SA is in ’n re­ses­sie

Beeld - - Sake Nuus - Chris­to L­ü­us Chris­to L­ü­us is ’n e­ko­noom van E­coQu­ant en T­hi­rd Ci­r­cle As­set Ma­na­ge­ment. Hy is ’n vo­ri­ge wen­ner van Sa­ke se E­ko­noom van die Jaar­wed­stryd.

Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie is in ’n re­ses­sie.

Vol­gens som­mi­ge e­ko­no­me kan ’n mens eers praat van ’n re­ses­sie wan­neer twee op­een­vol­gen­de kwar­ta­le van ne­ga­tie­we groei aan­ge­te­ken is. Maar die Re­ser­we­bank het amp­te­lik be­ves­tig dat die e­ko­no­mie ’n boon­ste draai­punt van die sa­ke­si­klus in No­vem­ber 2013 be­reik het.

Om die draai­punt so­wat 27 maan­de ná die tyd uit te roep, klink soos mos­terd ná die maal – maar na­tuur­lik wil die Re­ser­we­bank eers se­ker maak dat die on­der­lig­gen­de da­ta en ten­den­se die “uit­roep” van ’n draai­punt reg­ver­dig. In die ver­le­de het dit ge­woon­lik so tus­sen 18 en 24 maan­de ná die tyd ge­beur.

’n In­te­res­san­te feit van die hui­di­ge af­swaai­fa­se is dat dit reeds – op so­wat 29 maan­de – die vier­de lang­ste af­swaai­fa­se se­dert die Twee­de Wê­reld­oor­log is.

En ge­ge­we die ver­wag­ting ra­ken­de trae e­ko­no­mie­se groei in 2016 en 2017, kan ons tans dalk die twee­de lang­ste of selfs lang­ste na-oor­log­se af­swaai be­leef.

Die lang­ste af­swaai was in 1989-1993 (51 maan­de) en die twee­de lang­ste ge­du­ren­de 19741977 (40 maan­de).

Be­hal­we die vraag van hoe lank die af­swaai gaan duur, is daar ook die groot kern­vraag met be­trek­king tot die aard van die af­swaai: Gaan dit ’n “nor­ma­le” si­klie­se af­swaai wees, of sien ons nou ’n struk­ter­e­le af­waart­se aan­pas­sing in e­ko­no­mie­se groei?

Voor­uit­skat­tings vir groei in die bru­to bin­ne­land­se pro­duk oor die vol­gen­de vyf jaar lyk in­der­daad nie te roos­kleu­rig nie.

Ons mo­del toon groei van ge­mid­deld so­wat 2,2%. Dit is aan­sien­lik min­der as die 5,4%groei wat mi­nis­ter Jeff Ra­de­be, hoof van die Na­si­o­na­le Be­plan­nings­kom­mis­sie, steeds glo wat ons sal teen 2030 stand­hou­dend sal hand­haaf.

Ons weet van die re­des wat die re­ge­ring gee vir die swak e­ko­no­mie­se pres­ta­sie: die struk­tu­re­le ver­an­de­ring in die C­hi­ne­se e­ko­no­mie, trae e­ko­no­mie­se groei in baie van ons han­dels­ven­no­te, en swak hulpbronpryse.

Maar hier­by kan ge­voeg word swak diens­le­we­ring deur die staat, kor­rup­sie, hoë mis­daad­vlak­ke, ge­brek­ki­ge in­fra­struk­tuur, groei­en­de bu­ro­kra­tie­se in­men­ging in die pri­va­te sek­tor en ’n al­les­oor­heer­sen­de be­hept­heid met die af­dwing van ras­se­kwo­tas en tei­kens.

Dit kom boon­op teen die ag­ter­grond van ’n on­der­wys­stel- sel wat steeds nie na be­ho­re funk­si­o­neer nie.

’n “Nor­ma­le” on­der­ste draai­punt is ge­woon­lik die kon­so­li­da­sie­fa­se van die sa­ke­si­klus.

Dus neig in­fla­sie la­er, ren­te­koer­se be­gin daal, staats­be­ste­ding styg, uit­voer styg en die rand ver­sterk.

