Nie al­mal so po­si­tief

Beeld - - Sake - Bloom­berg

Daar is vol­gens Sam Walsh, uit­voe­ren­de hoof van Rio Tin­to, en die bank­groep Gold­man Sa­chs nog geen re­de om op­ge­won­de te raak oor die toe­koms van hulpbronpryse nie.

“Dit is baie dap­per om nou te sê ons het ’n laag­te­punt be­reik en dat dit voort­aan be­ter sal gaan,” sê Walsh.

be­rig vol­gens Walsh is daar nog te veel on­se­ker­heid, ter­wyl daar vol­gens Gold­man Sa­chs nog geen fun­da­men­te­le ver­an­de­rin­ge was om op­ti­mis­me oor hulpbronpryse te on­der­steun nie.

Van die ver­an­der­li­kes wat Walsh meen ’n im­pak op wê­reld­mark­te kan hê, is steeds die stand van die C­hi­ne­se e­ko­no­mie, die on­se­ker­heid oor wat ná die A­me­ri­kaan­se pre­si­dents­ver­kie­sing in No­vem­ber gaan ge­beur en wat B­rit­tan­je se be­sluit gaan wees oor deel­na­me aan die Eu­ro­pe­se U­nie.

Walsh meen yster­erts se prys kan teen die ein­de van die jaar daal tot so laag soos $35 per ton, on­danks die feit dat dit in A­pril bo $70 per ton was. Dit het reeds in Mei tot so­wat $60 per ton ge­daal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.