Moe­nie af­brand nie! – Du­ar­te

Beeld - - Nuus - C­har­né Kemp

Kim­ber­ley. – Moe­nie sko­le en staats­ei­en­dom af­brand as jul­le ge­grief voel nie.

Dít was Jes­sie Du­ar­te, die ANC se na­si­o­na­le ad­junk­se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, se bood­skap eer­gis­ter in Kim­ber­ley by die be­kend­stel­ling van dié par­ty se ver­kie­sings­ma­ni­fes vir die ko­men­de mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing.

“Ons breek nie af nie, ons brand nie af nie. Die par­ty het ná a­part­heid ge­hal­te­on­der­wys aan al­mal ge­bied. Die ANC het hui­se, wa­ter, sa­ni­ta­sie en e­lek­tri­si­teit aan die men­se ge­gee. Ons in die ANC luis­ter na me­kaar. Ons gaan ver­kon­dig nie ons pro­ble­me nie,” het Du­ar­te ge­sê.

Sy het die ANC be­skryf as ’n de­mo­kra­tie­se par­ty waar lei­ers deur die men­se ver­kies word. Daar­om kan die men­se die par­ty ver­tel wat om te doen. Men­se op grond­vlak moet hul le­we ver­be­ter deur deel­na­me aan sa­me­wer­ken­de re­ge­ring.

“Praat met ons. Ons kan pro­ble­me op­los deur on­der­han­de­lin­ge. Ons is ná 20 jaar nog nie klaar met ons werk nie.”

Sy het voor­ne­men­de raads­le­de ook ge­maan dat die amp met har­de werk ge­paard­gaan.

“Jul­le sal 24 uur aan diens wees. Jul­le kan nie die werk vir geld en sta­tus wil ver­rig nie.”

Sy het toe­skou­ers ge­vra om die “ou men­se wat by die huis sit en nie meer wil stem nie” na die ver­kie­sings­lo­ka­le te neem.

“Ons moet ook al die jong men­se oor­tuig om vir ons te stem.”

Sy het ge­sê vak­bon­de het die reg om te staak, maar nie ten kos­te van diens­le­we­ring nie.

“Die mu­ni­si­pa­le vak­bond Sam­wu moet saam met ons werk om pro­ble­me op te los. Ek sluit San­co en Co­sa­tu in. In­dien ons nie saam­werk nie, sal die pad na suk­ses net lan­ger raak.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.