En­gel­se plat­te­land hier by ons

Al is die rand niks werd teen­oor die pond nie, kan jy da­rem nog ’n bie­tjie En­gel­se plat­te­land ge­niet, hier bin­ne ons eie lands­gren­se.

Beeld - - Leefstyl - CAR­LA LE­WIS­BAL­DEN @Car­laLe­wisB

Die Na­tal­se Mid­del­land word dik­wels be­skryf as ’n stuk­kie En­gel­se plat­te­land in Suid-A­fri­ka. En wan­neer jy van die N3 af­draai, kon jy net­so­wel jou pas­poort laat tjap het by He­athro­wlug­ha­we.

Die land­skap lyk soos iets uit ’n John Con­sta­ble-skil­de­ry: Groen wei­vel­de, frie­skoeie en la­nings bloe­kom­bo­me, al langs die kron­kel­pad na plek­ke soos Not­ting­ham Ro­ad en Dargle.

Brah­man Hills is ’n nu­we land­goed in die Mid­lands Me­an­der, maar dit het tog ’n trots Suid-A­fri­kaan­se kin­kel by die land­skap en de­kor ge­voeg.

Die uit­sig van ons self­sorg­een­heid, met ’n uit­sig op ’n dam­me­tjie, kon in die hart­jie van die Cots­wolds ge­wees het. Maar toe ’n trop e­lan­de en se­bras teen ske­mer­tyd (en som­mer ook in gin en to­nic- tyd) oor die heu­wels aan­ge­loop kom om te suip, toe is al­le ver­ge­ly­kings met ko­nin­gin Lies­bet se land ver­ge­te.

Brah­man Hills is ’n voor­ma­li­ge trou­ve­nue, wat in die af­ge­lo- pe paar maan­de ’n Bo­tox-in­spui­ting en baie re­kon­struk­tie­we chi­rur­gie ge­kry het. Hoe­wel dit steeds op trou­es en spe­si­a­le ge­leent­he­de fo­kus, het die nu­we ei­e­naar ook nu­we fa­set­te by­ge­voeg. Een daar­van is luuk­se self­sorg­ver­blyf in ou­li­ke kot­hui­se wat uit­kyk oor die gol­wen­de groen heu­wels van die Na­tal­se Mid­del­lan­de. En wan­neer jy praat van luuks, be­te­ken dit ’n uit­ste­kend toe­ge­rus­te kom­buis, de­kor en meu­bels wat tuis sal lyk in e­ni­ge de­kor­tyd­skrif en die pie­ce de la re­sis­tan­ce, jou eie ja­cuz­zi op die hout­dek, waar jy kan uit­span wan­neer die mis­ban­ke oor die groen heu­wels in­ge­rol kom. En moe­nie dink dat ’n ys­wind­jie jou gaan kar­nuf­fel nie, die ja­cuz­zi’s word be­skerm deur glas­wind­skerms so­dat baai­ers op hul ge­mak die uit­sig kan waar­deer.

Daar is min din­ge so lek­ker soos om in ’n sto­men­de warm jazzu­zi te sit, toe in ’n mis­kom­bers en fyn koel mis­re­ën wat op jou ge­sig drup.

) Car­la Le­wis­Bal­den was ’n gas van Brah­man Hills.

Dis ’n voor­ma­li­ge trou­ve­nue, wat in die af­ge­lo­pe paar maan­de ’n bie­tjie van ’n Bo­tox­in­spui­ting en baie re­kon­struk­tie­we chi­rur­gie ge­kry het.

Links van bo na on­der: ’n K­net­te­ren­de hout­vuur by Cop­per; el­ke een­heid het ’n kag­gel om die koue te ver­dryf; ’n luuk­se­dub­bel­bed vir lui­lek­ker dae en regs een van die Brah­man­bul­le wat op die per­seel pronk.

Die land­skap hier lyk soos iets uit die En­gel­se plat­te­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.