Ma wat ont­voer is, kry ook be­roer­te

Beeld - - Nuus - An­le­rie de Wet

Ma­ri­li­ze B­rig­ht, wie se mo­tor wat drie we­ke ge­le­de met haar en haar drie kin­ders daar­in ge­kaap is en wat toe in ’n erns­ti­ge on­ge­luk was, het daar­na ook ’n be­roer­te ge­had.

Alan B­rig­ht, Ma­ri­li­ze se swa­er, sê die be­roer­te is ver­oor­saak deur die swel­ling op haar brein.

Ma­ri­li­ze is ver­le­de week van die Mil­park-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg na die Ne­t­ca­re-re­ha­bi­li­ta­sie­sen­trum in die stad oor­ge­plaas.

Haar bek­ken en ne­ge rib­be is ge­breek, sy het erns­ti­ge kop­be­se­rings op­ge­doen en ’n bloed­klont in die nek ge­had. Een van die ge­breek­te rib­be het boon­op deur ’n long ge­steek.

“Sy vaar goed in die re­ha­bi­li­ta­sie­sen­trum en sal glo bin­ne se­we of agt we­ke her­stel,” sê Alan.

“Sy was hart­seer na­dat sy ge­hoor het hoe lank dit sal duur om te her­stel, maar sy bly po­si­tief.”

Ma­ri­li­ze, haar seun, Da­mi­an (6), en twee dog­ters, A­bi­gail (10) en Ma­ri­ni­que (10 maan­de), is op Vry­dag 15 A­pril in hul Hyun­dai i20 op die hoek van Cut­ten- en Kil­burn­straat in Flo­ri­da, Roo­de­poort, ge­kaap.

Die drie ka­pers het met Ma­ri­li­ze en haar kin­ders in die mo­tor weg­ge­jaag en eers in ’n vei­lig­heids­maat­skap­py se voer­tuig en toe ’n ent ver­der in ’n bak­kie wat ’n woon­wa ge­sleep het, vas­ge­ry.

Da­mi­an is in die twee­de bot­sing uit die mo­tor ge­slin­ger. Sy brein was ge­swel, maar hy is nou tuis en her­stel baie goed, sê Alan.

A­bi­gail se heu­pe is be­seer en haar arm ge­breek.

Ma­ri­ni­que is on­ge­deerd in haar ba­bastoel­tjie ge­vind.

Alan sê Da­mi­an en A­bi­gail sal heel moont­lik in die vol­gen­de week te­rug­keer skool toe.

Ma­ri­li­ze B­rig­ht en haar drie kin­ders, A­bi­gail, Da­mi­an en Ma­ri­ni­que.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.