‘Hy is sap­pig, soos skaap’

R100 000 in­ge­sa­mel vir be­hoef­ti­ge men­se

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Wat is die de­fi­ni­sie van ’n vraat?

Die ou wat vir die nek­kie by ’n kameelperdbraai vra.

So het S­teen­kamp du P­les­sis op Net­werk24 se kom­men­taar­blad ge­skerts oor eer­gis­ter se kameelperdbraai in Co­li­gny, Noord­wes.

Grap­pies op ’n stok­kie: Daar word voor­lo­pig ge­raam dat daar met dié braai ten ba­te van die Co­li­gny Hel­pen­de Hand­fonds on­ge­veer R100 000 vir be­hoef­ti­ge men­se in­ge­sa­mel is.

Neil Oost­hui­zen, or­ga­ni­seer­der van die kameelperdbraai, sê hul­le het tus­sen 800 en 850 kaart­jies vir die geld­in­sa­me­lings­dag ver­koop.

Die or­ga­ni­seer­ders ver­wag nóg wins uit die ver­koop van die ske­let. Vol­gens Oost­hui­zen is daar twee aan­bie­dings: Een van ie­mand wat die ske­let wil her­bou en die an­der van ie­mand wat mes­se uit die been wil kerf.

“Ons moet nog be­sluit wat­ter op­sie die wins­ge­wend­ste gaan wees.”

Tus­sen al die stal­le­tjies, ak­ti­wi­tei­te en ver­maak eer­gis­ter op die Ho­ër­skool Co­li­gny se sport­ter­rein was die lang­nek wat sta­dig om en om op die spit ge­draai het ge­wis die hoof­aan­trek­kings­krag.

Be­soe­kers se sel­fo­ne het om­trent oor­tyd ge­werk om die ge­doen­te op fo­to’s en vi­deo vas te lê ter­wyl tien braai­ers die vuur met hout ge­stook en die vleis kort-kort met ma­ri­na­de in­ge­spuit het.

Die ka­meel­perd van 700 kg het 80 li­ter ma­ri­na­de en so­wat 10 ton hout be­no­dig. ’n A­no­nie­me boer het die dier ge­skenk. ’n Pro­fes­si­o­ne­le jag­ter moes die dier van kant maak voor­dat dié ka­meel­perd­bul en ’n an­der bul wat voort­du­rend ba­klei het, me­kaar sou dood­maak.

Die ka­meel­perd is al Vry­dag­aand met be­hulp van ’n hys­kraan op die spit van 4 m by 6 m ge­sit.

“Ons het Don­der­dag laas be­hoor­lik ge­slaap,” het Oost­hui­zen gis­ter ge­sê. “Ons moes maar deur­nag by die spit waak, want dit was die eer­ste keer dat ons so iets doen. La­ter het ons soos spo­ke daar rond­ge­loop. Die braai­e­ry was ’n groot ri­si­ko. Ons moes maar ons in­stink ge­bruik en die pro­ses aan­pas soos dit ge­beur.”

Die ka­meel­perd was eer­gis­ter­mid­dag 15:30 gaar.

Die vleis is van die be­ne op die spit af­ge­sny so­dat net die ske­let ein­de­lik op die spit oor­ge­bly het.

“Ons moes ’n wag kry om dit op te pas om­dat baie men­se de­le van die ske­let as aan­den­king wou vat,” sê Oost­hui­zen. “Die vleis was sap­pig en die te­rug­voe­ring oor die smaak was baie po­si­tief. Die teks­tuur is baie soos bees s’n en dit smaak nie te wild nie. Baie men­se het ge­sê dit smaak soos skaap­vleis.”

Ons moes ’n wag kry om dit op te pas om­dat baie men­se de­le van die ske­let as aan­den­king wou vat.

Fo­to: ALET PRETORIUS

Só is Vry­dag­aand ge­spook om die ka­meel­perd met be­hulp van ’n hys­kraan op die spit te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.