Brum­bies wurg lou­warm Bul­le

Lig­blou­es raak kluts kwyt

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Te­rug aar­de toe. Met oor­ga­we. Dit was ’n ge­val van twee treë vo­ren­toe en drie te­rug toe die Brum­bies die Bul­le gis­ter met 23-6 in hul Su­per­rug­by-wed­stryd ge­troef het.

Dié krag­me­ting in Can­ber­ra sal nie lank ont­hou word nie en die Brum­bies was bloot die bes­te van twee span­ne wat ten bes­te lou­warm was.

So goed soos wat die be­soe­kers ver­le­de week teen die We­stern For­ce was, so ef­fe was die on­ver­staan­ba­re po­ging teen die Brum­bies.

Dit was se­ker­lik ’n ge­val van jy is net so goed soos wat jou teen­stan­der toe­laat, maar die Bul­le se ver­nuf het jam­mer­lik in Perth ag­ter­ge­bly.

Die wed­stryd het op ’n goeie noot vir die be­soe­kers be­gin toe die Brum­bies vroeg drie keer in die skrums ge­straf is.

Die Bul­le het ook eer­ste pun­te aan­ge­te­ken toe hul los­ska­kel, Fran­cois Brum­mer, met wel­slae aan­ge­lê het pa­le toe.

En toe het die Brum­bies die Lig­blou­es aan die keel beet ge­kry en nooit weer laat los nie.

S­ta­tis­tie­ke skets nie al­tyd die vol­le prent­jie nie, maar ’n span wat in ’n helf­te min­der as 30%-be­sit kry, gaan nie som­mer die bo­toon voer nie.

Dit het mee­ge­bring dat die Brum­bies in die eer­ste helf­te s­legs 17 duik­slae moes maak.

Met die be­sit skraps, was daar boon­op te ge­reeld han­teer­fou­te.

’n Span moet op dié vlak da­rem ook meer sui­nig met sy be- sit wees.

Die Brum­bies het op die voor­deel­lyn en by die af­breek­pun­te a­mok ge­maak, met die ou jak­kals Da­vid Po­cock nog­maals ’n hand­vol.

Die Bul­le was on­danks die te­ë­spoed net met 3-9 ag­ter toe die rus­tyd-fluit­jie ge­blaas het.

Dit was dui­de­lik dat A­dri­aan S­trauss-hul­le in die t­wee­de skof eer­ste pun­te moes aan­te­ken.

Brum­mer het dít ge­doen met ’n t­wee­de straf­doel, maar dit was ook die Bul­le se laas­te pun­te.

Van die aan­val­len­de op­stop­pers wat die Bul­le in Perth ge­plant het, was daar nie van spra­ke nie.

Die Brum­bies het vin­nig op­ge­skiet op die ver­de­di­ging en dit het die min kan­se wat die Bul­le ge­had het, klok­slag in die kiem ge­smoor.

Die be­soe­kers het aan die ein­de die kluts kwyt ge­raak en on­der meer ’n vas­kop op die Brum­bies se doel­lyn af­ge­staan.

En die be­sluit­ne­ming was ook nie te waf­fers nie – soos die plaas­ver­van­ger-los­ska­kel, Ti­an S­choe­man, wat die ste­wel plan­loos in­ge­lê het met en­ke­le mi- nu­te se speel­tyd oor.

Dit het nooit ge­lyk of die tuis­span sou ver­loor nie en die vleu­el Ni­gel Ah Wong en hul Ar­gen­tyn­se skrum­ska­kel, Tomás Cu­bel­li, het met die e­nig­ste twee drieë van die wed­stryd daar­van se­ker ge­maak.

Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se af­rig­ter, het ge­sê sy span het nie die druk wat die Brum­bies op hul­le ge­plaas het goed han­teer nie.

“Dit was nie ’n goeie ver­to­ning nie. Daar is on­ge­luk­kig nie veel meer wat ek kan sê nie.”

Fo­to: GETTY IMAGES

RUG­BY Ni­gel Ah Wong, vleu­el van die Brum­bies, druk gis­ter in Can­ber­ra een van sy span se drieë in die Su­per­rug­by­wed­stryd teen die Bul­le. B­jorn Bas­son (links) en SP Ma­rais kon hom nie keer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.