Bly tuis en s­paar geld

Die mees­te men­se se be­gro­tings is dees­dae tot die ui­ter­ste be­snoei, maar die kin­ders kla oor wat hul­le oor na­we­ke kan doen. Hier is ’n paar wen­ke oor hoe om nie net be­sig te bly nie, maar ook selfs ’n ek­stra geld­jie te ver­dien.

Beeld - - Sake -

1 Maak jou huis skoon en hou al­les een­kant wat jy kan ver­koop. Jy kan dap­per wees en soos die A­me­ri­ka­ners ’n werf­ver­ko­ping ( y­ard sa­le) of sy­paad­jie­ver-ko­ping hou, of an­ders die goed aan ’n win­kel wat ge­bruik­te goed aan­koop, ver­koop. Nie net het jy ’n skoon huis nie, jy maak ook ’n ek­stra geld­jie.

2 Leer jou­self ’n nu­we vaar­dig­heid soos hou­tof naald­werk. Daar is ho­pe aan­lyn vi­deo’s wat wys hoe om al­les en nog wat te doen. Wie weet, dalk leer jy iets waar­mee jy dan ’n ek­stra in­kom­ste kan ver­dien.

3 Gaan bied jou diens­te aan by ’n lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie. Jy gaan waar­skyn­lik ’n heer­li­ke er­va­ring hê, al werk jy hard, wat jou baie lan­ger sal by­bly as ’n be­soek aan ’n win­kel­sen­trum.

4 Maak ’n groen­te­tuin. Daar is groen­te soos blom­kool en spi­na­sie wat jy wel in die win­ter kan plant. Nie net gaan dit jul­le be­sig hou nie, dit gaan jou heel­wat geld be­spaar wan­neer jy jou eie groen­te kan oes.

5 Nooi vrien­de oor vir ete. Stel die re­ël dat elk­een ’n ge­reg moet saam­bring wat tuis­ge­maak is uit be­stand­de­le wat reeds in die per­soon se kas is. Kyk wie die mees oor­spronk­lik­ste ge­reg kan skep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.