Die e­ko­no­mie en maat­skap­py­wins­te ver­toon steeds swak, hoe­wel maat­skap­pye se kon­tan­t­re­ser­wes taam­lik sterk kan wees.

Hoe­wel geen twee sa­ke­si­klus­se se fa­ses pre­sies oor­een­stem nie, lyk dit as­of die on­der­ste draai­punt van die hui­di­ge si­klus dalk nog ’n ent in die toe­koms is.

Daar is on­ge­luk­kig ook ’n paar spe­si­a­le fak­to­re wat die uit­ein­de­lik e­ko­no­mie­se her­stel dalk vir ’n aan­sien­li­ke tyd­perk kan te­rug­hou.

Be­hal­we vir die swaard van ’n skuld­af­gra­de­ring wat oor die land se kop hang, is die ko­men­de mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing waar­skyn­lik ’n ge­beur­te­nis wat swaar rus op baie men­se (ver­al e­ko­no­mie­se be­sluit­ne­mers) se ge­moed.

Die re­de is dat die ver­kie­sing ’n be­lang­ri­ke aan­dui­der sal wees die ge­mid­del­de kie­ser se vlak van te­vre­den­heid met die Zu­ma-be­stel; of ’n toe­ne­men­de ge­tal men­se op­bou­en­de ver­an­de­ring voor­staan; en in wel­ke ma­te kie­sers eer­der hul steun wil gee aan po­pu­lis­tie­se op­por­tu­nis­te.

Po­pu­lis­te soos die “Rooi Hit­ler” wat al her­haal­de­lik sy ob­ses­sie laat blyk het om die mag van “wit mo­no­po­lie-ka­pi­taal” uit te wis.

Nug­ter weet wat dit werk­lik be­te­ken.

Waar­skyn­lik dat hy en sy ka­me­ra­de die “ka­pi­taal” wil vat – hy sê mos hy wil dit met grond doen.

On­ge­luk­kig weet hul­le skyn­baar nie reg­tig wat die ver­skil tus­sen fi­nan­si­ë­le ka­pi­taal­vloei, ba­tes, las­te, bru­to en net­to vas­te ka­pi­taal­vor­ming, toe­ge­voeg­de waar­de, wins, in­kom­ste, pro­duk­sie of be­ste­ding is nie.

Ook glo Ju­li­us Ma­le­ma, die SAKP, heel­par­ty re­ge­rings­lui en link­se vak­bond­lei­ers skyn- baar dat el­ke rand – of dit nou ver­band hou met ’n vloei- of ’n voor­raad­be­grip – ’n e­ti­ket dra wat sê dis swart of wit. Toe­rus­ting wat deur “wit ka­pi­taal” aan­ge­koop en in ver­vaar­di­gings­pro­ses­se ge­bruik word, kan im­mers ver­vaar­di­ging le­wer wat feit­lik uit­sluit­lik swart men­se van in­kom­ste voor­sien – of an­ders­om.

Hier­die ras­be­hept­heid en ei­se om ver­gel­ding vir die ver­le­de is dui­de­lik op self­ver­ry­king in­ge­stel – geen vi­si­o­nê­re staats­man­skap of be­grip van hoe ’n mo­der­ne e­ko­no­mie be­hoort te funk­si­o­neer is hier ter spra­ke nie.

Of die sa­ke­si­klus-af­swaai/re­ses­sie die nor­ma­le loop gaan neem en uit­ein­de­lik weer ’n tyd­perk van gro­ter e­ko­no­mie­se ak­ti­wi­teit, in­diens­ne­ming, pro­duk­sie en be­ste­ding gaan in­lui, gaan hoof­saak­lik van twee fak­to­re af­hang: Of die re­ge­ring van die dag die no­di­ge be­leids­rig­tings (soos groot­liks ver­vat in die Na­si­o­na­le Ont­wik­ke­lings­plan) daad­werk­lik en doel­tref­fend gaan be­gin toe­pas; en of die ver­troue van ge­wo­ne men­se – maar ver­al on­der­ne­mers – ge­noeg­saam gaan her­stel so­dat hul­le be­reid sal wees om hul ka­pi­taal op ri­si­ko te plaas. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.