As twee men­se trou, word hul­le nie één

Beeld - - Kommentaar - Blou­wil­le­maan­dag

Ek hoop en ver­trou al jul moe­der­tjies is gis­ter op Mam­mie­dag lek­ker be­derf. Ja, sus­ter, en dat jy da­rem nie vir jou­self op Mam­mie­dag moes kos­ge­maak het én dan nog van­og­gend met die skot­tel­goed ook sit nie! En dat jou kin­der­tjies nie vir jou net ’n aal­wyn uit jou eie tuin ge­bring het nie.

Maar ag, aan die an­der kant is al daai ou ir­ri­ta­sie­tjies ook geen pro­bleem nie so­lank jou eie ou ir­ri­ta­sie­tjies wat jy met bloed­sweet so­ver ge­kry het om met ’n mes en vurk te kan eet net by jou was. Of hoe?

Op twee­de Moe­ders­dag voel ek dat ek da­rem twee pap­pies ook moet ge­luk­wens. Swa­er Wil­lie en my oom­pie F­ritz is van­dag mos al­bei tag­gen­tag jaar oud.

Hul­le is mis­kien nie heel­te­mal so wyd be­kend soos die an­der tag­ti­gers, soos FW, F­rik en Ga­ry nie, maar be­hal­we al die an­der diep spo­re wat hul­le ge­trap het, het hul­le ook on­der­skei­de­lik ses en se­we tel­ge groot­ge­kry.

My neefs, wat goed met sy­fers is, het vir ons die na­week uit­ge­werk dat as twee men­se (hul pa en ma) trou, hul­le de­fi­ni­tief nie één word nie.

Nee, met laas­te tel­ling eer­gis­ter­aand het hul­le ou twee­tjies op 36 ge­trek!

De­fi­ni­tief nie ou swa­er en oom­pie se skuld dat ons ’n min­der­heid in hier­die ou land­jie is nie. Ge­luk, man­ne, en nog ve­le!

Soos ou An­ton aan ons ver­dui­de­lik het toe hy 80 op sý myl­me­ter ge­slaan het, het hy nou al die din­ge wat hy as tie­ner be­geer het, al is dit ’n ska­me­le 63 jaar la­ter.

Ver­dui­de­lik hy daai tyd aan ons: “Ek hoef nie meer skool toe te gaan of e­nig­iets nuuts te leer nie, ek kry el­ke maand ’n toe­lae, ek het my eie bly­plek en hoef nie aan ie­mand te ver­dui­de­lik as ek laat in­kom nie, ek het ’n mo­tor én lik­sens, ek het ’n ID waar­mee ek kroeg toe kan gaan, die men­se saam met wie ek kui­er, is nie meer bang om swan­ger te raak nie en ek kry nie meer pui­sies nie. Lek­ker, man, lek­ker!”

En so van die ou leeus ge­praat: Dis da­rem maar ’n mooi sto­rie van die 33 mis­han­del­de sir­kus­leeus wat nou dank­sy ’n on­der­ne­men­de 19ja­ri­ge da­me­tjie hier by ons kon kom af­tree.

Kan jy jou in­dink hoe lek­ker dit moet wees om jou stert­kant teen ’n A­fri­ka­boom te kan skuur as jy in jou le­we nog nooit eers ’n boom ge­sien het nie?!

Dik Daan sê hy wens net hy kan by wees as ’n trop rooi­bok­ke daai spul leeus storm.

Lyk vir ons ou Syl­ves­ter, rond­lo­perm­aan­haar van die Ka­roo, gaan by sy nu­we Ad­do-tuis­te nie een nie, maar som­mer twee wy­fies by­kry.

Hul­le moet pa­s­op as hy skrik vang, want oom John­ny sê hy dink juis Nom­mer Een sou al lank­al sy goed ge­vat en ge­loop het as dit nie vir die voor­uit­sig was om vol­tyds met vier vroue in die bo­ma by N­skan­da­lig te gaan sit nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.