ATKV bak gróót melk­tert van 3 m in deur­snee

Beeld - - Nuus - – Ro­man­tha Bo­tha

Die A­fri­kaan­se Taal- en Kul­tuur­ver­e­ni­ging (ATKV) in Wel­ling­ton het eer­gis­ter ’n melk­tert van 3 m in deur­snee ge­bak.

So­wat 100 vry­wil­li­gers is in­ge­span. “Ek het die kors van die tert, wat uit mar­ga­rien en be­skuit­jies be­staan, in ’n ron­de pan ge­maak. Daar­na het vier of vyf mans, met lang arms, die vul­sel in die pan ge­gooi,” sê T­ha­ri­na S­chweid­ler, on­der­voor­sit­ter van die ATKV in Wel­ling­ton.

Sy wou nie die re­sep ver­klap nie, maar sê 202 F melk is ge­bruik en dit het so­wat ’n uur en ’n half ge­neem om die tert te maak. Tert­snye is teen R10 ver­koop as deel van ’n geld­in­sa­me­lings­pro­jek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.