neem nie, maar ook kyk na jou al­ge­me­ne ge­sond­heid en ’n le­wens­ver­wag­ting uit­werk wat spe­si­fiek op jou van toe­pas­sing is pleks van die een-groot­te­pas-al­mal-be­na­de­ring wat an­der ver­se­ke­raars volg.

Just Re­ti­re­ment se na­vor­sing wys dat hul­le vir 40% van men­se ’n ge­waar­borg­de in­kom­ste kan gee wat tus­sen 10% en 30% ho­ër is as dié van an­der ver­se­ke­raars. (Hoe sie­ker jy is en dus hoe kor­ter jou le­wens­ver­wag­ting, hoe ho­ër sal jou in­kom­ste wees.)

Nog ’n nu­we be­na­de­ring, en een wat Just Re­ti­re­ment self aan­be­veel – selfs al sal dit geld weg­voer van hul eie pro­duk­te – is dat men­se hul af­tree­be­leg­gings soos “bou­blok­ke” be­na­der en nié al­les in óf ’n ge­waar­borg­de óf ’n be­leg­gings­ge­kop­pel­de an­nu­ï­teit be­lê nie.

Die maat­skap­py be­re­ken dat men­se wat 50% van hul geld in hul ver­be­ter­de met-wins-an­nu­ï­teit be­lê en 50% in ’n kon­ser­wa­tie­we le­wen­de an­nu­ï­teit ’n be­ter re­sul­taat kry as ie­mand wat nét in ’n le­wen­de an­nu­ï­teit be­lê. Boon­op word ’n groot deel van die ri­si­ko van ’n be­leg­ging in ’n le­wen­de an­nu­ï­teit uit­ge­ska­kel.

’n 50-50-kom­bi­na­sie sal nie vir el­ke in­di­vi­du i­de­aal wees nie, maar dit kan ’n plan wees om te be­re­ken wat­ter ge­waar­borg­de in­kom­ste jy no­dig het en die no­di­ge geld daar­voor aan ’n ge­waar­borg­de an­nu­ï­teit te be­stee en dan e­ni­ge geld wat jy “sur­plus” het, in ’n mark­ver­wan­te le­wensan­nu­ï­teit te be­lê.

Dalk kan die on­ge­luk vir die vol­gen­de ge­ne­ra­sie af­ge­tre­de­nes só af­ge­weer word – selfs as hul­le te min ge­spaar het voor af­tre­de.

Fo­to: ISTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.