Jim C­ha­nos ne­ga­tief oor MTN­voor­uit­sig­te

Beeld - - Geklassifiseerd -

Jo­han­nes­burg. – Jim C­ha­nos, stig­ter en be­stu­ren­de ven­noot van Ky­ni­kos As­so­ci­a­tes, sê hy kort­ver­koop MTN, A­fri­ka se groot­ste sel­foon­maat­skap­py, om­dat die vraag na sy diens­te in sy groot A­fri­ka­mark­te gaan taan.

Kort­ver­koop be­te­ken hy ver­koop aan­de­le wat hy nie be­sit nie, in af­wag­ting dat die prys gaan daal en hy dit teen ’n wins kan le­wer.

Meer as 60% van MTN se ver­ko­pe is in Ni­ge­rië, Oos- en Suid-A­fri­ka waar die af­na­me in o­lie- en me­taal­pry­se e­ko­no­mie­se groei knie­hal­ter.

In Ni­ge­rië, sy groot­ste mark, het MTN se in­te­ke­na­re be­gin af­neem. Dit word ver­er­ger deur re­gu­la­to­rie­se ver­eis­tes dat kli­ën­te wat nie be­hoor­lik ge­re­gis­treer is nie, se sel­foon­ver­bin­dings af­ge­sny moet word.

C­ha­nos sê MTN is on­der druk van kon­tant­ban­krot-o­wer­he­de wat op soek is na in­kom­ste deur boe­tes op te lê. “Ni­ge­rië is na ons me­ning ’n grens­ge­val-mis­luk­te staat.” Die ver­skan­sings­fonds­be­stuur­der het ver­le­de week op die Sohn-be­leg­gings­kon­fe­ren­sie in New York ge­praat.

Hy het in 2001 die in­een­stor­ting van En­ron voor­spel. Hy re­ken MTN-aan­deel­hou­ers kan tot 50% van hul waar­de ver­loor.

MTN is ver­le­de jaar ’n re­kord-boe­te van $5,2 mil­jard op­ge­lê om­dat hy vol­gens die Ni­ge­rie­se o­wer­he­de na­ge­laat het om be­tyds “on­ge­re­gis­treer­de” in­te­ke­na­re se diens­te af te sny. MTN on­der­han­del steeds met die o­wer­he­de. Die boe­te is reeds ver­min­der tot $3,9 mil­jard.

“MTN deel nie Jim C­ha­nos se me­ning nie,” was die MTN-woord­voer­der Chris Ma­ro­leng se re­ak­sie in ’n e-pos-ant­woord op na­vrae. “Ons me­ning oor ons toe­koms­voor­uit­sig­te, soos ons dit af en toe aan ons aan­deel­hou­ers kom­mu­ni­keer, bly po­si­tief en on­ver­an­derd.”

MTN sal bin­ne­kort sy e­va­lu­e­ring van mark­toe­stan­de in A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra en die maat­skap­py se plan­ne be­kend maak ge­ge­we die knel­len­de e­ko­no­mie­se toe­stan­de in die ge­bied.

“Ons re­ken nie MTN is ’n kort­ver­koop nie,” het Fa­bi­an de Beer, hoof­be­leg­ger van die Kaap­se Mer­gen­ce In­ves­t­ment Ma­na­gers, ge­sê. “Ons ver­wag dat hy steeds ’n or­dent­li­ke di­vi­dend­op­brengs sal le­wer.”

Fo­to: BLOOM­BERG

Jim C­ha­nos

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.