S­ham­si kry sy kans

Da­le S­teyn bly tuis

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Bloem­fon­tein. – Ta­braiz S­ham­si se goeie ver­to­nings met die bal in plaas­li­ke krie­ket­reek­se is Vry­dag deur die na­si­o­na­le keur­ders be­loon.

Dié draai­er van die Ti­tans is die e­nig­ste nu­we­ling in die Suid-A­fri­kaan­se een­dag­groep vir aan­staan­de maand se drie­hoe­ki­ge reeks in die Ka­ri­bie­se Ei­lan­de.

Da­le S­teyn is uit die groep ge­laat om­dat hy Suid-A­fri­ka eer­der moet help om weer sy plek op die toets­rang­lys te ver­be­ter.

Die 31-ja­ri­ge voor­slag­bou­ler word ’n blaas­kans ge­gun vir dié kits­reeks waar­in die Wes-In­die­se Ei­lan­de en Aus­tra­lië ook in ak­sie is.

Lin­da Zon­di, sa­me­roe­per van die keur­ko­mi­tee, het ver­dui­de­lik Suid-A­fri­ka se on­mid­del­li­ke fo­kus is om weer een van die voor­ste lan­de in toets­krie­ket te word. Suid-A­fri­ka het tot ses­de op die rang­lys te­rug­ge­sak en dis hoe­kom S­teyn tuis bly.

Zon­di sê dit is be­lang­rik dat S­teyn die ko­men­de sei­soen vars en oor­ge­haal moet wees. Die Pro­te­as sal Nieu-See­land, tuis en weg, Sri Lan­ka hier en dan die Aus­sies op toer in toets­wed­stry­de pak.

“’n Groot werk­la­ding wag op hom in die reek­se waar ons wil hê hy moet op sy bes­te wees.”

Da­vid Mil­ler, Da­vid Wie­se en Mar­chant de Lan­ge is nog spe­lers wie se na­me nie in die toer­groep ver­skyn nie.

Way­ne Par­nell maak ’n te­rug­keer en Aa­ron P­han­gi­so se goeie ver­to­nings in die T20-Wê­reld­toer­nooi be­sorg hom ook ’n plek in die een­dag­groep.

S­ham­zi het ’n goeie plaas­li­ke sei­soen ag­ter die rug en het ver­al in die eer­ste­rang­se reeks uit­ge­blink.

S­ham­si (26) is on­langs deur die Roy­al C­hal­len­gers Ban­ga­lo­re in die In­die­se P­re­mier­liga be­trek en is van­weë sy be­trok­ken­heid vir die St. Kitts & Ne­vis Pa­tri­ots in die Ka­ri­bie­se P­re­mier­liga (CPL) ver­troud met toe­stan­de op die ei­lan­de.

Zon­di het ge­sê hul­le het op drie spe­si­a­lis­draai­ers be­sluit om­dat hul­le ver­wag dat die bal sta­dig op die kolf­blaaie daar sal deur­skiet.

“Ta­braiz het ver­dien om in­ge­sluit te word ná sy goeie peil in plaas­li­ke wed­stry­de en van die ver­na­me T20-reek­se wat die CPL in­sluit.

“Hy het in die T20-li­gas ge­wys wat hy teen in­ter­na­si­o­na­le kol­wers kan doen.”

Im­ran Ta­hir is die an­der draai­er in die groep.

Faf du P­les­sis sal, soos vroe­ër van­dees­week be­rig is, eers met die t­wee­de wed­stryd sy te­rug­keer maak ná die vin­ger­o­pe­ra­sie wat hy van­dees­week in Kaap­stad on­der­gaan het.

Die span­be­stuur­der, dr. Mo­ham­med Moos­a­jee, het ge­sê hy sal tus­sen vier en vyf we­ke no­dig hê om ten vol­le te her­stel. Du P­les­sis sal vol­gens hom vir die wed­stryd op 7 Ju­nie teen Aus­tra­lië be­skik­baar wees.

Fo­to: GALLO IMAGES

KRIE­KET Ta­braiz S­ham­si

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.