Woe­den­de ska­re wil vrou brand

23 ver­skyn in hof weens brand­stig­ting

Beeld - - Front Page - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die span­ning in die ge­weld­ge­teis­ter­de Vu­wa­ni-ge­bied in Lim­po­po loop hoog.

Die po­li­sie het hul han­de vol en snags en vroeg­og­gend voer hul­le klop­jag­te uit om die aan­hit­sers vas te trek.

Die na­week het hul­le ’n vrou wat daar­van be­skul­dig is dat sy met die po­li­sie heul, net be­tyds van ’n hals­snoer­dood ge­red. Men­se was op die punt om Tswe­ni Mu­rem­bi­wa (38) aan die brand te steek toe die po­li­sie hul­le uit ’n he­li­kop­ter met traan­rook be­stook het. Sy kon in die har­war weg­kom.

Van­dag ver­skyn 23 men­se in die plaas­li­ke land­dros­hof weens brand­stig­ting.

Le­de van die po­li­sie se o­pen­ba­re-or­de-een­heid is van an­der pro­vin­sies af ont­plooi.

S­tan Mat­ha­ba­tha, pre­mier van Lim­po­po, en Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid, het gis­ter met ver­skeie tra­di­si­o­ne­le lei­ers en ge­meen­skaps­lei­ers ver­ga­der. El­ders het ANC-lei­ers in die V­hem­be­streek, waar­in Vu­wa­ni val, ook drin­gend ver­ga­der.

In­wo­ners wil hê pres. Ja­cob Zu­ma moet na hul klag­tes kom luis­ter. “Ons wil nie ’n toe­spraak van hom hê nie. Hy moet na óns kom luis­ter,” sê ’n in­wo­ner wat uit vrees vir sy vei­lig­heid nie sy naam ge­noem wil hê nie.

Ge­weld het ver­le­de Son­dag in dié uit­ge­strek­te be­bos­te ge­bied so­wat 150 km noord­oos van Po­lo­kwa­ne uit­ge­breek. Die men­se van Vu­wa­ni, wat uit so­wat 50 klein ne­der­set­tings be­staan, skop vas teen die plan dat hul­le ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit met Ma­la­mu­le­le deel, maar die hoog­ge­regs­hof in Po­lo­kwa­ne het daar­die Vry­dag be­slis hul­le het nie vol­doen­de re­de daar­voor nie.

Se­dert­dien is 24 sko­le aan die brand ge­steek, waar­van 19 vol­gens lt.kol. Ma­le­se­la Ledwa­ba, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, heel­te­mal ver­woes is.

Re­ke­naars, boe­ke en ad­mi­nis­tra­tie­we in­lig­ting is saam daar­mee heen.

Meer as 26 000 leer­lin­ge het geen i­dee wan­neer hul­le weer skool toe sal kan gaan nie. Van die sko­le het daag­liks ’n warm maal­tyd aan hul­le ver­skaf.

So­wat R500 mil­joen se ska­de is by sko­le aan­ge­rig.

Beeld se sus­ter­koe­rant Ci­ty P­ress be­rig ou­ers het die na­week wag ge­hou by sko­le so­dat dit nie ook af­ge­brand word nie.

To­ni Mp­hep­hu Ra­ma­bu­la­na, Ven­da-ko­ning, het Vry­dag ná ’n ver­ga­de­ring met mi­nis­ters ge­sê hy on­der­steun sy men­se se on­te­vre­den­heid oor die nu­we mu­ni­si­pa­li­teit. Hy het die ge­weld wel ver­oor­deel.

Ja­c­ques S­mal­le, DA-lei­er in Lim­po­po, sê die pro­vin­si­a­le re­ge­ring moet die in­wo­ners sê waar die be­oog­de nu­we mu­ni­si­pa­li­teit se kan­toor ge­bou gaan word. “Gaan die mu­ni­si­pa­li­teit teen 4 Au­gus­tus kan funk­si­o­neer? Sal die mu­ni­si­pa­li­teit dan al diens­te kan le­wer?”

Hy be­plan om die ge­bied van­dag saam met De­si­ree van der Walt, DA-LP, te be­soek.

Ont­stel­de in­wo­ners be­plan om van­dees­week met hul weg­bly-ak­sie voort te gaan.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Die stil­le ge­tui­e­nis van die ver­woes­ten­de bran­de wat sko­le in die Vu­wa­ni­streek die af­ge­lo­pe week in puin ge­lê het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.