S­plin­ters en bal­ke in die oog

Beeld - - Kommentaar - Maar­man is ad­junk­re­dak­teur van Beeld se sus­ter­koe­rant Die Bur­ger. Jo­hann Maar­man

Dit sal dalk be­ter wees as die ANC se mo­re­le po­li­sie – ook han­del­dry­wend as die in­te­gri­teits­ko­mi­tee – hul­self her­doop.

Al­ler­mins kan ’n mens ANC-blou­bloed, soos Andrew Mlan­ge­ni, dr. F­re­ne Gin­wa­la, Ahmed Kathra­da, De­nis Gold­berg en Sophie de Bruyn, e­ti­ket­teer as voe­te­val­lers en po­li­tie­ke blom­me­kin­ders, maar hul­le moet ’n taam­li­ke don­ker­bril op­hê as hul­le nie kan sien dat die ANC on­der pres. Ja­cob Zu­ma ’n ver­strooi­de par­ty ge­word het nie.

Want dit is op die ANC-se­de­be­wa­kers se wag­beurt dat ’n man soos Zu­ma nie net nog bin­ne die par­ty is nie, maar ook lei­er van die re­ge­ren­de par­ty is.

Die in­te­gri­teits­ko­mi­tee be­hoort lank­al Zu­ma se stof­fe­ring vir hom los­ge­maak en aan­be­veel het dat hy sy baad­jie moet aan­trek, sy hoed op sy kop sit en so vin­nig moont­lik die pre­si­dents­deur ag­ter hom toe­trek.

Zu­ma, se­ker los­han­de die roe­ke­loos­ste pre­si­dent van die ANC, le­we in sy be­dom­pi­ge wê­reld­jie waar­in hy dink hy vir al­tyd sal re­geer – al is daar 783 klag­te wat op dié man wag. En so se- ker soos die og­gend op die aand volg, sal Zu­ma die een of an­der tyd moet ver­dui­de­lik op elk­een van daar­die klag­te.

Want vir die ma­lai­se wat die ANC beet­ge­pak en die re­ge­ren­de al­li­an­sie tot wan­funk­si­o­neel ge­re­du­seer het, kan groot­liks hier­die in­doe­na van N­kand­la die skuld kry.

In die in­ter­reg­num bloei die he­le Suid-A­fri­ka.

Nou hoe op dees aar­de is dit dan dat die in­te­gri­teits­ko­mi­tee nog nie Zu­ma se tent­pen­ne vir hom uit­ge­trek het nie? Eint­lik kan hy as po­li­tie­ke ge­woon­te­mis­da­di­ger van die ANC ge­re­ken word. Se­ker­lik het die in­te­gri­teits­ko­mi­tee sy a­dres en te­le­foon­nom­mer.

’n Mens won­der wie meer ska­de aan die ANC aan­ge­rig het as Zu­ma. Daar is N­kand­laga­te, Gup­ta­ga­te, Ba­sji­r­ga­te. Net met een van dié drie be­hoort die in­te­gri­teits­ko­mi­tee Zu­ma al van Dan tot Ber­se­ba én te­rug ge­jaag het.

Al­mis­kie, Ju­li­us Ma­le­ma was nog ’n po­li­tie­ke jap­snoet toe hy uit die ANC ge­skop is. Feit is: Ma­le­ma het nie ’n N­kand­la-skan­daal ag­ter sy naam ge­had nie, maar sy son­de was dat hy ANC­lei­ers met sy tong pak ge­gee het. Ma­le­ma was (is?) we­lis­waar die ü­ber- be­le­di­ger en het sy rooi kaart ver­dien.

Voor Ma­le­ma was daar na­tuur­lik die eer­tyd­se Trans­kei-ge­ne­raal Ban­tu Ho­lo- mi­sa, wat sum­mier die deur ge­wys is toe hy hom ram­me­tjie-uit­nek met die ANC-lei­ers ge­hou het.

Maar wat van John Block, daar­die Noord-Kaap­se ANC-be­drie­ër wat skul­dig be­vind is aan kor­rup­sie en geld­was­se­ry? Block het in 2005 en 2006 sy po­li­tie­ke in­vloed ge­bruik om staats­huur­kon­trak­te teen on­be­hoor­li­ke be­drae aan ’n maat­skap­py toe te ken. Het Block voor die in­te­gri­teits­ko­mi­tee ver­skyn? Nee. Hoe­kom sal hy ook? Zu­ma is dan sy tjom­ma.

Waar die ANC hom wel vin­nig op die in­te­gri­teits­ko­mi­tee be­roep het, is in die Ma­ri­us Frans­man-ge­val. Frans­man, ANC-lei­er in die Wes-Kaap, het sy pos ver­laat ná be­we­rings dat hy ’n 20-ja­ri­ge vrou on­se­de­lik aan­ge­rand het. Dis ’n er­ge aan­klag.

Nou dié re­to­rie­se vraag: Hoe­kom die in­te­gri­teits­ko­mi­tee in­roep vir Frans­man en nie vir Zu­ma nie? Hoe­kom die splin­ter in een se oë sien en die balk in die an­der een se oog nié?

As die ANC se in­te­gri­teits­ko­mi­tee ’n grein­tjie in­te­gri­teit wil be­hou, be­hoort Zu­ma al gis­ter­aand sy skor­sings­brief te ge­kry het.

An­ders sal die in­te­gri­teits­ko­mi­tee bloot ge­sien word as net nog ’n ver­leng­stuk van Nom­mer Een, maar ’n vuur­pe­lo­ton vir an­der. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.