Mi­mi vier saam taal se 91ste ver­jaar­dag

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Mi­mi Coert­se het nooit in haar jon­ger dae in Eu­ro­pa in A­fri­kaans ge­sing nie – tot­dat sy een­dag “Heim­wee” uit­ge­voer het.

“En daar be­sef ek dat ek huil. Toe ek op­kyk, het die ge­hoor ook ge­huil!” het dié do­yen­ne van o­pe­ra­mu­siek gis­ter ge­sê.

Sy was die e­re­gas by die ATKV-Cen­tu­ri­on se vie­ring van A­fri­kaans se 91ste ver­jaar­dag by die Voor­trek­ker­mo­nu­ment in P­re­to­ria.

Sak­kie Kot­ze, voor­sit­ter van die tak, het ge­sê A­fri­kaans is op 8 Mei 1925 op ’n ge­sa­ment­li­ke sit­ting van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring en die Se­naat as een van die des­tyd­se U­nie van Suid-A­fri­ka se amp­te­li­ke ta­le aan­vaar.

S­ko­le, ker­ke en kul­tuur­ver- e­ni­gings oor ver­skeie kul­tu­re­le gren­se heen het aan gis­ter se fees­vie­ring deel­ge­neem.

Die fees is met Skrif­le­sing en ge­bed ge­o­pen. Dr. S­te­phan Hoff­mann van die By­bel­ge­noot­skap het ge­sê A­fri­kaans­spre­ken­des was be­voor­reg om reeds se­dert 1933 die By­bel in hul eie taal te kon lees.

Kot­ze het ge­sê die ATKV vier A­fri­kaans met trots. “Dit be­te­ken nie ons het nie be­grip vir an­der taal­groe­pe in ons land nie. Ons is trots op A­fri­kaans, maar ook trots op an­der land­ge­no­te se ta­le.”

Die spreek­koor van die La­er­skool Nan­tes in Eer­ste­rust, oos van P­re­to­ria, het ’n voor­drag ge­le­wer waar­in hul­le ge­sê het: “Ons taal is ’n bring-en-braai­met tjops-en-wor­tel­slaai-taal.”

Volks­lied­jies soos “Sa­rie Ma­rais” en “Die pad­da wou gaan op­sit” is ge­sing en ’n grys­kop­man in volk­spe­le­drag het sy oë nos­tal­gies toe­ge­maak toe die be­min­de Lan­ce Ja­mes “Dan­kie” sing.

Coert­se het, voor­dat sy ’n fak­kel vir A­fri­kaans aan­ge­steek het, ver­tel hoe sy ja­re ge­le­de in Eu­ro­pa “’n bie­tjie oor­dryf” het as ie­mand ge­vra het of baie men­se in Suid-A­fri­ka daar­die “pret­ti­ge taal­tjie van u” praat.

“Dan het ek som­mer ge­sê al­mal praat dit,” het sy stout ge­glim­lag.

Ná al die ja­re was dit gis­ter steeds vir haar spe­si­aal om in A­fri­kaans te sing, “want dit is lek­ker om in my moe­der­taal te sing”.

Fo­to: A­LET PRE­TO­RI­US

Mi­mi Coert­se, ge­lief­de Suid­A­fri­kaan­se so­praan, ge­niet die lied­jies en ge­dig­te wat by A­fri­kaans se 91ste ver­jaar­dag­vie­ring aan­ge­bied is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.