OB: Kom­mer oor doods­drei­ge­men­te

Beeld - - Nuus - A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

Op­po­si­sie­par­tye het gis­ter la­er ge­trek om die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) en ge­ëis dat die po­li­sie doods­drei­ge­men­te teen haar met die no­di­ge erns han­teer.

Die DA, die IVP en Co­pe het erns­ti­ge kom­mer uit­ge­spreek oor die land se de­mo­kra­sie en Grond­wet in­dien hoof­de van grond­wet­li­ke in­stel­lings met die dood ge­dreig word wan­neer hul­le hul werk doen.

Dit volg na­dat adv. T­hu­li Ma­don­se­la, OB, aan Sun­day Ti­mes ge­sê het ’n fluit­jie­bla­ser het haar glo ge­waar­sku oor ’n Kaap­se ben­de­baas wat R740 000 aan­ge­bied is om haar van kant te maak. Na wat be­rig word, moes dit lyk as­of dit ’n mo­tor­on­ge­luk was.

Ma­don­se­la het haar on­ge­luk­kig­heid uit­ge­spreek oor ’n Wes-Kaap­se mis­daad­in­tel­li­gen­sie­lid wat glo die drei­ge­ment son­der die no­di­ge erns han­teer het en eer­der die ge­loof­waar­dig­heid van die fluit­jie­bla­ser be­vraag­te­ken het.

Zak M­bhe­le, DA-LP, het by na­vraag ge­sê dit is ui­ters be­lang­rik dat die po­li­sie die be­we­rings on­der­soek en ook aan die par­le­ment kom ver­slag doen oor wat­ter stap­pe in­ge­stel is om die vei­lig­heid van hoof­de van grond­wet­li­ke in­stel­lings te ver­se­ker.

“Sul­ke men­se moet hul grond­wet­li­ke plig uit­voer son­der vrees of in­ti­mi­da­sie. Daar kan nie toe­ge­laat word dat hoof­de van sul­ke be­lang­ri­ke in­stel­lings doods­drei­ge­men­te ont­vang om­dat hul­le te on­af­hank­lik op­tree in po­gings om kor­rup­sie in die re­ge­ring uit te wis nie.”

Lie­zel van der Mer­we, IVP-LP, het ook kom­mer uit­ge­spreek oor die be­we­rings.

“Die po­li­sie moet hul werk doen en re­ge­rings­lei­ers moet die kan­toor van die OB re­spek­teer en op­hou aan­val­le op haar uit­voer. Die po­li­ties ge­mo­ti­veer­de aan­val­le sal moet op­hou en ’n vol­skaal­se on­der­soek moet van sta­pel ge­stuur word.”

Dennis Bloem, Co­pe-woord­voer­der, het ge­sê vei­lig­heids­maat­re­ëls vir Ma­don­se­la moet on­mid­del­lik op­ge­skerp word.

“Sy word met die dood ge­dreig om­dat sy goed oop­krap wat se­ke­re men­se wil weg­steek. Suid-A­fri­ka- ners moet saam­staan en hul stem laat hoor. Ons moet die Grond­wet en ons de­mo­kra­sie ten al­le kos­te be­skerm.”

Vol­gens brig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, po­li­sie­woord­voer­der, was die waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris nie be­wus van die be­we­rings nie.

Mu­lau­d­zi het by na­vraag ge­sê die na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris sal bin­ne­kort met die Wes-Kaap­se po­li­sie­kom­mis­sa­ris in ver­bin­ding tree oor die kwes­sie.

“Hy moet eers be­hoor­lik in­ge­lig word en dit be­te­ken nie ons slaan nie ag op die be­we­rings nie.”

Sy word met die dood ge­dreig om­dat sy goed oop­krap wat se­ke­re men­se wil weg­steek. — DENNIS BLOEM

Fo­to: ALET PRETORIUS

T­hu­li Ma­don­se­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.