‘Ho­ë­ka­li­ber’­be­skul­dig­des ver­traag sa­ke oor ho­ring­stro­pe­ry

Beeld - - Nuus - A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

Men­se moet ge­dul­dig wees met die vor­de­ring van sa­ke teen re­nos­ter­stro­pers, is gis­ter ge­sê.

“Men­se moet in ag neem dat ons hier nie te doen het met ge­wo­ne men­se nie, maar met ho­ë­ka­li­ber-men­se met goeie net­wer­ke. So wan­neer die sa­ke die hof haal, is dit te ver­wag­te dat dit sal sloer,” het lt.genl. Ber­ning Nt­le­me­za, hoof van die Val­ke, op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in P­re­to­ria ge­sê.

Nt­le­me­za het saam met Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, ge­re­a­geer op vrae oor on­der meer die ver­vol­ging van re­nos­ter­stro­pers. Mo­le­wa het ’n vor­de­rings­ver­slag be­kend ge­maak oor die stryd teen re­nos­ter­stro­pe­ry.

Van die on­der­soe­ke en sa­ke sloer al so­wat vyf jaar.

Nt­le­me­za het ge­sê 206 ver­meen­de stro­pers is se­dert Ja­nu­a­rie van­jaar in Suid-A­fri­ka in heg­te­nis ge­neem.

“In­dien ons erns­tig is oor die stryd teen re­nos­ter­stro­pe­ry, sal ons ge­dul­dig moet wees. Men­se (on­der­soek­span­ne) doen hul bes.”

Mo­le­wa het ge­sê die Val­ke is be­sig met 11 groot on­der­soe­ke in re­nos­ter­sa­ke en vier sa­ke is reeds op die hof­rol.

Sy het ge­sê daar was in die eer­ste vier maan­de van­jaar 1 038 aan­val­le op re­nos­ters in die Kru­ger­wild­tuin, ver­ge­le­ke met 808 aan­val­le in die wild­tuin in die oor­een­stem­men­de tyd- perk ver­le­de jaar.

“Dit be­te­ken daar was in die tyd­perk ge­mid­deld ne­ge voor­val­le per dag, ver­ge­le­ke met se­we in die­self­de tyd­perk ver­le­de jaar. On­danks dié har­de werk­lik­heid het die ge­tal kar­kas­se van ge­stroop­te re­nos­ters in die Kru­ger­wild­tuin in die­self­de tyd­perk van 302 tot 232 kar­kas­se af­ge­neem.”

Mo­le­wa het ook ver­wys na wat sy noem “ge­rin­ge suk­ses land­wyd”. Vol­gens haar is 363 re­nos­ters land­wyd in die eer­ste vier maan­de van­jaar ge­stroop ver­ge­le­ke met die 404 in die­self­de tyd­perk ver­le­de jaar.

“Daar sou aan­sien­lik meer kar­kas­se ge­wees het as dit nie vir ons ge­sa­ment­li­ke po­gings was nie. Ons sê nie dit is ’n oor­win­ning nie, maar daar is ’n af­na­me en suk­ses­se.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.