Ont­plof: Ses erns­tig be­seer

Kook­sproei

Beeld - - Nuus - – Han­ti Ot­to

Ses men­se is erns­tig be­seer toe ’n kan­ne­tjie S­pray ’n Cook op die Swartkop-lug­mag­ba­sis se lugskou in Cen­tu­ri­on ont­plof het.

’n Vrou­e­pa­ra­me­di­kus van die Ne­t­ca­re 911nood­diens het soos blits ge­re­a­geer toe die kan­ne­tjie vlam­mend deur die lug skiet.

Chris Bo­tha, Ne­t­ca­re 911-woord­voer­der, sê die huis­hou­de­li­ke groot­te kan­ne­tjie het ver­moe­de­lik te na aan die hit­te by een van die kos­stal­le­tjies ge­staan.

Dit het eer­gis­ter net so voor 12:00 ge­beur toe toe­skou­ers vir mid­dag­e­te by stal­le­tjies be­gin tou­staan het.

“So ’n hou­er is soos ’n gas­bot­tel bin­ne. Al­les bin­ne-in raak aan die brand,” sê Bo­tha.

Ter­wyl die bran­den­de kan­ne­tjie deur die lug ge­skiet het, het dit al­les in die na­bye om­ge­wing laat brand, in­slui­tend ses men­se.

Die Ne­t­ca­re 911-pa­ra­me­di­kus het die ont­plof­fing ge­sien en da­de­lik na­der ge­hard­loop om te help ter­wyl sy by­stand ont­bied het.

“Vyf vroue en ’n man is be­seer. Van hul­le het in­a­se­ming-brand­be­se­rings op­ge­doen. An­der is on­der meer aan die ge­sig en arms ge­brand,” sê Bo­tha. “Al­mal was in ’n erns­ti­ge toe­stand weens die aard van die won­de.”

Die brand­slag­of­fers is op die to­neel be­han­del en toe hos­pi­taal toe ge­neem vir ver­de­re be­han­de­ling.

Die voor­val het gro­ten­deels on­ge­siens ver­by­ge­gaan weens die ge­raas van die v­lieg­tuie waar­op die mees­te men­se se aan­dag ge­ves­tig was.

Ne­t­ca­re 911 was een van ve­le nood­diens­te, soos brand­be­stry­dings­diens­te, wat op en bui­te die lug­mag­ba­sis op by­stand was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.