Tax­i­man in ar­res ná moord op 2 op plaas

Beeld - - Nuus - An­le­rie de Wet

’n Tax­i­be­stuur­der is weens sy moont­li­ke be­trok­ken­heid by die moord op Bil­ly van Rooy­en (38) en sy skoon­pa, Ron­nie Lom­bard (62), op hul fa­mi­lie­plaas bui­te Vry­heid in heg­te­nis neem.

Hy het die mans wat moont­lik by die moor­de be­trok­ke was, glo ver­voer.

Vol­gens ’n plaas­li­ke po­li­sie­be­amp­te wat a­no­niem wil bly, het die tax­i­be­stuur­der agt mans uit­ge­wys na­dat hy in heg­te­nis ge­neem is. Vin­ger­af­druk­ke van dié mans is op die to­neel ge­vind.

“Ons is op soek na hul­le. Ons dink hul­le het al­mal te voet ge­vlug.”

Die groep mans het op 19 A­pril met AK47’s en ha­el­ge­we­re die vier hui­se op die Van Rooy­en-fa­mi­lie­plaas deels om­sin­gel voor­dat hul­le die pa en ou­pa dood­ge­skiet het.

Bil­ly, die pa van twee seun­tjies, het daar­die Dins­dag­aand ge­lui­de ge­hoor en uit­ge­gaan om te kyk wat aan­gaan. Hy is twee keer in die bo­lyf ge­skiet.

Ter­wyl sy vrou, Kar­lien (37), hom in die huis pro­beer in­sleep het, het haar pa, Ron­nie, uit sy huis 10 m van hul­le s’n ge­hard­loop ge­kom. Hy is in die lin­ker­sy ge­skiet.

Bil­ly is in die am­bu­lans op pad hos­pi­taal toe dood en Ron­nie Woens­dag­og­gend in die hos­pi­taal.

Bil­ly se pa, Lood, is met ’n ge­weer op die voor­kop en die wang ge­slaan.

Hy is die Woens­dag­og­gend ná die aan­val uit die hos­pi­taal ont­slaan.

Agt mans wat vier dae lank ná die aan­val vir on­der­vra­ging aan­ge­hou is, is al­mal vry­ge­laat na­dat be­vind is dat hul­le niks met die moor­de te doen ge­had het nie.

Die tax­i­be­stuur­der sal Dins­dag in die land­dros­hof in Vry­heid ver­skyn.

Bil­ly van Rooy­en, wat in ’n plaas­aan­val ge­sterf het, met sy vrou, Kar­lien, en hul twee seuns, I­zak (4) en Lo­de­wyk (7).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.