K­ris­ten reg vir fiets­ren, be­se­ring en al

Beeld - - Front Page - Su­san Cil­liers

Ek’t grond en klip­pe ge­spoeg

Pot­chef­stroom. – ’n Mens kan jou mak­lik mis­gis met die fy­ne K­ris­ten Louw.

Dié ma­triek­mei­sie van dié stad is ’n wê­reld­klas-berg­fiets­ry­er wat on­danks ’n erns­ti­ge ge­sig­be­se­ring slag­ge­reed is vir ’n na­si­o­na­le fiets­ren la­ter van­dees­week.

K­ris­ten (18) was trou­ens al drie dae ná die val waar­in sy so­wat twee we­ke ge­le­de be­seer is weer op haar fiets om te sorg dat sy haar twee­de plek op die wê­reld­rang­lys vir mei­sies o.18 be­hou.

Sy het on­langs ’n twee­de plek los­ge­trap in die Suid-A­fri­kaan­se berg­fiets­kam­pi­oen­skap in Cla­rens in die Vry­staat.

Die val het kort ná dié pres­ta­sie ge­beur.

Die bin­ne­ste deel van K­ris­ten se on­der­lip het af­ge­skeur toe sy kop eer­ste met haar ge­sig in die grond­pad ge­val het in ’n berg­fiets­ren in Pie­ter­ma­ritz­burg.

Die voor­wiel van haar berg­fiets het mee­ge­gee op ’n af­draand in ’n oe­fen­ron­de twee dae voor die eint­li­ke ren. Toe vlieg sy oor die hand­vat­sels en tref die grond ge­sig eer­ste.

“My lip het (aan die bin­ne­kant) af­ge­skeur. As dit nie vir my bril was nie, was my oë ook daar­mee heen, want die bril was vol krap­mer­ke. Ek het net aan my ge­sig ge­vat, ge- hard­loop en ge­gil. Dit was aak­lig. Ek het grond en klip­pe ge­spoeg. Dit het baie ge­bloei. Ek het ook er­ge skaaf­won­de aan my ge­sig ge­had.”

K­ris­ten se pa, Ar­no, en haar af­rig­ter, Frans van der Berg, het haar da­de­lik na ’n hos­pi­taal in Pie­ter­ma­ritz­burg ge­bring. Haar lip is on­der plaas­li­ke ver­do­wing met op­los­ba­re ste­ke aan die bin­ne­kant van haar mond ge­heg.

“Ek was die twee dae daar­na baie e­mo­si­o­neel en ge­swel. Die der­de dag het ek be­sluit niks gaan my keer om deel te neem nie, want my be­ne is mos reg. Ek het pyn­pil­le ge­drink. Toe ek op die fiets klim, was ek so ge­fo­kus dat die pyn weg was.”

K­ris­ten, ’n leer­ling aan die Ho­ër Volk­skool in Pot­chef­stroom, moes tot die af­ge­lo­pe na­week nog met ’n chi­rur­gie­se mas­ker op die ge­sig loop om die wond teen bak­te­rieë te be­skerm. Gis­ter het sy nog ge­suk­kel om te glim­lag. Tog oe­fen sy vol­stoom 23 uur per week, want Don­der­dag is sy weer op pad om aan die na­si­o­na­le wed­ren in Port E­li­za­beth te gaan deel­neem.

K­ris­ten is lid van die Kar­go Pro MTB-span en van die Tur­bo S­nails-oe­fen­groep in Pot­chef­stroom.

Fo­to: SU­SAN CIL­LIERS

K­ris­ten Louw gis­ter in Pot­chef­stroom by die me­dal­jes wat sy al op haar berg­fiets los­ge­trap het. Op die in­las­fo­to regs bo is haar be­bloe­de ge­sig kort ná haar groot val.

1

Drie skerm­gre­pe wys hoe K­ris­ten in Pie­ter­ma­ritz­burg ge­val het. 3

2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.