Nie nou tyd vir be­leg­ging

Beeld - - Sake -

Dis nie nou die reg­te tyd om in myn­bou­aan­de­le op die JSE te be­lê nie. Dit is die bood­skap van so­wel S­te­phen Mein­tjes, na­vor­sings­hoof by I­ma­ra SP Reid, as Peet Ser­fon­tein, mark­ont­le­der by Ned­bank.

“Die vraag uit C­hi­na het wel die laas­te paar maan­de ver­be­ter, maar dit gaan waar­skyn­lik nie lank duur nie. Dit gaan na ver­wag­ting weer af­neem teen die ein­de van die jaar,” meen Mein­tjes.

“Jy kan be­slis ver­wag dat die myn­in­deks oor die vol­gen­de paar maan­de gaan ver­swak,” meen Ser­fon­tein.

As men­se wel in myn­aan­de­le wil be­lê, meen Mein­tjes hul­le be­hoort ’n paar maan­de te wag wan­neer hul­le die­self­de aan­de­le teen ’n baie be­ter prys sal kan be­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.