Sal­dan­ha, Van­der­bijl se deu­re bly oop, maar

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Kaap­stad. – Ar­cel­orMit­tal Suid-A­fri­ka (Am­sa) sal vir eers die deu­re van sy Van­der­bijl­park- en Sal­dan­ha-wal­se­ry kan oop­hou, maar waar­sku dat die swaard van Da­mo­kles steeds oor die wê­reld­wye en ver­al die plaas­li­ke staal­be­dryf hang.

In sy be­dryf­s­oor­sig vir die eer­ste kwar­taal van 2015 lig Am­sa po­si­tie­we te­kens uit, soos ’n on­lang­se sty­ging in in­ter­na­si­o­na­le staal­pry­se en ’n ver­be­te­ring in ver­al uit­voer­ver­ko­pe. Maar hy maan dat sy voort­ge­set­te vol­hou­baar­heid daar­van af­hang dat teen­stor­tings­ta­rie­we in­ge­stel word om die stor­ting van goed­koop C­hi­ne­se staal te stuit; dat die re­ge­ring, soos on­langs be­lo­we is, sal be­gin om plaas­li­ke staal in sy in­fra­struk­tuur­pro­jek­te te ge­bruik; en dat staal­pry­se én ver­ko­pe aan­hou styg.

Am­sa sê sy on­der­soek na die vol­hou­baar­heid van Sal­dan­ha het be­vind die aan­leg bly vol­hou­baar teen hui­di­ge staal­pry­se. Krag­ta­rie­we as ’n in­set­kos­te is eg­ter be­pa­lend vir dié aan­leg en as hy nie toe­gang kry tot be­kos­tig­ba­re krag nie, sal die aan­leg op lang ter­myn nie vol­hou­baar bly nie.

Van die op­sies wat die maat­skap­py oor­weeg, is ’n on­af­hank­li­ke gas-tot-krag-pro­du­sent in Sal­dan­ha. Dit maak eg­ter staat op die re­ge­ring se steun vir die in­voer van vloei­ba­re aard­gas en goed­keu­ring van re­gu­leer­ders.

Wat die Van­der­bijl­park-wal­se­ry be­tref, het Am­sa be­vind dis slegs vol­hou­baar as die vol­le pro­duk­sie­ver­moë ge­bruik word, wat be­te­ken die maat­skap­py kan nie op­hou om van sy nie­wins­ge­wen­de pro­duk­te daar te ver­vaar­dig nie.

Die ba­sis­prys van warm­ge­wals­de rol­staal het in die kwar­taal met $86 per ton ge­styg, hoe­wel die grond­stow­we vir die ver­vaar­di­ging van staal ook duur­der ge­word het – steen­kool met $6 per ton, yster­erts met $16 per ton en skroot­me­taal met $26 per ton.

Am­sa sê C­hi­na het steeds ho­pe­loos te veel staal­wal­se­rye, wat by­dra tot die wê­reld­wye oor­aan­bod van staal.

In die be­trok­ke kwar­taal moes Am­sa steeds son­der e­ni­ge in­voer­ta­rie­we teen C­hi­ne­se staal mee­ding wat warm­ge­wals­de rol­staal be­tref. Dit ver­teen­woor­dig na­ge­noeg die helf­te van al­le staal­in­voer na Suid-A­fri­ka.

Se­dert­dien het die de­par­te­ment van han­del en ny­wer­heid se kom­mis­sie vir in­ter­na­si­o­na­le han­dels­ad­mi­nis­tra­sie (I­tac) aan­be­veel dat in­voer­ta­rie­we van 10% op warm­ge­wals­de rol­staal en so­ge­naam­de “an­der” sta­we en stan­ge in­ge­stel word.

Am­sa se aan­soe­ke vir teen­stor­tings­ta­rie­we word nog oor­weeg. Am­sa sê dié ta­rie­we bly kri­tiek op kort ter­myn om die vol­hou­baar­heid van staal­pro­duk­sie te ver­se­ker.

In die eer­ste kwar­taal het Am­sa 81% van sy pro­duk­sie­ver­moë in­ge­span, ver­ge­le­ke met 84% in die­self­de kwar­taal in 2015. Staal­pro­duk­sie het met 9% ge­daal, groot­liks om­dat die Ve­ree­ni­ging-aan­leg ge­sluit is. Daar­son­der sou pro­duk­sie met 4% ge­daal het. Meer as 1 000 men­se het hul werk ver­loor. Plaas­li­ke staal­ver­ko­pe het met 1,4% tot 12 000 ton ge­styg en uit­voer met 10,2% tot 21 000 ton. Al­ge­heel het ver­ko­pe met 3% ge­styg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.