Ge­veg met me­tro­lid: Arts wil weg

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Dok­ter by wie pos­t­trau­ma­tie­se stres­ver­steu­ring ge­di­ag­no­seer is ná ’n on­der­on­sie oor sy mo­tor se nom­mer­plaat, wil nou uit Suid-A­fri­ka pad­gee.

Dr. B­ri­an Po­le (33), wat in die Kala­fong-hos­pi­taal in P­re­to­ria werk, sê hy is al be­sig met die aan­soek om Ka­na­da toe te e­mi­greer.

Po­le sê hy was die og­gend van 13 A­pril met ’n pyn­li­ke arm na ’n chi­rurg op pad. ’n Me­tro­po­li­sie­lid het hom in Nel­son Man­de­la­ry­laan in P­re­to­ria voor­ge­keer om­dat hy sy voor­ste nom­mer­plaat in sy voor­ruit ver­toon het. Hy het die nom­mer­plaat daar ge­sit om­dat dit bly af­val het weens ’n stamp aan die mo­tor.

Hy het die me­tro­po­li­sie­be­amp­te die so­nar­ver­slag van sy arm ge­wys en ge­sê hy moet drin­gend dok­ter toe gaan. Hul­le het ge­stry en sy het hom be­boet.

Sy het ge­sê hy moet sy woon­a­dres gee, an­ders word hy ge­ar­res­teer. Uit frus­tra­sie het hy eers ge­wei­er, maar dit wel be­gin gee. Die vrou het sy sit­plek­gor­del pro­beer los­maak en hy het haar han­de ferm weg­ge­stoot. Sy het hom toe met die vuis op die reg­ter­oog ge­slaan, sê hy. Hy het haar hand teen haar ge­sig te­rug­ge­stoot en sy het ge­skreeu: “Of­fi­cer as­saul­ted! Of­fi­cer as­saul­ted!”

An­der me­tro­po­li­sie­le­de het hom uit sy mo­tor ge­haal. Hy is in ’n vang­wa na die Sun­ny­si­de­po­li­sie­kan­toor ge­neem.

Vol­gens Po­le het die po­li­sie­man wat hom daar ge­ar­res­teer het, ge­sê: “I ho­pe you lo­se your f**king arm, you f**king whi­te boy.”

Po­le sê daar was u­ri­ne en ont­las­ting in die po­li­sie­sel­le. Sy ste­to­skoop is ge­skop en dit werk nie meer nie.

Die po­li­sie het hom “voor­ge­stel” aan aan­ge­hou­de­nes wat hom sou ver­krag. Drie mans het hom met pe­per­sproei be­spuit.

’n Wit po­li­sie­man wou hom nie help nie. Dié het ge­sê dit sal as ras­sis­me be­skou word. Dié be­amp­te het wel ge­re­ël dat ’n regs­ver­teen­woor­di­ger ge­bel word wat Po­le se vry­la­ting be­werk­stel­lig het.

Vol­gens ’n vorm wat by die po­li­sie­kan­toor aan Po­le ge­gee is, is hy aan­ge­hou weens aan­ran­ding om­dat hy nie op­drag­te van ’n be­amp­te ge­hoor­saam het nie en weens cri­men in­ju­ria. Po­le sê die hof het die saak teen hom op 20 A­pril uit­ge­gooi.

Die po­li­sie het in ’n ver­kla­ring be­ves­tig dat Po­le ge­ar­res­teer en aan­ge­hou is, maar sê dis “hoogs on­waar­skyn­lik” dat die po­li­sie­sel­le in die toe­stand was wat Po­le be­weer. Die po­li­sie sê Po­le is van 11:00 tot 17:46 aan­ge­hou. Hy het met geen be­se­ring by die po­li­sie­kan­toor op­ge­daag nie.

Die Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie het nie op skrif­te­li­ke na­vrae ge­re­a­geer nie.

Ro­bert van Wyk, ’n P­re­to­ri­a­se pro­ku­reur, het be­ves­tig ’n si­vie­le eis om ska­de­ver­goe­ding gaan aan­han­gig ge­maak word.

Dr. B­ri­an Po­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.